Goeie kopie?

Post Reply
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Goeie kopie?

Post by Chevvy SS »

Safari Outdoor Year-end Special!!

Rudolph T1 6-24x50mm T6 FFP

Selling for only R12 995
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Goeie kopie?

Post by PWV »

Chevvy, sit 'n paar rand by en koop 'n Leupold VX 3i.
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1847
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Goeie kopie?

Post by LoopSoosStroop »

Die manne sukkel bietjie met die "aftersales support" op daai Rudolph outjies. Andersins dink ek dit 'n great deal.

PWV, twyfel of daai "paar rand" jou by 'n FFP Leopold gaan uit kry.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
airhunter
Hero Member
Hero Member
Posts: 545
Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm

Re: Goeie kopie?

Post by airhunter »

Wat my opval is dat daar soveel teenstrydige "reviews" is op Rudolph se naverkoop diens en waarborg.
Party het goeie ondervindings ander minder goed en party bloot .
Kan die ouens van Rudolph dalk party toe kom en vir ons op die forum verduidelik presies wat die vlak van
hulle commitment is? Ek sit self met rudolphs en dit bly vir my 'n punt van bekommernis tot so mate dat ek
begin vertroue verloor in die produk. Wanneer genoeg ouens soos ek begin voel gaan hulle dalk die mark verloor.
Of gee hulle nie om nie? kom ouens vertel ons waarom ons Rudolph moet koop.
Soos Chevvy tereg vra. "Goeie kopie?"

Ek wag in spanning.
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Goeie kopie?

Post by Swede »

airhunter wrote:Wat my opval is dat daar soveel teenstrydige "reviews" is op Rudolph se naverkoop diens en waarborg.
Party het goeie ondervindings ander minder goed en party bloot .
Kan die ouens van Rudolph dalk party toe kom en vir ons op die forum verduidelik presies wat die vlak van
hulle commitment is? Ek sit self met rudolphs en dit bly vir my 'n punt van bekommernis tot so mate dat ek
begin vertroue verloor in die produk. Wanneer genoeg ouens soos ek begin voel gaan hulle dalk die mark verloor.
Of gee hulle nie om nie? kom ouens vertel ons waarom ons Rudolph moet koop.
Soos Chevvy tereg vra. "Goeie kopie?"

Ek wag in spanning.
As ek reg onthou was hulle in die verlede hier, maar ek twyfel dit nou. Dit wil voorkom dat hulle baie aktief in Amerika is, weet nie tot watter mate hulle die SA mark wil uitbyt nie. Miskien moet iemand hulle bemarker hier in SA nooi forum toe ;)
And as thy days, so shall thy strength be
User avatar
airhunter
Hero Member
Hero Member
Posts: 545
Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm

Re: Goeie kopie?

Post by airhunter »

Miskien moet iemand hulle bemarker hier in SA nooi forum toe ;)[/quote]


Dit sal dan sommer ek wees. :)
Sal sien of ek op hulle webblad die persoon kan identifiseer.
Moet sê. Ek het ookal gesien baie Mericans is ook nie so dol oor hulle diens daar nie.
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Goeie kopie?

Post by joe rocket »

Dolf was hier gewees, toe raak hy kwaad en loop.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
TSG
Hero Member
Hero Member
Posts: 734
Joined: Tue Feb 14, 2017 6:14 pm

Re: Goeie kopie?

Post by TSG »

Chevvy SS wrote:Safari Outdoor Year-end Special!!

Rudolph T1 6-24x50mm T6 FFP

Selling for only R12 995
Chevvy SS have a look at the Athlon scopes. I posted my price list in a thread.

This is their warranty

ATHLON LIFE TIME WARRANTY

Your Athlon product is not only warranted to be free of defects in materials and workmanship for the lifetime of the product. Athlon will also repair or replace, at no charge to you, your product if you should damage it through normal use. No receipt needed, no registration required. This is a commitment that Athlon will be the best product you can buy for your money.

*This warranty does not cover damages caused by deliberate damage, misuse, theft or maintenance provided by someone other than the Athlon Authorized Service Department.

* Athlon Life Time Warranty only covers binoculars, riflescopes, spotting scopes, red dots, prism scopes, magnifiers, and laser rangefinders. Other Athlon Products have standard one year warranty.

* Please note that any altering of the products, such as cerakote coatings or spray painting, will void the warranty.
Burn Powder, Not Your Pocket!

kurt@theshootingguys.co.za

www.theshootingguys.co.za

CZ75 9mmP Compact, .22LR Anschutz, Howa 6.5CM, DWM 7x57, Howa .308, Sabbati 12ga OU
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Goeie kopie?

