Page 1 of 1

Oom bob!

Posted: Sun Nov 12, 2017 6:27 pm
by PieterG
Noudie naweek was ek en n vriend plaas toe. Die plaas is op Stofberg in Mapumalangha. Toe skiet hy hierdie groot mannetjie op 470m met sy 270. Die mannetjie was n alleenloper en het heel rustig bo op die kruin van die berg vir ons gesit en kyk toe Jaco hom mooi deur die hart dreun met n 140gr Nosler BT. Darm lekker om deur jou verkyker te sien hoe oom bob lood kry...

Re: Oom bob!

Posted: Sun Nov 12, 2017 10:10 pm
by Ashley
Goeie skoot!
Dis n meneer daai hoor...
Geluk man.

Re: Oom bob!

Posted: Mon Nov 13, 2017 6:37 am
by airhunter
Soos jy beskryf is jou maat gelukig dat die skoot raak was anders waar het daardie140grein lood geland?
Wees bedag daarop om altyd n back stop vir n lood te hĂȘ. Bo-oor die kruin is nie goed nie.
Geluk. Dit is n mooi kees.

Re: Oom bob!

Posted: Mon Nov 13, 2017 9:14 am
by Supacow
270 plesier!

Re: Oom bob!

Posted: Mon Nov 13, 2017 10:50 am
by Joe13
Netjies, skiet baie bobbe hier in mpumalanga.