Page 1 of 1
Hoekom verkoop jy daai custom?
Posted: Sat Oct 21, 2017 7:46 pm
by Meteor
Hoekom word daar so baie van die custom gewere verkoop deesdae, party net honderd rondtes na die bou?
Kyk ek verstaan dis n persoonlike ding en mens kan nie net een antwoord gee maar ek vind als wat met groot gewere te doen het as vreemds en het al baie gedink oor een koop...miskien n custom, wie weet? Maar dan sien ek hierdie advertensies een na die ander en wonder.
Wie het nie gedink watter kaiber hy wou he, wie het verkeerde geweersmit gekies en verkoop probleme, wie het nie sy R30 000 se akkuraatheid gekry en wil oor begin.
Ek is seker dit kan nie almal wees dat hulle net geld kort vir die volgende "net 200 skote dan bou ons weer een" geweer so hoekom is daar so baie advertensies?
Re: Hoekom verkoop jy daai custom?
Posted: Sat Oct 21, 2017 7:50 pm
by Hein M.
Sommige rykgatte kry 'n gier, laat bou 'n custom, kan nie skiet nie en verkoop dit - om 'n "meer akkurate" kaliber aan te skaf... Sad but true
Mooi aand!
Re: Hoekom verkoop jy daai custom?
Posted: Sat Oct 21, 2017 7:59 pm
by Mellies
Hein M. wrote:Sommige rykgatte kry 'n gier, laat bou 'n custom, kan nie skiet nie en verkoop dit - om 'n "meer akkurate" kaliber aan te skaf... Sad but true
Mooi aand!
Sê jy ons rykgatte kan nie skiet nie huh?
Met n vleisie...
Re: Hoekom verkoop jy daai custom?
Posted: Sat Oct 21, 2017 8:11 pm
by LoopSoosStroop
Meteor, ek wonder net so hard... Al daardie verskriklike moeite en wag, dan weer so vinnig verkoop? My grootse issue met so gun, hoe weet jy regtig hoeveel skote het hy deur? Dis gewoonlik maar loop brand kalibers ook.
Re: Hoekom verkoop jy daai custom?
Posted: Sat Oct 21, 2017 10:52 pm
by Hein M.
Mellies wrote:Hein M. wrote:Sommige rykgatte kry 'n gier, laat bou 'n custom, kan nie skiet nie en verkoop dit - om 'n "meer akkurate" kaliber aan te skaf... Sad but true
Mooi aand!
Sê jy ons rykgatte kan nie skiet nie huh?
Met n vleisie...
Darem seker nie almal nie. Skuus

Re: Hoekom verkoop jy daai custom?
Posted: Sat Oct 21, 2017 11:01 pm
by 243Songdaug
In baie gevalle is die gewag net so lank dat die skut intussen iets anders aankoop en dan kom hy so goed reg met die dat die custom onnodig raak.
In ander gevalle het die persoon vir hom iets laat bou wat totaal en al anders is as dit waarmee hy gewoonlik skiet en aan gewoond is en dan is die aanpassing te groot en besluit die persoon dan om 'n nuwe projek aan te pak.
Loopsoosstroop, ja jys nogal reg daar oor hoeveel skote werklik deur 'n loop is. Vriend van my het so tydjie terug 'n custom gekoop - gun van sy drome. Die loop het bittergoed gelyk volgens die vriend en ook die middelman. "Die oom bou alewig gewere, skiet hulle so 2 of 300 skote en dan smous hy hulle".
Die custom wou nie groep nie en uit frustrasie vra ek hom toe om my te kom kuier dat ek die wapen kan deurkyk. Het my 5 sekondes geneem om te sien dat die loop uitgeskiet is en dat iemand toe baie moeite gemaak het om die loop te poleer tot hy blink soos 'n spieël.
Dit gesê kan ek ook sê dat dit nie die norm is nie. Kry verwysings van die betrokke skut/verkoper en dan kyk jy natuurlik na die skut se laaste kompitisie fotos. Elke kompitisies waarin die betrokke wapen gebruik is behoort die verhaal te vertel
Re: Hoekom verkoop jy daai custom?
Posted: Sun Oct 22, 2017 11:17 am
by Meteor
Ek sal ook verkoop vir daai redes, dankie dat jy my onkunde bietjie stil maak Sondaug.
