Page 1 of 1

Opknapping van geweer

Posted: Mon Dec 11, 2017 12:06 pm
by Bennie Bester
More Manne.
Ek het n Sako L61R de Lux in 3006 vir n baie goeie prys in die hande gekry. Die geweer is nog in n redelike goeie toestand. Ek wil hom/haar so n bietjie opknap.
Wat is die doen en nie doene van opknapping rakende hout- en metaalwerk.
Ek luister graag.
Groete Bennie

Re: Opknapping van geweer

Posted: Mon Dec 11, 2017 12:24 pm
by PWV
Bennie Bester wrote:More Manne.
Ek het n Sako L61R de Lux in 3006 vir n baie goeie prys in die hande gekry. Die geweer is nog in n redelike goeie toestand. Ek wil hom/haar so n bietjie opknap.
Wat is die doen en nie doene van opknapping rakende hout- en metaalwerk.
Ek luister graag.
Groete Bennie
Vra vir Jurgen. Doen dan net die teenoorgestelde as wat hy aanbeveel! >:+

Re: Opknapping van geweer

Posted: Mon Dec 11, 2017 1:35 pm
by Ds J
Lees baie op voor jy enigiets probeer. (Maak soos ek sĂȘ, nie soos ek self maak nie ;) )

Die houtwerk is redelik maklik as jy versigtig te werk gaan. Versigtig net met die ruitwerk. Hout se kleur en grein kom die mooiste na vore met n outydse "London oil finish".

Betaal n bekwame geweerbouer of -smid om die metaalwerk na te gaan en dan te doen wat nodig is. Gewoonlik is n herblou genoeg maar soms het die kroon en aksie bietjie aandag nodig.

Re: Opknapping van geweer

Posted: Mon Dec 11, 2017 3:30 pm
by Plaashaas
As jy hom regtig wil opknap moet jy hom n 308win maak :)

Re: Opknapping van geweer

Posted: Tue Dec 12, 2017 8:18 pm
by Bennie Bester
Pieter,
Arme Jurgen is so besig, hy praat nie eens met my nie, so hy kan darem nie enige verkeerde raad gee n ie.
Ds. J,
Ek sal beslis nie enige iets oorhaastig doen nie. Sal met die kolf begin. Moet nog uitvind wat is die beste manier om die ou olie af te kry.
Plaashaas,
Het reeds n 308W.
Groete Bennie

Re: Opknapping van geweer

Posted: Tue Dec 12, 2017 9:13 pm
by tripodmvr
https://www.google.co.za/url?sa=t&rct=j ... AKKtM43450

Hier is een manier wat ek op Goegel gekry het. Daar is heelwat besprekingspunte.

Re: Opknapping van geweer

Posted: Tue Dec 12, 2017 9:14 pm
by Jurgen Visser
PWV wrote:
Bennie Bester wrote:More Manne.
Ek het n Sako L61R de Lux in 3006 vir n baie goeie prys in die hande gekry. Die geweer is nog in n redelike goeie toestand. Ek wil hom/haar so n bietjie opknap.
Wat is die doen en nie doene van opknapping rakende hout- en metaalwerk.
Ek luister graag.
Groete Bennie
Vra vir Jurgen. Doen dan net die teenoorgestelde as wat hy aanbeveel! >:+
Oom Pieter !! Ek dog ons is maats ? :P

Re: Opknapping van geweer

Posted: Tue Dec 12, 2017 10:05 pm
by Ds J
Ek het n ou SMLE kolf afgekrap met n tapytmeslemmetjie en daarna met skuurpapier glad gemaak. Toe met terpentyn gewas. Daar is egter maklik maniere. Ek het ongelukkig die name van die moderne produkte vergeet.

Re: Opknapping van geweer

Posted: Tue Dec 12, 2017 10:50 pm
by tripodmvr
Trap-my-fyn, thinners, asetoon ens sal goed werk as jy die kolf daarin kan laat le. Dit sal moet toe wees om verdamping te beperk. Selfs die gebruik van warm water en seep sal help. Gaan lees op die internet - daar is vele resepte.