Page 1 of 3

Nikon beslissing

Posted: Tue Nov 07, 2017 3:27 pm
by Chevvy SS
‘n Bietjie meer as ‘n week gelede verwyder ek die windage turret op my Nikon 6.5-20x44 om te kyk of ek sal hou van die tactical turrets wat by die aankoop ingesluit was. Nie tevrede daarmee nie, verwyder ek dit en sit die ou een terug. Met die vasdraai, let wel finger tighten, draai die skroefie al in die rondte. Nodeloos om te sê dat hy nie weer wil vas nie en die insert ook uitgekom het.

Ek stuur die teleskoop in en raai wat?
1) Die teleskoop is abused,
2) Hulle hou nie onderdele aan nie.
Ek het presies wat gebeur het 2x aan verskillende mense op skrif verduidelik, in Engels nogal (my spell-checkers was aan so hulle moes dit kon verstaan), maar sonder sukses. Hulle oplossing? ‘n Nuwe teleskoop teen kosprys en as ek dit nie aanvaar nie, moet ek die inspeksiekoste van R334.00 betaal.

Ek kan byvoeg dat hulle vantevore redelike vinnige diens gekry het toe hulle 'n ander teleskoop van my moes toets, maar tans is my moermeter is redelik in die rooi.

Re: Nikon beslissing

Posted: Tue Nov 07, 2017 3:33 pm
by JohanvB
Hi..ek het al soortgelyk op my nikon scope oorgekom..daai skroefie en insert..wel in my geval..het ek die skroefie en die insert aan mekaar geplak met die blou bottel locktite..dink daai skroefie en insert is daar vir veiligheids meganisme dat jy hom te vas draai nie

Re: Nikon beslissing

Posted: Tue Nov 07, 2017 3:39 pm
by JohanvB

Re: Nikon beslissing

Posted: Tue Nov 07, 2017 3:55 pm
by PWV
Chevvy, dit is 'n gatslag.

Dan het Nikon se diens in die laaste tyd baie verander. Toe ek so 2 jaar gelede Nikons gehad het, het hulle by twee geleenthede my baie mooi gehelp. Een keer my teleskoop vervang met 'n nuwe en in 'n ander geval die teleskoop gratis hetstel. Dit was deur S & O.

As dit hulle nuwe strategie is, sal dit dwaas wees om 'n Nikon te koop!

Re: Nikon beslissing

Posted: Tue Nov 07, 2017 4:06 pm
by Chevvy SS
Ek dink my naarheid is 'n bietjie groter Johan. Ek het net 'n baie groot probleem met die feit dat Nikon SA nie eers 'n skroefie en 'n insert het nie?

Re: Nikon beslissing

Posted: Tue Nov 07, 2017 5:15 pm
by JohanvB
Ok..ja self nog net goeie diens gekry by Nikon...maar het jy reg gekom? Jy het mos die skroefie en die insert?

Re: Nikon beslissing

Posted: Tue Nov 07, 2017 5:39 pm
by Plaashaas
People will do to you what you allow them to do.

Maak maar jou stem bietjie dik. Stuur sommer n link vir hulle van die topic dat hul kan sien 5000+ jagter lees hier dat Nikon nie by hul waarborg staan nie.

Ek het n soorgelyke ervaring gehad en hier erens gepost. Staan op jou punt en dring aan dat hul doen wat hul beloof.

Re: Nikon beslissing

Posted: Tue Nov 07, 2017 6:12 pm
by Sean3006
Ek het 1 Nikon op my 30.06 en is besig om te kyk na nog 1 vir my Creedmoor en dalk ook vir 'n .22
Hou ons asb. op hoogte...
As hulle nie help nie dan help dit nie ek koop die selfde nie.
Ek hou duimvas dat dit binnekort beter gaan.

Re: Nikon beslissing

Posted: Fri Nov 10, 2017 3:58 pm
by projagter
My seun het 3 Nikon Monarchs en oorweeg om nog een te koop. As hy van hierdie swak gesindheid deesdae by Nikon hoor gaan hy beslis nie nog een koop nie. Hulle geweerteleskoop webtuiste SA is in elk geval ook pateties -- nie eens opgedateer nie.