Post by wlm »

Chevy
Ons almal het mos histories 'n wantroue in Suid Afrikaans vervaardigde produkte. Kom seker uit die koloniale dae toe alles uit Engeland en Duitsland "beter" was. Ek het egter nog nooit iemand oor Lynx se naverkoopdiens hoor kla nie. Is daar nie iets in hul produkreeks wat soortgelyk is aan die Rudolph wat jy oor vra nie?
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Goeie kopie?

Post by Chevvy SS »

wlm, ek het die advertensie gesien en hier geplaas, aangesien dit vir 'n FFP teleskoop is en die prys vir my nie sleg gelyk het nie. Pappa het scopes.
User avatar
Monster7
Newbie
Newbie
Posts: 32
Joined: Thu Aug 10, 2017 9:38 pm

Re: Goeie kopie?

Post by Monster7 »

Swede wrote:
airhunter wrote:Wat my opval is dat daar soveel teenstrydige "reviews" is op Rudolph se naverkoop diens en waarborg.
Party het goeie ondervindings ander minder goed en party bloot .
Kan die ouens van Rudolph dalk party toe kom en vir ons op die forum verduidelik presies wat die vlak van
hulle commitment is? Ek sit self met rudolphs en dit bly vir my 'n punt van bekommernis tot so mate dat ek
begin vertroue verloor in die produk. Wanneer genoeg ouens soos ek begin voel gaan hulle dalk die mark verloor.
Of gee hulle nie om nie? kom ouens vertel ons waarom ons Rudolph moet koop.
Soos Chevvy tereg vra. "Goeie kopie?"

Ek wag in spanning.
As ek reg onthou was hulle in die verlede hier, maar ek twyfel dit nou. Dit wil voorkom dat hulle baie aktief in Amerika is, weet nie tot watter mate hulle die SA mark wil uitbyt nie. Miskien moet iemand hulle bemarker hier in SA nooi forum toe ;)

Dagsê manne,
Ek het persoonlik ondervinding en wag ek nou al 5 maande vir 'n scope wat ingegee is. Eers verskonings en onaavaarbare verduidelikings gekry en nou geen terugvoer meer nie.
Met Dolph self ook gekontak, maar met geen sukses...volgens Dolph "breek scopes maar".
Lewenslange waarborg beteken letterlik as die scope se lewe klaar is dan stop die waarborg ook! :confused:
Nihan, rep in Stellenbosch, se eerste woorde toe ek vra of hulle hom kan vervang is... "die scope is discontinue so ek kan R4500 inbetaal vir 'n nuwe een"
Ek het 'n ander Rudolph wat goed werk en ek tevrede mee is, maar vet weet, as hy breek is dit geld in water...
MFO
AIM SMALL, MISS SMALL

.22 Brno
220 Swift
243 Mod90
6.5 Creedmoor Howa
30-06 Mod90
9.3x62 Mauser
User avatar
airhunter
Hero Member
Hero Member
Posts: 545
Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm

Re: Goeie kopie?

Post by airhunter »

As dit is hoe hulle die game speel dan is ek ook maar dan klaar met die Rudolph scopies
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3127
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Goeie kopie?

Post by LUAN »

Nou toe nou kyk nou al die kritiek oor die dolphs deesdae. Gelukkig het ek myne se geld terug gekry destyds.
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Goeie kopie?

Post by Armand Steenkamp »

Ek het n vriend wat self hier op die forum is. Andries. Hy het op my aanbefeling n Rudolph scope gekoop. Kort daarne is die scope foutief. Soos ek verstaan is die eyepeice los. Rudolph wyer om die scope terug te vat of reg te maak of te vervang... Laat my sleg voel want ek het gese skoop die Dolph... Ek sal nooit een van hulle produkte weer koop nie.

Groetnis
User avatar
Monster7
Newbie
Newbie
Posts: 32
Joined: Thu Aug 10, 2017 9:38 pm

Re: Goeie kopie?

Post by Monster7 »

Armand Steenkamp wrote:Ek het n vriend wat self hier op die forum is. Andries. Hy het op my aanbefeling n Rudolph scope gekoop. Kort daarne is die scope foutief. Soos ek verstaan is die eyepeice los. Rudolph wyer om die scope terug te vat of reg te maak of te vervang... Laat my sleg voel want ek het gese skoop die Dolph... Ek sal nooit een van hulle produkte weer koop nie.

Groetnis
Presies my probleem, maar dan sê hulle mos vir jou die kruishaar sit nie in die eyepeice nie...duuhhh!! Daarna weer maak dit glo nie 'n verskil op jou focal of paralaks nie...vet weet met sulke argumente moet jy ver weg bly van opinies op scopes af. Ewe vir my 'n video v d toets gestuur...weet net nie hoe om op laai nie, anders het ek.

