Page 1 of 1

Sprinkane

Posted: Sat Jan 03, 2009 5:40 pm
by johan
Die sprinkane is al weer die hele Karoo vol,(twee jaar namekaar) word daar ander gifstowwe behalwe Deses en Sumi Alfa gebruik?
hoe veilig is die gifstowwe?

Re: Sprinkane

Posted: Wed Jan 21, 2009 1:48 pm
by JACQUES BOTHA
EK WEET NIE N MUR HOE GIFTIG DAAI STOWWE IS  NIE MA WAT EK WEET IS AS HULLE IN DIE OMGEWING VAN DIE DAM SPUIT WAT BLOEM VAN WATER V OORSIEN RUIK EK DIT IN DIE AAND AS EK MY TUIN NAT SPUIT EN OOK IN DIE BADWATER AS EK SOMS BAD OF STORT...die kollegas in die vuil driehoek sal nou nie kan weet nie, hulle is seker al gewoond aan dit..
ek dink daai gif reuk sal self graaf reinette  se water laat beter smaak...het iemand al slegter water gedrink as in graaf reinette on second thoughts die water daar anderkant vryburg na brei se kant toe is ook bitter sleg, die seep maak nie eers skuim in daai water nie

Re: Sprinkane

Posted: Wed Jan 21, 2009 3:31 pm
by tafjak
Meso

Jy was nog duidelik nie in Jasenville dors nie.

Taffie

Re: Sprinkane

Posted: Wed Jan 21, 2009 3:48 pm
by johan
Taffie
Of in Grahamstad nie,souter as die see seg ek jou!
Meso ruik jou water na dubbel bendix (bhc)

johan...QBE

Re: Sprinkane

Posted: Wed Jan 21, 2009 4:11 pm
by Freek
:D :D :D :D :D ;D!!!!!!!! Nee manne, is julle kwaad vir julle self? Dan nou weer aan die ander kant honger en dors lek niemand se g*t nie. As daar niks anders beskikbaar is nie moet jy seker maar sluk... Ek gril net as ek moet dink dat ek my Whisky met sulke water moet meng  :-\

Hier langs die vaal in die vuil driehoek is ons nie ver van ernstige kolera gevalle nie, daai Vaal rivier is nie meer 'n rivier nie - dis nou 'n riool stroom. Julle weet dit krap my sommer om 'n mens is 'n ondankbare bliks*m kyk net hoe verwoes ons die wereld om ons....

Re: Sprinkane

Posted: Wed Jan 21, 2009 4:12 pm
by JACQUES BOTHA
NEE EK GEBRUIK NIE DUBBEL BENDIX NIE.... EERDE DUBBEL BRANDEWYN EN COKE...
OK EK KON OOK NIE EERS TANDEBORSEL MET PORT ALFRED WATER NIE..
EN EK WEET HOEKOM JY HALFTYD IN GRAAF REINETTE LAMOENE KRY EN NIE WATER NIE..
EK KOOP NET HEYDENRYCH SE BOERBOK BILTONG OP JANSENVILLE DAN RAAK EK EERS NA DIE BERG DORS....OF VOOR CAZ... EK BERUS MY MA BY DIE COKE DAAR IN DAAI OMGEWING..
EN JOHAN DAAI SEEP WAT NIE SKUIM NIE MAAR OPDRIFSELS MAAK IS DEFNITIEF SEEP WAT SO OP DIE WATER DRYF ...........

Re: Sprinkane

Posted: Wed Jan 21, 2009 4:24 pm
by Freek
Hokaai, asb. hokaai, gee my net 'n kans om asem te skep...ek kan nie meer nie daar rek nou net nog 'n rib spier van al die gelag. Die mense hier saam my kyk my al skeef uit dat ek myself so breek.

Sterkte met die sprinkane Johan!

Re: Sprinkane

Posted: Wed Jan 21, 2009 5:45 pm
by johan
Meso

Nee die seep sink,wat dryf is die mokke wat jy afwas :o

johan...QBE

Re: Sprinkane

Posted: Thu Jan 22, 2009 8:12 am
by JACQUES BOTHA
ja johan heo lekker lag ek nou.. daai wate ris so sleg dis eintlik beter om nie te was nie, jy ruik en voel eintlik beter sonder daai water as met dit...
ok ernstig nou dis een ding wat ek myself mee bederf(straf).. al is dit n koue stort of afspoel in n plaasdam..maar n warm bad na heelnag se skiet doen darem die ding vir n man,,,as jy nie so half aan die slaap raak in die bad nie,,,....
moeggeploeg

Re: Sprinkane

Posted: Thu Jan 22, 2009 9:54 pm
by tafjak
Meso

Ek bad in die week nie baie nie, maar my maat naweke!!!! heeltemal niks. Ek het al skaam geraak in die veld, daar kom so ou jong tefie reg windaf van my in, sit reg en  sonder musiek. Weet jy wat doen sy toe, draai glad nie om nie en tot my verbasing druk sy net haar neus toe en beur vorentoe. RERIG!!!

Tot later

Taffie

Re: Sprinkane

Posted: Fri Jan 23, 2009 7:53 am
by JACQUES BOTHA
TOE SY HAAR NEUS TOE DRUK MOES JY JOU BAKKIE START TAFFIE...EK DINK SY HET SEKER GEDINK DIS NOU SULKE TYD...
EN TEEN WIL EN DANK  SEKER MAAR GEDINK SY LOOP N LOS GELUKKIE RAAK (SO TER WILLE VAN OORLEWING DEKKING)
MAAR JY NOEM NIE IN JOU DEKKINGSVERSLAG DAT JY TOE MAAR DIE SNELLER GEDRUK HET NIE...

Re: Sprinkane

Posted: Fri Jan 23, 2009 11:26 am
by tafjak
Meso

Ek gebruik net dit as my stortmeter, as jakkalse hulle neuse toedruk weet ek dat daar weer 'n slag gebad moet word!!!

Taffie

Re: Sprinkane

Posted: Fri Jan 23, 2009 3:25 pm
by Caller
Smaak my mos julle stink sommaar die jakkies van die plase af. ;D

Moennie dat die greenies hiervan hoor nie, hulle sal dit as 'n nie-dodelike beheertegniek ontwikkel en ons nagridders met wetgewing verbied om vir 'n week voor jy gaan jag, te bad.

Caller