Page 1 of 1
Verf vir Gonge
Posted: Mon Nov 13, 2017 9:54 am
by JohanvB
Watse verf spuit of verf julle op julle gonge?, praat nou meer met die long range manne
Dankie
Re: Verf vir Gonge
Posted: Mon Nov 13, 2017 10:01 am
by joe rocket
Wit verf in n blikke of uit n blik met n roller.
Re: Verf vir Gonge
Posted: Mon Nov 13, 2017 10:05 am
by LoopSoosStroop
As ek by die huis is wit verf op 'n kwas. Watookal ek uit my vrou se kaste kan krap en waterbased is.
As ek op die baan is wit verf uit 'n aerosol blikkie, net vir touch-ups. Dit raak te duur as jy net daarmee verf.
Re: Verf vir Gonge
Posted: Mon Nov 13, 2017 10:09 am
by JohanvB
Sien,..ek soek 'n applikasie wat nie, as die koeël die gong tref al die verf afsping nie..wil net die koëlmerk sien..
Re: Verf vir Gonge
Posted: Mon Nov 13, 2017 10:12 am
by Harambe
JohanvB wrote:Sien,..ek soek 'n applikasie wat nie, as die koeël die gong tref al die verf afsping nie..wil net die koëlmerk sien..
Kry vir jou 'n pak van daai teikens wat so helder merkie los as jy hom raakskiet en plak dit op die gong?
Re: Verf vir Gonge
Posted: Mon Nov 13, 2017 10:14 am
by Malan123
Ek gebruik 'n grys primer uit 'n spray blikkie. Werk vir my baie mooi
Re: Verf vir Gonge
Posted: Mon Nov 13, 2017 10:22 am
by joe rocket
JohanvB wrote:Sien,..ek soek 'n applikasie wat nie, as die koeël die gong tref al die verf afsping nie..wil net die koëlmerk sien..
Dan is jou gong te naby.

Re: Verf vir Gonge
Posted: Mon Nov 13, 2017 10:24 am
by JohanvB
Re: Verf vir Gonge
Posted: Mon Nov 13, 2017 10:41 am
by LoopSoosStroop
Jy moet die verf baie dun aanwend, as hy te dik is spring hy af.
Re: Verf vir Gonge
Posted: Mon Nov 13, 2017 11:26 am
by Nico Harris
Laat die gong roes voor jy hom verf. Dan klou die verf baie beter.
Re: Verf vir Gonge
Posted: Mon Nov 13, 2017 11:31 am
by JacquesT (Stompe)
Nico Harris wrote:Laat die gong roes voor jy hom verf. Dan klou die verf baie beter.
Soos wat Nico noem, veral julle manne daar naby die see.
Re: Verf vir Gonge
Posted: Mon Nov 13, 2017 2:34 pm
by BeesBreet
Jip stem met Nico. Die staal het so vetterige lagie... jy moet hom eers afkry voor jy verf... Ek maak die staal goed skoon met thinners voor ek begin verf.
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: Verf vir Gonge
Posted: Mon Nov 13, 2017 3:18 pm
by Eugene
LoopSoosStroop wrote:Jy moet die verf baie dun aanwend, as hy te dik is spring hy af.
Ek doen weer die teenoorgestelde en sit sommer die goedkoopste wit PVA verf met 'n spons lekker dik aan en laat droogword. Ek sit dan weer elke nou en dan weer met die spons op. Die verf "chip" dan 'n lekker kol rondom die skoot af, maar nie die hele gong nie.
Re: Verf vir Gonge
Posted: Mon Nov 13, 2017 3:36 pm
by Jean Marais
Eugene, daai metode werk vir my ook. PVA ook lekker gou droog.
Re: Verf vir Gonge
Posted: Mon Nov 13, 2017 6:44 pm
by jankraay
Eugene wrote:LoopSoosStroop wrote:Jy moet die verf baie dun aanwend, as hy te dik is spring hy af.
Ek doen weer die teenoorgestelde en sit sommer die goedkoopste wit PVA verf met 'n spons lekker dik aan en laat droogword. Ek sit dan weer elke nou en dan weer met die spons op. Die verf "chip" dan 'n lekker kol rondom die skoot af, maar nie die hele gong nie.
+1 vir die tipe verf en dan die roes metode.
Sent from my iPhone using Tapatalk