Page 1 of 1
Toyota/Lexus Xenon ligte
Posted: Mon Dec 11, 2017 1:13 pm
by Harambe
Ek het 'n stel Xenon "Ice White" Xenon D4R 6000K ligte as iemand belangstel. Betaal die posgeld en dis joune. Ek kan nie vir jou se of dit op jou spesifieke kar sal pas nie, maar sover my kennis strek gebruik alle Toyota's (wat Xenon/HID ligte het) dieselfde D4R konneksie.
Hoekom is ek so vrygewig? Hulle pas nie op my Subaru nie.
IMG_20171211_130909[1].jpg
Re: Toyota/Lexus Xenon ligte
Posted: Mon Dec 11, 2017 1:52 pm
by Supacow

Koop daai Subaru n Hilux grill
Re: Toyota/Lexus Xenon ligte
Posted: Mon Dec 11, 2017 2:12 pm
by Harambe
Nou waarom sou ek 'n alreeds lelike voertuig NOG leliker wou maak?
Re: Toyota/Lexus Xenon ligte
Posted: Mon Dec 11, 2017 3:06 pm
by Wielie Waps
As dit nog beskikbaar is , sal ek dit oorvat.
Re: Toyota/Lexus Xenon ligte
Posted: Mon Dec 11, 2017 4:03 pm
by Harambe
Wielie Waps wrote:As dit nog beskikbaar is , sal ek dit oorvat.
Great. PM my jou adres, dan reel ons vir aflewering. (Hier's 'n postnet net hier om die draai van my af)
Re: Toyota/Lexus Xenon ligte
Posted: Mon Dec 11, 2017 8:02 pm
by Wielie Waps
Skuus man. Ek gaan eers terug staan. Dit gaan nie op my voertuig pas nie.