Groetings
Uwe
Re: Hoekom verkoop jy daai custom?
Posted: Sun Oct 22, 2017 11:14 pm
by Messor
Meteor wrote:Hoekom word daar so baie van die custom gewere verkoop deesdae, party net honderd rondtes na die bou?
Kyk ek verstaan dis n persoonlike ding en mens kan nie net een antwoord gee maar ek vind als wat met groot gewere te doen het as vreemds en het al baie gedink oor een koop...miskien n custom, wie weet? Maar dan sien ek hierdie advertensies een na die ander en wonder.
Wie het nie gedink watter kaiber hy wou he, wie het verkeerde geweersmit gekies en verkoop probleme, wie het nie sy R30 000 se akkuraatheid gekry en wil oor begin.
Ek is seker dit kan nie almal wees dat hulle net geld kort vir die volgende "net 200 skote dan bou ons weer een" geweer so hoekom is daar so baie advertensies?
Begin by die begin, daar is baie meer custom gewere vandag as vroër jare. Hoe meer daar is hoe meer sal jy verkope van hulle sien.
Daar is bitter min mense wat ‘n bakkie koop en net so gebruik.
Die ontwerrpers spandeer ‘n biljoen rand om die ding reg te ontwerp, net sodat ‘n ou wat niks van ‘n bakkie af weet die ding customize. Jy kry ook ‘n ander ou wat wel iets van voertuie af weet, wat wel die bakkie wil gebruik vir ‘n spesifieke funksie, en die regte modifikasies doen. In albei gevalle kom daai voertuig weer later te koop, en die nuwe koper wonder waarom is die ding op sale.
Die antwoord is die ding bestaan, en die vorige ou het iets nuuts gekry of verveeld met die ou een geraak. Baie mense dink ‘n custom ding is spesiaal, dis nie altyd so nie, vir baie mense is ou verweerde winkelrak geweer met baie jagte agter hom baie meer spesiaal as ‘n nuwe custom.
N custom kan dus ‘n tool of ‘n toy wees, maar albei van daai word verkoop.
Re: Hoekom verkoop jy daai custom?
Posted: Mon Oct 23, 2017 9:08 am
by Harambe
Jy kry dit met die vinnige motors ook. Die ou spandeer R15000 vir 'n kezos en sagteware, en dan 6 maande later is die ding op Gumtree. Gewoonlik in daardie geval het die gogga gebyt en die ou soek 'n beter platform sodat hy NOG vinniger kan gaan.
Ek weet nie of dit direk vergelyk kan word met die custom ouens hier nie, maar dis maar wat ek van weet.
Re: Hoekom verkoop jy daai custom?
Posted: Mon Oct 23, 2017 7:43 pm
by Andre308
Ons lewe ook in n tyd waar daar n klomp 'yuppie' manne die tyd spandeer om te soek na iets nuuts. Hulle sien n cool video van berg fiets ry, en more stap hy in n winkel, en koop n R80000 se fiets. Ry n seisoen en sien dan n cool video van kite surfing. Hy verkoop n jaar oue bergfiets vir R30000 en koop die beste kite, wet suit ens en daar gaan hy. 5 lesse by Langebaan en hy kite surf op sy eie.
En dan kyk hy die American Sniper fliek, en sien daai lang skoot. Die ou is die coolste wat nog voet in Irak gesit het...so hier gaan ons. Koop n geweer, en begin skiet... Maar almal het Remingtons, Howas en daai dinge. Ons wil cool wees, en bou n geweer. Die wag is so lank, dat die tyd wat daai geweer land, is hy al besig met die Bergrivier kanoe vaart.
En ja, daar is baie van hulle!
Sent from my LG-H870 using Tapatalk
Re: Hoekom verkoop jy daai custom?
Posted: Mon Oct 23, 2017 9:11 pm
by Rudi Fischer
Ek net praat uit my eie ervaring, Ek moes my custom verkoop en mis haar elke dag.
Maar ek skiet kleiduif en toe my haelgeweer breek was dit die vinnigste wat ek geld by mekaar kon maak om n nuwe haelgeweer te kon koop.
Sal weer presies die selfde geweer more bou as die finansies beter is.
Re: Hoekom verkoop jy daai custom?
Posted: Tue Oct 24, 2017 11:29 am
by Jake1
Dis n geldige vraag ja