Re: Nikon beslissing

Posted: Fri Nov 10, 2017 5:41 pm
by Plaashaas
Chevvy SS wrote:‘n Bietjie meer as ‘n week gelede verwyder ek die windage turret op my Nikon 6.5-20x44 om te kyk of ek sal hou van die tactical turrets wat by die aankoop ingesluit was. Nie tevrede daarmee nie, verwyder ek dit en sit die ou een terug. Met die vasdraai, let wel finger tighten, draai die skroefie al in die rondte. Nodeloos om te sê dat hy nie weer wil vas nie en die insert ook uitgekom het.

Ek stuur die teleskoop in en raai wat?
1) Die teleskoop is abused,
2) Hulle hou nie onderdele aan nie.
Ek het presies wat gebeur het 2x aan verskillende mense op skrif verduidelik, in Engels nogal (my spell-checkers was aan so hulle moes dit kon verstaan), maar sonder sukses. Hulle oplossing? ‘n Nuwe teleskoop teen kosprys en as ek dit nie aanvaar nie, moet ek die inspeksiekoste van R334.00 betaal.

Ek kan byvoeg dat hulle vantevore redelike vinnige diens gekry het toe hulle 'n ander teleskoop van my moes toets, maar tans is my moermeter is redelik in die rooi.
Het jy al nuus Chevvy?

Re: Nikon beslissing

Posted: Sun Nov 12, 2017 10:46 am
by Chevvy SS
Nikon word versprei deur Premium Brand Distribitors. 'n Dame van SO Stellenbosch het hul Kaapse "regional manager "inge-cc" op 'n epos van my en hy het daarna direk met my geskakel. Na die 2de rondte weiering het hy die diensbestuurder so ver gekry dat die teleskoop nou weer oppad is Centurion toe. Hy het werklik uit sy pad gegaan om my probleem aan die diensbestuurder te probeer verkoop.

My hoop is egter min, want die diensbestuurder klink hardegat. Hy sou my skakel 'n ruk gelede, maar het dit na 3 dae nie gedoen nie. Hopelik tel dit in my guns dat SO se faktuur wys dat ek 2 van dieselfde teleskope op een dag aangekoop het.

Re: Nikon beslissing

Posted: Sun Nov 12, 2017 1:50 pm
by JohanvB
Het jy nie reg gekom met my raad nie? Dis tog al wat fout kan wees...

Re: Nikon beslissing

Posted: Sun Nov 12, 2017 4:19 pm
by deonjvan
Was the scope bought through Safari and Outdoor?
How long ago were they bought?

Re: Nikon beslissing

Posted: Mon Nov 27, 2017 5:22 pm
by Chevvy SS
Ek het namiddag die finale antwoord vanaf Nikon gekry dat hulle volstaan by hulle besluit, al het ek 3 Nikons. Indien ek die aanbod aanvaar koop ek dus nou dieselfde teleskoop twee keer omrede hulle geen onderdele het nie, selfs nie eers 2 skroefies van ongeveer 4mm lank nie. Ek het 'n aanbod van 50% van kosprys gedoen wat nie aanvaar is nie.
Ek moet byvoeg dat hulle vantevore 'n teleskoop getoets het en hul diens was vinnig. Daar is egter 'n verskil tussen toets en herstel.

SO se takbestuurder gaan nou probeer om iets te beding.

Re: Nikon beslissing

Posted: Mon Nov 27, 2017 5:43 pm
by Frikkie Coetzee
Moet se ek Is teleurgestelt

Re: Nikon beslissing

Posted: Mon Nov 27, 2017 5:50 pm
by JohanvB
Chevvy SS wrote:‘n Bietjie meer as ‘n week gelede verwyder ek die windage turret op my Nikon 6.5-20x44 om te kyk of ek sal hou van die tactical turrets wat by die aankoop ingesluit was. Nie tevrede daarmee nie, verwyder ek dit en sit die ou een terug. Met die vasdraai, let wel finger tighten, draai die skroefie al in die rondte. Nodeloos om te sê dat hy nie weer wil vas nie en die insert ook uitgekom het.

Ek stuur die teleskoop in en raai wat?
1) Die teleskoop is abused,
2) Hulle hou nie onderdele aan nie.
Ek het presies wat gebeur het 2x aan verskillende mense op skrif verduidelik, in Engels nogal (my spell-checkers was aan so hulle moes dit kon verstaan), maar sonder sukses. Hulle oplossing? ‘n Nuwe teleskoop teen kosprys en as ek dit nie aanvaar nie, moet ek die inspeksiekoste van R334.00 betaal.

