Page 1 of 1
222 Rem en Truvelo
Posted: Tue Sep 13, 2011 3:44 pm
by Gerhard
Ek het die 222 Rem by pa gekry.
Het die Terminator by Koos aka Biltonjagter bestel en binne 3 weke gekry.
My pa het die geweer vir my na Truvelo toe gevat.
Die voorste vesier is afgehaal.
Skroef draad vir die KD gesny.
Die aksie is gepak.
Dan het hulle vir my n recoil pad op gesit sodat die kolf my bietjie beter pas met my lang arms.
Al die werk is binne 5 werks dae afgehandel en die rekening was R1100.00
Dink die geweer gaan lekke skiet as ek nou net die lisensie probleme kan uit sort...
[img width=560 height=420]
http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 4241-1.jpg[/img]
Re: 222 Rem en Truvelo
Posted: Tue Sep 13, 2011 3:57 pm
by Gerhard
Ludwig wrote:
Baie netjies Gerhard! Ek hou van die look. Watse brille het die Trip 2 daar op? Gaan dit nou jou primere jakkals geweer word?
Hy het n Burris op wat gaan oor skuif na die 30 06 toe...
Die Nikon gaan van die Hornet oor skuif na die Trip 2 toe.
Dan gaan die Trip 2 die geweer wees wat die jakkals gaan laat les ops
Re: 222 Rem en Truvelo
Posted: Tue Sep 13, 2011 4:00 pm
by BLOK
Hy lyk al te pragtag, hoop net ons kan daai liksense vinnig kry
Re: 222 Rem en Truvelo
Posted: Tue Sep 13, 2011 4:02 pm
by Lourens
Baie mooi geweertjie Gerhard!!
Re: 222 Rem en Truvelo
Posted: Tue Sep 13, 2011 4:58 pm
by Gerhard
Dankie,
Dink nogal Truvelo het goeie werk gedoen...
Re: 222 Rem en Truvelo
Posted: Tue Sep 13, 2011 4:58 pm
by Trigger Mike
Netjiese kat geweer man, ek is elf doenig met 'n facelift of twee en ek kan uit my ervaring se 5 dae is vrek vinnig en R1100 meer as billik vir die werk.
Re: 222 Rem en Truvelo
Posted: Tue Sep 13, 2011 5:29 pm
by Gerhard
Trigger Mike wrote:
Netjiese kat geweer man, ek is elf doenig met 'n facelift of twee en ek kan uit my ervaring se 5 dae is vrek vinnig en R1100 meer as billik vir die werk.
Dankie Mike,
Ja,
Rodney by Truvelo en ek kom al lang pad.
Hy het my 500 Jeff ook vir my gebou.
Skakel hom gerus dalk help hy jou ook so vinnig.
Re: 222 Rem en Truvelo
Posted: Tue Sep 13, 2011 5:38 pm
by Nico Harris
baie baie nice Gerhard!!
Re: 222 Rem en Truvelo
Posted: Tue Sep 13, 2011 5:58 pm
by Gerhard
Harris30-06 wrote:
baie baie nice Gerhard!!
Dankie Nico,
Is nou die lisensie oorlog met die SAPS stasie...
Re: 222 Rem en Truvelo
Posted: Tue Sep 13, 2011 7:04 pm
by FrancoisN
Baie mooi Gerhard
Hoop die liksens ding kry gou spoed.
Re: 222 Rem en Truvelo
Posted: Tue Sep 13, 2011 8:50 pm
by WillemS
Gerhard
Baie netjiese geweertjie! Ek moet se dit is 'n baie nice kolf wat jy daar het, ek het onlangs 'n 222 krico gekry wat ek toe die kolf moes vervang met 'n boyds kolf, want daai kolfie was hopeloos te klein en ongemaklik!
Geniet hom, met daai terminator is hy baie sports!
Willem
Re: 222 Rem en Truvelo
Posted: Wed Sep 14, 2011 4:56 am
by Gerhard
WillemS wrote:
Gerhard
Baie netjiese geweertjie! Ek moet se dit is 'n baie nice kolf wat jy daar het, ek het onlangs 'n 222 krico gekry wat ek toe die kolf moes vervang met 'n boyds kolf, want daai kolfie was hopeloos te klein en ongemaklik!
Geniet hom, met daai terminator is hy baie sports!
Willem
Willem,
Dankie man,
Die kolf was maar klein en hoop die recoil pad wat nou op is maak n verskil.
Ek sien uit om my eerste jakkals met die geweer te dop.
QL s? hy het die potensiaal om Nosler BT Varmint 40gr teen amper 3400fps te stoot...
Daai is amper 600fps vinniger as my Hornet...

Re: 222 Rem en Truvelo
Posted: Sat Sep 17, 2011 5:44 pm
by Gerhard
Dis hoe hy nou lyk
[img width=560 height=282]
http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 60608a.jpg[/img]
Die baas klim agter die geweer in
[img width=560 height=318]
http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 60611a.jpg[/img]
In gestel en laaste 3 skote
[img width=560 height=312]
http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 60615a.jpg[/img]
50gr VMax
Die baas neek rond met die een hoog en laag. Skote daar gecall
[img width=560 height=439]
http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 00207a.jpg[/img]
Baie tevrede met die geweer.
Nou moet ek net die ladings fine tune...
Re: 222 Rem en Truvelo
Posted: Sat Sep 17, 2011 6:11 pm
by Coenie (Swift)
Gerhard werk die kd nie? of was dit baan reels met die gehoorbeskerming

Geniet hom hy het mooi uitgekom
Re: 222 Rem en Truvelo
Posted: Sat Sep 17, 2011 6:17 pm
by Gerhard
Swift wrote:
Gerhard werk die kd nie? of was dit baan reels met die gehoorbeskerming

Geniet hom hy het mooi uitgekom
Nee hy werk.
Maar my ore is klaar vrot geskiet met die jare se skiet.
Die oor mowwe is vir die skerp knal...
Re: 222 Rem en Truvelo
Posted: Sun Sep 18, 2011 5:23 pm
by Gerhard
Krap vanmiddag in my pas se kas rond waar hy al die kalibers se punte bere...
Kry die 2 pakkies wat hy op SPECIAL gekoop het by Parens in Pretoria
[img width=560 height=404]
http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 00212a.jpg[/img]
Wie onthou nog die winkel?