Sent from my S40 using Tapatalk
MFO
AIM SMALL, MISS SMALL

.22 Brno
220 Swift
243 Mod90
6.5 Creedmoor Howa
30-06 Mod90
9.3x62 Mauser
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 904
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Goeie kopie?

Post by Andre308 »

Ek het lank gedink om nie my Rudolph issues op n oop forum te deel nie, maar ek wil darm nie he nog mense moet in die muur vas loop nie.

My eerste Rudolph scope het ek so 3 jaar geskiet op my 308win. Die geweer weeg n ton, en dit nog met n silencer by. Laas jaar hierdie tyd le ek op die skietbaan, en sien dat as ek my geweer volgens die bubble level hou, dat my kruis nie regop lyk nie. Dit is toe voor n skiet wat ons bespreek het by Calvinia, en ek het toe so gaan skiet. Met elke skoot het die kruis meer gedraai, en die kruis het later soos n x gestaan.

Die scope na die skiet naweek vir hulle gaan afgooi in Stellenbosch, en n leen unit gekry. Scope is weg gestuur, en 6 maande later trug in SA, kon hulle hom nie herstel nie.

Ek het toe tot n skikking gekom met hulle waar ek die leen scope (ou demo/gebruikte scope) sou hou as vervanging vir my scope wat nie herstel kon word nie. Al rede hoekom ek dit gedoen het was oor die scope klaar op my geweer gemount was, en was nie lus vir nog n scope ruil nie. Die inbetaal op n nuwe scope wat ek nie wou betaal nie, het ook sterk bygedra.

Nie 4 maande later nie, toe vind ek dat my kruis draai as ek vergroting stel. Die center punt van die scope het wel center gebly, maar ek kon nie my wind holding punte gebruik nie, aangesien dit die heeltyd skuif met vergroting aanpassings.

Weer trug na Stellenbosch, scope af, weer nuwe leen scope, en so is dit nou. Nou seker al 6 maande later, en ek skiet nog met iemand anders se herstelde scope, met geen terugvoer of n woord van Rudolph scopes nie.

Die dag as my geld so is dat ek van die ding kan ontslae raak, dan maak ek so, en nooit is lank, maar vir daai scopes is dit n nooit weer nie!

Sent from my LG-H870 using Tapatalk
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Goeie kopie?

Post by Jake1 »

Is hierdie dieselfde manne http://rudolphoptics.com/warranty/

Dan is hulle mos skelm of het die manne nie geldige waarborg kontrakte gehad nie?
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
Heinvdwalt
Full Member
Full Member
Posts: 103
Joined: Thu Sep 29, 2016 8:11 am

Re: Goeie kopie?

Post by Heinvdwalt »

Jammer as ek n ou post weer lewendig maak. Duidelik is daar baie teenstrydige reviews/ondervindings.
Ek besit drie Rudolph teleskope. Ek het n 6-24x50 laas jaar by n forum lid gekoop en nie lank daarna hou die paralaks verstelling op met werk. Ek het dit ingegee by my naaste handelaar in middel November 2017 en 3 weke later kontak hulle my om dit te kom haal. Rudolph het dit sonder vrae omgeruil/vervang vir n splinternuwe ene. En ek het gedink ek gaan maande wag aangesien dit voor kersfees was. Ek het duidelik n aangename kersgeskenk gekry. Baie dankie.
User avatar
Steppenwolf
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 274
Joined: Sat Jun 21, 2014 5:52 pm

Re: Goeie kopie?

Post by Steppenwolf »

Dit lyk my "Rudolph" besef nou dat die SA verbruikers nogals n verskil kan maak op hul inkomste state en dat ons wel ook gehoor word wereld wyd want ons word beskou as formidabele jagetrs en sport skieters en inwoners van n land met die mees opwindende jag spesies en geleenthede op aarde! Ek haat swak diens en met Rudolph is ek klaar tot in lengte van dae. Daarshy!
"the more I practice, the luckier I get'
User avatar
Albertdwk
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Thu Nov 23, 2017 8:50 pm

Re: Goeie kopie?

Post by Albertdwk »

Het so 2 twee weke terug my gestuur, vir Nihan. Paralaks het losgekom en wou nie lekker op lae vergrotings fokus nie. Het binne 'n week 'n nuwer model ontvang. Dalk was ek die gelukkige een. Net onthou as jy 'n donkie koop kry jy nie 'n resies perd. You get what you pay for!
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Goeie kopie?

Post by Jake1 »

Na vele besprekings hieroor is ek oorreed wat om nie te doen nie.
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
Post Reply