Page 1 of 1

.22 Doppies sit vas.

Posted: Sun Dec 03, 2017 5:30 pm
by HennieC
Dag sĂȘ.

Ek het 'n .22 rewolwer vir speel. ;) ;)
As ek high velocity ammo skiet dan sukkel die doppies om uit te spring uit die rol uit.
Standard velocity sit nie so erg vas nie. Het 'n boksie fiocchi hollow points gekry en hulle werk lekker.
Ander vriend van my het 'n .22 geweertjie wat dieselfde doen.

Hoekom sal die doppies vas sit?

Re: .22 Doppies sit vas.

Posted: Sun Dec 03, 2017 5:36 pm
by Meteor
Is die high velocity se doppie nie dalk langer?

Re: .22 Doppies sit vas.

Posted: Sun Dec 03, 2017 5:42 pm
by HennieC
Meteor wrote:Is die high velocity se doppie nie dalk langer?
Is .22 ammo nie maar standaard lengte op doppies nie?

Ek het nog nie doppies gemeet nie. Die doppies lyk ewe lank.

Re: .22 Doppies sit vas.

Posted: Sun Dec 03, 2017 6:16 pm
by F.L.A.S.H
Maak dalk die ejector op altwee skoon

Dalk is daar bietjie veilgoed wat maak dat die ejector nie genoeg "krag" het om die HV koels wat bietjie meer druk het en dus stywer in kammer sit.

Re: .22 Doppies sit vas.

Posted: Sun Dec 03, 2017 6:46 pm
by HennieC
Op die rewolwer eject die doppies deur met die hand uit te druk.
Het gedink om die rol te polish waar doppe in gaan.

Re: .22 Doppies sit vas.

Posted: Sun Dec 03, 2017 6:51 pm
by tripodmvr
Hennie, baie 22 rewolwers is gemaak om slegs "shorts" te skiet (my pa het so Gecado gehad). Kyk mooi of jy nie iets op die romp geskryf sien nie.

Die patrone van veral die ou Swartklip ammunisie was baie dik met was gesmeer. In my Krico maak dit die kamer taai en dan sit die doppies vas. Maak skoon met 'n olielappie en dan kan dit dalk help.

Re: .22 Doppies sit vas.

Posted: Sun Dec 03, 2017 7:01 pm
by HennieC
tripodmvr wrote:Hennie, baie 22 rewolwers is gemaak om slegs "shorts" te skiet (my pa het so Gecado gehad). Kyk mooi of jy nie iets op die romp geskryf sien nie.

Die patrone van veral die ou Swartklip ammunisie was baie dik met was gesmeer. In my Krico maak dit die kamer taai en dan sit die doppies vas. Maak skoon met 'n olielappie en dan kan dit dalk help.
Die een is LR en Short. sal hom bietjie skoon maak en met ligte olie lappie by kom en toets.

Re: .22 Doppies sit vas.

Posted: Sun Dec 03, 2017 9:46 pm
by Meteor
HennieC wrote:
Meteor wrote:Is die high velocity se doppie nie dalk langer?
Is .22 ammo nie maar standaard lengte op doppies nie?

Ek het nog nie doppies gemeet nie. Die doppies lyk ewe lank.
Nie noodwendig

CCI Stinger en Mini-Mag
https://i.imgur.com/U0qURwx.jpg

Kan ook wees dat daai extra druk maar net die doppie harder teen die silinder se wand druk.

Re: .22 Doppies sit vas.

Posted: Sun Dec 03, 2017 9:48 pm
by tripodmvr
Is daardie patrone nie dalk LR en Magnum 22 nie?

Re: .22 Doppies sit vas.

Posted: Sun Dec 03, 2017 10:44 pm
by Flip Nel
CCI makes the Stinger, it is a high velocity 22LR.

The 22 Stinger use a slightly longer case with a lighter (32 gr instead of a 36 or 40 gr bullet) but shorter bullet in conjunction with a slower burning powder charge to give better performance in rifles, not so much handguns. The overall length and rim are identical to the standard 22LR.

Re: .22 Doppies sit vas.

Posted: Mon Dec 04, 2017 6:14 am
by HennieC
Ek het nog net Remington se HV en S&B se HV en SV geskiet en dan die Fiocci se Hollow points.

Re: .22 Doppies sit vas.

Posted: Mon Dec 04, 2017 7:33 am
by Jean Marais
tripodmvr wrote: Die patrone van veral die ou Swartklip ammunisie was baie dik met was gesmeer. In my Krico maak dit die kamer taai en dan sit die doppies vas. Maak skoon met 'n olielappie en dan kan dit dalk help.
Ek dink die opmerking slaan die spyker op die kop. Maak die patroontjies se doppe ook maar eers bietjie skoon voor jy hulle skiet. Daai was kan nogal lollerig raak met die tyd saam en lekker taai word.

Re: .22 Doppies sit vas.

Posted: Mon Dec 04, 2017 11:51 am
by airhunter
Wanneer daar heelwat shorts geskiet word en dan oorgegaan word na longs kan dit gebeur.
Die short "brand" n carbon ringetjie in die kamer wat dan die long dop effe kan laat vassteek.
Selfde gebeur met 357 rewolwers wanneer 38 spcl daarin geskiet word en dan teruggegaan word na 357.

Re: .22 Doppies sit vas.

Posted: Mon Dec 04, 2017 12:15 pm
by andre007
In my puntjie-2-2 BSA geweer gebeur dit as ek koelle met n dik waslagie skiet, baie van hulle, die oplossing is maak die loop lekker skoon en hy loop weer oop anders gaan jy en jou knipmes goeie pelle raak!

Re: .22 Doppies sit vas.

Posted: Mon Dec 04, 2017 9:22 pm
by BenJacobs
Ek het die selfde ervaar met my ou .22 olie oom se slot goed en maak seker die "pennetjies" is skoon. Dit het vir my gehelp.
Groete Ben

Re: .22 Doppies sit vas.

Posted: Mon Dec 04, 2017 10:19 pm
by HennieC
Jean Marais wrote:
tripodmvr wrote: Die patrone van veral die ou Swartklip ammunisie was baie dik met was gesmeer. In my Krico maak dit die kamer taai en dan sit die doppies vas. Maak skoon met 'n olielappie en dan kan dit dalk help.
Ek dink die opmerking slaan die spyker op die kop. Maak die patroontjies se doppe ook maar eers bietjie skoon voor jy hulle skiet. Daai was kan nogal lollerig raak met die tyd saam en lekker taai word.
Ek sal bietjie die raat volg. Dink dit is wat gebeur.
Dankie almal.