Page 1 of 1

Re: Lisensierings proses mbt Lope en Aksies

Posted: Wed Sep 14, 2011 4:16 pm
by Vosman
Ludwig,
Weet jou wapensmit nie wat die proses is nie? Of is dit wat jy in jou skrywe aanhaal?
As die wapen en die loop oorgaan op jou smit se boeke, is dit mos in sy voorraad, dus doen jy net aansoek om een geweer, 'n 284 winchester met slot nr sus en loop nommer so wat van die smit afkom?
Dis hoe ek dit verstaan, maar die manne moet maar laat weet!

Re: Lisensierings proses mbt Lope en Aksies

Posted: Wed Sep 14, 2011 9:17 pm
by james 303
Volgens wet kan jy n vuurwapen part aan jou besit he solank dit vir die vuurwapen is waarvoor jy die lisensie het...ek weet nie of dit geld vir die loop nie..aangesien dit die kaliber gaan vir ander?

Re: Lisensierings proses mbt Lope en Aksies

Posted: Thu Sep 15, 2011 10:26 am
by Vosman
Ludwig, ek dink die smit behoort te kan help.
Hy mag wapens verander, en sal die aansoek doen om die ander loop en kamer te doen. Sover ek dit het gaan die geweer ook SABS toe moet gaan. Jy gaan net die aansoek doen vir die 284. Die smit moet die res reel soos ek verstaan het.
Laat weet hoe dit gaan?