Page 1 of 1

Request to alter firearm by a gunsmith saps 531

Posted: Wed Oct 25, 2017 2:01 pm
by Konrad308
Goeie dag

Ek wil hoor hoe gaan mens te werk om so versoek in te sit.

Ek het 3 maande terug my aansoek ingegee maar daar is nie 'n manier om dit te "track" nie. My naaste stasie sê ek moet maar net wag.

Hoe kan ek dit aanjaag?

Ek hoor graag wat julle sê.

Groete

Konrad

Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Re: Request to alter firearm by a gunsmith saps 531

Posted: Fri Oct 27, 2017 10:43 am
by 308Win
Ek het laasjaar Julie 'n versoek vir loopverandering ingegee. In Feb 2017 is die versoek toegestaan. En die 521g is nou vir die derde keer ingegee.
Klaarblyklik is daar nie 'n manier om dit op te spoor nie. As dit by jou stasie ingegee het stuur hulle dit in. Dit kom nerens op die rekenaarsisteem nie. Die sisteem laat bleikbaar nie daarvoor toe nie.
Wel, dit is soos dit aan my deurgegee is.
Sterkte.
Ek wag nog.
Ek is bly ek het nie 'n terminale siekte nie. Anders gaan ek nie met daardie nuwe loop skiet nie.

Re: Request to alter firearm by a gunsmith saps 531

Posted: Fri Oct 27, 2017 11:24 am
by Konrad308
Ek sal ook graag wil hoor hoe gaan ek die magtiging kry. Hoe laat hulle jou weet dat jy die verandering kan maak?