Page 1 of 1

Vol maan

Posted: Sun Nov 05, 2017 4:55 pm
by Bruno 243
Wil graag hoor by julle manne wat se uitwerking het die vol maan op jakkalse indien enige uitwerking enige insette word wardeer

Sent from my SM-A520F using Tapatalk

Re: Vol maan

Posted: Sun Nov 05, 2017 5:03 pm
by Hugo S
Ek luister ook


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Vol maan

Posted: Sun Nov 05, 2017 5:28 pm
by tripodmvr
Vra vir Cobus Cobb. Hy het die' naweek 'n paar laat bakkie ry.

Re: Vol maan

Posted: Sun Nov 05, 2017 5:35 pm
by Malan123
Ek en Erhard het lekker hou die dag hieroor gesels. Met volmaan sien die jakkalse jou baie makliker en dus van baie verder af. Jy loop dus 'n groter risiko om jakkalse slim te maak, glo my. Jy skiet ook gewoonlik dus verder.

Jy moet baie meer moeite doen om jouself ordentlik weg te steek so posisie en wind is baie belangrik. Ek het al paar laat bakkie ry op volmaan, maar dis maar dom jakkalse gewees.

Re: Vol maan

Posted: Sun Nov 05, 2017 7:47 pm
by Bruno 243
Malan123 wrote:Ek en Erhard het lekker hou die dag hieroor gesels. Met volmaan sien die jakkalse jou baie makliker en dus van baie verder af. Jy loop dus 'n groter risiko om jakkalse slim te maak, glo my. Jy skiet ook gewoonlik dus verder.

Jy moet baie meer moeite doen om jouself ordentlik weg te steek so posisie en wind is baie belangrik. Ek het al paar laat bakkie ry op volmaan, maar dis maar dom jakkalse gewees.
Baie dankie vir die raad sal dit die rede wees dat hul antwoord maar dat niks ingekom het nie

Sent from my SM-A520F using Tapatalk

Re: Vol maan

Posted: Sun Nov 05, 2017 8:12 pm
by Malan123
Dit is moeilik om te se. Dit kan 'n paar goed wees. Was daar wind? Hoe lyk jou bakkie? Beweging op volmaan speel ook 'n groot rol.

Re: Vol maan

Posted: Sun Nov 05, 2017 8:58 pm
by Malan123
My opinie- kies jou tye reg veral as jy nog leer. Moet eerder nie uitgaan as die maan te helder is nie

Re: Vol maan

Posted: Mon Nov 06, 2017 5:11 pm
by Stoffel van Dyk
Ek stem met Malan. Moenie die moeilike goed eerste probeer nie. Jy moet viniger as die jakkalse leer en as jy volmaan uitgaan, gee jy hulle n kans om te leer.

Kies jou staanplekke goed. Gee jouself genoeg sig wind af. Soek daai dongas en slote waarin hulle op jou kan afsluip. Roep min. Lig gereeld. Dis maar onaangenaam as jy lig en hier staan die maatjie 30m van jou af. Gaan doen n kursus sodra jy n gevoel gekry het wat aangaan. Ek het geleer jy moet eers n paar foutjies maak voor die kursus, om die waarheid te sĂȘ, enige kursus, vir jou iets gaan beteken.

Geniet die jag!

Stoffel

Re: Vol maan

Posted: Mon Nov 06, 2017 9:27 pm
by Bruno 243
Dankie vir al die raad maak so

Sent from my SM-A520F using Tapatalk