Page 1 of 1

Geweer band vir jag/teiken skiet

Posted: Tue Sep 13, 2011 2:24 pm
by 2.1
Goeie dag
Ek wil graag hoor watse geweet band beveel julle aan vir jag en teiken skiet, m.a.w. die beste all round band. Het gelees Buttler greek is lekker vir geweer dra, maar nie so goed vir skiet ondersteuning nie.  Miskien 'n leer band...?

Re: Geweer band vir jag/teiken skiet

Posted: Tue Sep 13, 2011 2:28 pm
by DWB
My vrou het onlangs vir my so Bruin Butler Creek gekoop wat mooi werk, dis ietwat anders as die normale sagte een en het so rubber tipe omhulsel, werk lekker

Re: Geweer band vir jag/teiken skiet

Posted: Wed Sep 14, 2011 8:02 am
by BLOK
Het een van daai Creeks en hy klou aan jou skouer soos n seekat, lekker sag ook ek kan nie oor hom kla nie. N leer band is ook goed maak net seker die deel oor jou skouer is nie te hard anders eet en skaaf hy na lank se stap

Re: Geweer band vir jag/teiken skiet

Posted: Wed Sep 14, 2011 8:31 am
by James Wilson
n band wat nie noodwendig mooi is nie maar baie lekker skiet en dra is die regte army R4 of R5 bande.

Re: Geweer band vir jag/teiken skiet

Posted: Wed Sep 14, 2011 12:08 pm
by 2.1
Jagbehep! wrote: n band wat nie noodwendig mooi is nie maar baie lekker skiet en dra is die regte army R4 of R5 bande.
Kry mens hulle nog te koop?

Re: Geweer band vir jag/teiken skiet

Posted: Thu Sep 15, 2011 10:19 am
by grumpy
Jagbehep, Jy brag so lekker oor die bande, waar moet ek myne by jou kom haal? Jis, dis lekker om weer met julle manne te gesels!

Re: Geweer band vir jag/teiken skiet

Posted: Thu Sep 15, 2011 12:05 pm
by James Wilson
grumpy wrote: Jagbehep, Jy brag so lekker oor die bande, waar moet ek myne by jou kom haal? Jis, dis lekker om weer met julle manne te gesels!
wa was jy?????

Re: Geweer band vir jag/teiken skiet

Posted: Thu Sep 15, 2011 12:06 pm
by James Wilson
2.1 wrote:
Jagbehep! wrote: n band wat nie noodwendig mooi is nie maar baie lekker skiet en dra is die regte army R4 of R5 bande.
Kry mens hulle nog te koop?
ek hoor daar is n winkel in gauteng, ek dink dis army surplus store wat dit verkoop

Re: Geweer band vir jag/teiken skiet

Posted: Fri Sep 16, 2011 4:42 pm
by grumpy
Jagbehep, gaan kyk daar by aansluitings dan sien jy die hele storie. Het al my sterretjies verloor maar sal hulle weer op maak.

Re: Geweer band vir jag/teiken skiet

Posted: Sat Sep 17, 2011 2:26 pm
by Hein M.
Hulle is beskikbaar

http://www.pricecheck.co.za/offers/2467 ... fle+Sling/
http://camocorp.co.za/catalog/product_i ... ddc031f737

Op Bidorbuy sal jy sonder twyfel van hulle raakloop - as jy nou baie graag een wil h?.

Mooiloop!

Hein

Re: Geweer band vir jag/teiken skiet

Posted: Wed Jul 17, 2013 11:03 am
by Danie01
ek hoor daar is n winkel in gauteng, ek dink dis army surplus store wat dit verkoop[/quote]

Ek is opsoek na van die bande, het iemand dalk die besonderhede van hierdie of enige ander winkel in SA wat dit verkoop?

Groete
Danie

Re: Geweer band vir jag/teiken skiet

Posted: Wed Jul 17, 2013 11:17 am
by Arnold
Net vir dra is die butlercreek lekker. Vir kompetisie verkies ek 'n belt wat jy kan gebruik soos 'n prone sling.
Safari het op 'n tyd van hulle verkoop en ek dink ek het een by JanJak op die forum gekoop as ek dit nie mis het nie. Die is baie naby aan die R4/5 se band.
http://www.safariandoutdoor.co.za/item/images//stock/small/TSL.jpg?=1305113393

Re: Geweer band vir jag/teiken skiet

Posted: Wed Jul 17, 2013 11:26 am
by Zack Benade
2.1
Jy kan aansluit by die army vir 2 jaar dan gee hulle vir jou een. (VERNIET)

Re: Geweer band vir jag/teiken skiet

Posted: Wed Jul 17, 2013 11:32 am
by mariusr
Koop net een van sagte leer daai dik goed lyk mooi maar dra nie lekker en maak jou skouer seer na ruk kan ook nie lekker gebruik om uit die vuis te skiet! :):