Page 1 of 6

Nuwe Bande

Posted: Tue Nov 21, 2017 1:37 pm
by OomMatt
Ek hoor graag wat julle se

Ek moet bande vervang op my Fortuner , soek goeie 17" bande wat 60% teer en 40% grond sal hardloop.
Doen nie erge 4x4 nie.

Re: Nuwe Bande

Posted: Tue Nov 21, 2017 2:07 pm
by Harambe

Re: Nuwe Bande

Posted: Tue Nov 21, 2017 2:15 pm
by DWB
Baie gelukkig met my Firestone Destination AT

Re: Nuwe Bande

Posted: Tue Nov 21, 2017 2:19 pm
by Ds J
Michelin as jy dit kan bekostig.

Ons is in die Kalahari - hierdie grondpaaie is SWAAAAR op bande. BF Goodrich is gewild maar duur. Daarna Firestone Destinations, Bridgestone Duelers. Bly weg van Dunlop. Goodride word al meer gewild.

Re: Nuwe Bande

Posted: Tue Nov 21, 2017 2:46 pm
by Basie2
Het 129500km op stel michellin gekry op 3.0D4D d/c. Dlad ie goed vir bande besigheid nie!


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Nuwe Bande

Posted: Tue Nov 21, 2017 2:52 pm
by tau
Michelin besit BF Goodrich, die Michelin LTX A/T 2 is beter op teer as BF's en gee maklik 100 000km ek dink ook in die veld gaan jy nie die verskil sommer agterkom nie, behalwe die KO 2 se sidwall wat dalk bietjie beter is.

Re: Nuwe Bande

Posted: Tue Nov 21, 2017 2:56 pm
by Ratel
Gebruik my Fortuner 4x4 vir dieselfde applikasie en het al my tweede stel BFG All terrain op. Ek sal enige tyd weer opsit. Triple side wall maak hulle sterk en dit wat hulle duurder is maak hulle op met die kilos wat hulle gee. Ek het my vorige stel op 100 000 km afgehaal en sou maklik nog 15 000 km kon doen op hulle.

Die geheim is om die bande se "alignment" gereeld te laat nagaan en balansering sodat hulle eweredig afloop.

Re: Nuwe Bande

Posted: Tue Nov 21, 2017 3:12 pm
by Joe13
Ek het n groot probleem met die KO2 BFs gehad, hulle het bitter vinnig op nat teerpad gegly, dit is glo nie net my ondervinding nie maar n ander paar manne op ander forums ook. Swak batch?

Re: Nuwe Bande

Posted: Tue Nov 21, 2017 3:14 pm
by Ds J
Die algemene wysheid hier rond sê dat BF's swaarder is op brandstof omdat hulle soveel swaarder per band is. Kan iemand dit bevestig?

Re: Nuwe Bande

Posted: Tue Nov 21, 2017 3:31 pm
by Harambe
Ds J wrote:Die algemene wysheid hier rond sê dat BF's swaarder is op brandstof omdat hulle soveel swaarder per band is. Kan iemand dit bevestig?
Kan wees. Dit kan ook a.g.v. die loopvlak patroon wees.

Re: Nuwe Bande

Posted: Tue Nov 21, 2017 5:18 pm
by joe rocket
Ds J wrote:Die algemene wysheid hier rond sê dat BF's swaarder is op brandstof omdat hulle soveel swaarder per band is. Kan iemand dit bevestig?


As jy die band kan bekostig gaan jy nie jou bekommer oor die minimale verhoging in branstof prys nie. Kyk na Hankook Dynapro all terrein R 2000 per band met n 90 000km waarborg mits jy elke 10 000km roteer en wielsporing doen.

Re: Nuwe Bande

Posted: Tue Nov 21, 2017 6:05 pm
by 470rigby
Soos hierbo gese, BLY WEG van Dunlop. Het op my FJ Cruiser uitgekom, en ek het baie moeilikheid gehad

General en Goodyear is albei goed, maar hulle maak nie 'n 70 profiel vir 265/17 nie. Ek het nou Toyo op, sover is ek gelukkig

Re: Nuwe Bande

Posted: Tue Nov 21, 2017 7:17 pm
by Apie
Joe13 wrote:Ek het n groot probleem met die KO2 BFs gehad, hulle het bitter vinnig op nat teerpad gegly, dit is glo nie net my ondervinding nie maar n ander paar manne op ander forums ook. Swak batch?
Amen.

Goeie band as jy overlanding doen.
Sterk
Kry min pap wiele(n spyker steek egter deur enige band)
Kan swaar vragte dra.

Swak op nat teer.
Gooi redelik klippies op grondpad
Redelik meer padgeraas as ander AT bande.

Lyk mooi.
Sent per km nie die geld werd op algemene bakkie volgens my.

Bridgestone Deulers of Firestone Destinations gee 65000km waar die BF 100000km in dieselfde omstandigehede teen dubbel die prys.
Beste KM's kom gewoonlik uit daai Michelin hierbo hgenoem maar ook teen 'n premie.

