Page 1 of 1
Watter een is die beste vir teiken skiet?
Posted: Thu Sep 15, 2011 8:26 am
by FE
Kan julle my bietjie raad gee. Soos almal maar weet draai ons maar sente om. Ek het 'n 4-12 vergroting scope en net 'n 4 vergroting. Nou moet ek kies nadat ek my 308 reg gemaak het, op watter geweer moet ek watter scope sit! Ek het 'n 243 en dan die 308. Ek het gedink om een geweer slegs vir jag te gebruik, en die ander een dan vir teiken en kompitiesie skiet. Watter een sal die beste wees vir teiken skiet?
Re: Watter een is die beste vir teiken skiet?
Posted: Thu Sep 15, 2011 8:31 am
by Beyers
4-12 OP Teiken geweer.
Spaar geld vir nog 'n scope
Bere die 4 vir 'n .22
Re: Watter een is die beste vir teiken skiet?
Posted: Thu Sep 15, 2011 8:37 am
by Vosman
Ek stem saam met Beyers.
Jy kan selfs spaar en 'n beter scope kry vir die teiken geweer.
Groetnis.
Re: Watter een is die beste vir teiken skiet?
Posted: Thu Sep 15, 2011 8:43 am
by BLOK
4-12Xwat, as dit 50 en groter is gebruik hom op die jakkals geweer en spaar vir n teiken geweer as dit kleiner is gebruik hom op teiken geweer en spaar vir n X50 of groter jakkals geweer. Jy se ook nie watse kruishare die 4-12 het nie
Blok
Re: Watter een is die beste vir teiken skiet?
Posted: Thu Sep 15, 2011 8:52 am
by FE
Dit is 'n redfield 4-12 x 40. 4 plex. Maar watter geweer is die teiken geweer! 243 is 'n musgrave wat min skote deur hom het, 308 is die p14 wat die oorsproklike eienaar sport skiet gedoen het. Het nou vir hom 'n boyds kolf op gesit.
Re: Watter een is die beste vir teiken skiet?
Posted: Thu Sep 15, 2011 8:58 am
by Vosman
Hoe ver wil jy teiken skiet?
Re: Watter een is die beste vir teiken skiet?
Posted: Thu Sep 15, 2011 12:52 pm
by FE
Dink meeste jag komp is nie verder as 400m nie! Gedink so 350!
Re: Watter een is die beste vir teiken skiet?
Posted: Thu Sep 15, 2011 6:29 pm
by wlm
F E
Jy kan maar traai soos jy wil, Jy kort nog 'n "scope". Al ander plan is die 4 op die 308 en dan maar digte bosse toe vir nader as 100m skote op rooibok en koedoe.
Re: Watter een is die beste vir teiken skiet?
Posted: Thu Sep 15, 2011 8:14 pm
by FE
Wlm,
Ek het dit vermoed

Daar gaan die ou spaar geldjies weer.
