Page 1 of 1

22-250 rem

Posted: Sun Nov 12, 2017 4:46 pm
by Vleisie
Middag kerels

Ek wil bietjie by die manne hoor wat swaarder punte skiet in hulle 22-250’s, die yanks reken ‘n 1:12 twist sal die Sierra Matchking 69 grein punte stabiliseer.
Is daar enige iemand met ondervinding van swaarder punte op 1:12 twist 22-250’s?

Ek hou my oor by die radio.

Re: 22-250 rem

Posted: Sun Nov 12, 2017 5:16 pm
by tripodmvr
Hier is moontlik 'n antwoord vir jou vraag.

https://www.youtube.com/watch?v=cNF5pdAf8bs

Re: 22-250 rem

Posted: Sun Nov 12, 2017 6:27 pm
by Vleisie
Ek verstaan dat dit nie gaan oor die gewig nie, maar wel die bearig surface. Probleem is die gemiddelde 75greiner is 3-5mm langer as die 69 gr Match Kings en die 22-250 het darm heelwat meer spoed beskikbaar, die yanks maak mos die som vir 22 kaliber. Muzzle Velocity X 720/twist rate behoort jou RPM’s bo 200 000 te gee om hom te stabiliseer. Dus is die minimum spoed van 3333fps nodig om met 1-12 twist te stabiliseer.

Re: 22-250 rem

Posted: Sun Nov 12, 2017 8:15 pm
by tripodmvr
Dit gaan oor lengte van die projektiel, nie net raakvlak nie. Hoogte bo seespieël speel ook 'n rol. Die toetse met 75gr het getoon dat dit dwars by die teiken aankom met 1 in 12.

Re: 22-250 rem

Posted: Sun Nov 12, 2017 11:01 pm
by Bennie Bester
Vleisie,
Ek skiet met n 22-250 met n 1 in 12 twist wat ek baie jare terug by Musgrave laat bou het. (n storie vir n ander dag ). Ek skiet n Speer 70 gr punt met hom en kry goeie akkuraatheid met S 365. Ek het ongelukkig nie op die oomblik die herlaai data by my nie. Ek weet net hy loop so by 3300 vt/sek.
Groete Bennie