Vir n Overlanding voertuig wat konstant swaar gelaai is met laaistelsel dakrakke ekstra brandstoftenke etc is die BF of die Cooper St Max 'n goeie keuse.

Besef net dat die goeie offroad en vragdra vermoë jou weer laat inboet op die teer.


Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: Nuwe Bande

Posted: Tue Nov 21, 2017 9:51 pm
by Sangoma (IAN)
joe rocket wrote:
Ds J wrote:Die algemene wysheid hier rond sê dat BF's swaarder is op brandstof omdat hulle soveel swaarder per band is. Kan iemand dit bevestig?


As jy die band kan bekostig gaan jy nie jou bekommer oor die minimale verhoging in branstof prys nie. Kyk na Hankook Dynapro all terrein R 2000 per band met n 90 000km waarborg mits jy elke 10 000km roteer en wielsporing doen.
Ek het ook Hankook Dynapro op my Fortuner en rerig baie tevrede met hulle. Dit is n band wat lekke hoe kilos gee en ook baie goed hanteer op n nat pad.
BF soek nie n nat pad nie!

Re: Nuwe Bande

Posted: Wed Nov 22, 2017 7:08 am
by OomMatt
Dankie aan almal

Ek weet van die BF's , het al stel gehad op vorige voertuie , baie sterk en goed off road maar op nat teer , soos seep in n pad.
Ek het n stel Michelin LTX bestel nadat ek so bietjie gegoole het en al die reviews gelees het

Dankie

Re: Nuwe Bande

Posted: Wed Nov 22, 2017 7:27 am
by bush hat
Gehoor groot uitverkoping by Hi Q Bande op alle grootte bande maar het geen details nie !

Re: Nuwe Bande

Posted: Wed Nov 22, 2017 7:50 am
by Jaco vdW
joe rocket wrote:

As jy die band kan bekostig gaan jy nie jou bekommer oor die minimale verhoging in branstof prys nie. Kyk na Hankook Dynapro all terrein R 2000 per band met n 90 000km waarborg mits jy elke 10 000km roteer en wielsporing doen.
Ek wens ek kon nog n stel Hankooks kry vir R2000/band. Het sopas 97000km op n stel gedoen, en baie tevrede met hulle. Enigste moontlike kritiek is dat die side walls nie klipperige terrein so goed hanteer nie.
Ek kan wel nou n stel BFGs kry vir n rapsie minder as die Hankooks se huidige prys by TWT, so sal seker daai roete gaan...

Sent from my ALE-L21 using Tapatalk

Re: Nuwe Bande

Posted: Wed Nov 22, 2017 8:00 am
by joe rocket
Ek het by Speedy laat opsit. 265/65/17

Re: Nuwe Bande

Posted: Wed Nov 22, 2017 8:03 am
by Jaco vdW
R2000 is n baie goeie prys. 30/9.5R15 word nou R2600 elk gekwoteer, sonder pas en balanseer.

Sent from my ALE-L21 using Tapatalk

Re: Nuwe Bande

Posted: Wed Nov 22, 2017 8:08 am
by joe rocket
Moet ek vir jou n prys kry?

Re: Nuwe Bande

Posted: Wed Nov 22, 2017 8:48 am
by tau
Ons is nou met 9 voertuie deur Kaokoveld.

Die enigste twee papwile was met Hankook Dynapro's en dit was nog op grondpad nog nie naby 4x4 werk nie.

Die bande het vanaf Spitzkoppe tot Opuwu 6 plugs gekry en is daar vervang met 2 x Grabbers want dit was al 17" bande wat ons kon kry. Daarvandaan terug tot in Windhoek nie weer een papawiel nie. Moet noem 6 voertuie met BF Goodrich Ko 2 nie een papwiel nie. Die Hankooks se sidewalls het heeltyd gepuncture. Ons het by Palmwag bande afgehaal en geplug.

Re: Nuwe Bande

Posted: Wed Nov 22, 2017 8:55 am
by Jaco vdW
joe rocket wrote:Moet ek vir jou n prys kry?
Baie dankie vir die offer, maar het gister die BFGs bestel.

Sent from my ALE-L21 using Tapatalk

Re: Nuwe Bande

Posted: Wed Nov 22, 2017 9:03 am
by jdpretorius
Ek sien Supa Quick het Firestone Destination en Bridgestone Dueler D697 OWT vir goeie pryse.
Het iemand dalk n opinie oor hulle ?

Sent from my SM-G570F using Tapatalk

Re: Nuwe Bande

Posted: Wed Nov 22, 2017 9:52 am
by DWB
Firestone Destination het die All Road Hazard Gaurantee.

Het op 24000km 'n sidewall puncture gehad.

R500 later het ek 'n nuwe band.

Re: Nuwe Bande

Posted: Wed Nov 22, 2017 9:53 am
by jdpretorius
DWB wrote:Firestone Destination het die All Road Hazard Gaurantee.

Het op 24000km 'n sidewall puncture gehad.

R500 later het ek 'n nuwe band.
Dankie DWB