Ek kan byvoeg dat hulle vantevore redelike vinnige diens gekry het toe hulle 'n ander teleskoop van my moes toets, maar tans is my moermeter is redelik in die rooi.
Chevvy, die skroefie wat binne die scope pas, draai anti kloksgewys vas, draai hom goed vas en sit biekie blou locktite op sy gat, die skroefie wat die turret vashou, draai kloksgewys vas binne die ander skroefie...locktite hom ook met die blou locktite .probeer dit tog net asb en laat ons weet..dit is regtig so simpel soos dit. Gee tog terugvoer.

Re: Nikon beslissing

Posted: Mon Nov 27, 2017 6:38 pm
by Plaashaas
Cheers Nikon... Hello Vortex.

(Vortex is na my mening die Leatherman van Scopes as dit by waarborg kom)

Re: Nikon beslissing

Posted: Mon Nov 27, 2017 6:38 pm
by jdpretorius
Frikkie Coetzee wrote:Moet se ek Is teleurgestelt
+ 1
weet nie of ek weer met oortuiging na daai rak toe sal stap nie

Sent from my SM-G570F using Tapatalk

Re: Nikon beslissing

Posted: Mon Nov 27, 2017 7:32 pm
by JohanvB
Mense regtig, nou is Nikon se naam gat oor een ou nou 'n klein probleempie ondervind...my Nikon verkyker het per ongeluk geval en oogstuk erg beskadig..ja is uit waarborg, maar is spoedig reg gemaak...ek wed julle as Chevvy net wil probeer wat ek voorstel dat sy probleem opgelos sal wees...enige produk het maar sy "dingetjies", nee ek werk nie vir Nikon nie, maar dink julle is regtig besig om van 'n molshoop 'n berg te maak...as Chevvy nie wil probeer wat voorgestel is nie, dan is dit sy saak...maar om Nikon nou sleg te maak is ongehoord.

Re: Nikon beslissing

Posted: Mon Nov 27, 2017 7:48 pm
by Flip Nel
JohanvB wrote:Mense regtig, nou is Nikon se naam gat oor een ou nou 'n klein probleempie ondervind...my Nikon verkyker het per ongeluk geval en oogstuk erg beskadig..ja is uit waarborg, maar is spoedig reg gemaak...ek wed julle as Chevvy net wil probeer wat ek voorstel dat sy probleem opgelos sal wees...enige produk het maar sy "dingetjies", nee ek werk nie vir Nikon nie, maar dink julle is regtig besig om van 'n molshoop 'n berg te maak...as Chevvy nie wil probeer wat voorgestel is nie, dan is dit sy saak...maar om Nikon nou sleg te maak is ongehoord.
Johan dit gaan oor diens, ek sal beslis ook nie Nikon koop nie, daar is genoeg ander ouens wat goeie diens gee, en dit is nie 'n klein proebleempie nie as jy nie jou teleskoop kan gebruik nie.

Re: Nikon beslissing

Posted: Mon Nov 27, 2017 7:53 pm
by wlm
N.a v. Chevy se ervaring sal ek nie Nikon produkte koop nie. Dit is soos dit werk, een slegte ervaring versuur alles.

Re: Nikon beslissing

Posted: Mon Nov 27, 2017 7:54 pm
by JohanvB
Ok..Chevvy...ek sal daai scope by jou oorneem..vir min geld ;D ;D ;D ;D

Re: Nikon beslissing

Posted: Mon Nov 27, 2017 7:57 pm
by JPS
Plaashaas wrote:Cheers Nikon... Hello Vortex.

(Vortex is na my mening die Leatherman van Scopes as dit by waarborg kom)
Ek het so idee James Wright hier op die forum sal met jou verskil ;)

Re: Nikon beslissing

Posted: Mon Nov 27, 2017 8:02 pm
by wlm
Die slim manne kan gerus vir ons verduidelik waar die winkel wat die produk aan jou verkoop het staan in so 'n geval. Chevy het mos 'n transaksie met S&O gedoen nie met Nikon nie.

Re: Nikon beslissing

Posted: Tue Nov 28, 2017 5:00 am
by Swede
Op 'n stadium op hierdie forum was Nikon net die scope gewees. Die produk is deur die groot winkel bemark toe hulle nog hier aktief was, beste glas in sy klas, beste waarde vir geld, beste naverkoop diens ens, ens. Die manne soos ek gelees het, het gekoop. Waar is S&O nou wat die produk so uitermaat hier kom adverteer het. Hulle deelname hier op die forum is ook iets van die verlede

Sent from my SM-G950F using Tapatalk