Page 1 of 1
Sightron S3 6-24x50 - Verkoop Dankie
Posted: Thu Oct 19, 2017 3:30 pm
by Ben
Dagse Manne,
Hierdie is my laaste scope wat moet gaan,
Sightron SIII 6-24x50 SFP MOA2 Reticle
Scope is spinter nuut en was nog nooit op n geweer nie. Ek sal v Koper n Nylon Zero Stop skenk wat ek spaar het hier by my.
Ek soek graag R13700 ****** NUWE SCOPE KERELS
Praat met my
Benna
Re: Sightron S3 6-24x50 - Nuut !!
Posted: Fri Oct 20, 2017 8:11 am
by Ben
Vrydag Bump
Praat met my Manne ................
Re: Sightron S3 6-24x50 - Nuut !!
Posted: Fri Oct 20, 2017 8:27 pm
by Capt. Yoda
Moerse lekker scopes die, meer as genoeg vergroting en baie elevation vir daai ver skote. Eks seker Benna sal R13 990 ook vat vir hom
Re: Sightron S3 6-24x50 - Nuut !!
Posted: Sat Oct 21, 2017 9:37 pm
by Ben
Lyk my manne spaar v Kersfees......
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Sightron S3 6-24x50 - Nuut !!
Posted: Sun Oct 22, 2017 10:07 am
by Predator
Kan ons op lay-by koop

Re: Sightron S3 6-24x50 - Nuut !!
Posted: Mon Oct 23, 2017 9:49 am
by Ben
Hang af wat jy wil los as deposito...........

Re: Sightron S3 6-24x50 - Prys aangepas
Posted: Mon Oct 23, 2017 10:23 am
by LUAN
Re: Sightron S3 6-24x50 - Prys aangepas
Posted: Mon Oct 23, 2017 11:02 am
by Capt. Yoda
Moontlik maar die scope van Ben het dam n local agent wat hom back anders as daai 1 wat jy 15dae moet wag dat hy bestel word...
Re: Sightron S3 6-24x50 - Prys aangepas
Posted: Mon Oct 23, 2017 11:24 am
by Ben
Ok Luan my prys is aangepas. Oor daai link kan ek nie veel kommentaar lewer nie. Maar wat ek wel wet is jy gaan n rukkie wag vir hom. En myne het n lokale agent as iets met hom verkeerd gaan......So in ander woorde n waarborg!
Re: Sightron S3 6-24x50 - Prys aangepas
Posted: Mon Oct 23, 2017 11:47 am
by Geno
Ben jou prys is reg en R900 goedkoper as ons lysprys op produkte wat deur die lokale agent aangekoop is.
Re: Sightron S3 6-24x50 - Prys aangepas
Posted: Mon Oct 23, 2017 1:23 pm
by Sangoma (IAN)
Net soos Geno daar se.
Re: Sightron S3 6-24x50 - Prys aangepas
Posted: Mon Oct 23, 2017 1:30 pm
by JohanvB
Re: Sightron S3 6-24x50 - Prys aangepas
Posted: Mon Oct 23, 2017 1:34 pm
by JacquesT (Stompe)
Ek dink nie een van hulle sal na die verkoop iets kan slegs sê oor 'n S3 nie. Daai manne het darem ook die scopes vervang met scopes in 'n hoër klas soos Vortex Golden Eagles en in Ben se geval 'n NXS met zero stop.
Re: Sightron S3 6-24x50 - Prys aangepas
Posted: Mon Oct 23, 2017 1:49 pm
by Ben
Geno wrote:Ben jou prys is reg en R900 goedkoper as ons lysprys op produkte wat deur die lokale agent aangekoop is.
Dankie Geno.....Nou weet die manne ek vat nie n kans nie! Ek vat n redelike knock op die scope maar hy le net in my kas. En soos Jacques se ek het nog nooit enige iets sleg te se gehad van Sightron nie. Dit is bitter goeie glas vir relatief min geld. Ek gradeer net op na die volgende klas toe want ek neem my skiet redelik ernstig op. Niks van die Sightron nie kan doen nie, maar die NF is net v my n beter opsie.
Re: Sightron S3 6-24x50 - Prys aangepas
Posted: Mon Oct 23, 2017 1:51 pm
by Ben
Geno wrote:Ben jou prys is reg en R900 goedkoper as ons lysprys op produkte wat deur die lokale agent aangekoop is.
Dan laat dit mens wonder oor daai ander website met die goedkoper pryse as die lokale agente self duurder is.
Re: Sightron S3 6-24x50 - Prys aangepas
Posted: Mon Oct 23, 2017 2:20 pm
by Vlakvark Soldaat
Ben wrote:Geno wrote:Ben jou prys is reg en R900 goedkoper as ons lysprys op produkte wat deur die lokale agent aangekoop is.
Dan laat dit mens wonder oor daai ander website met die goedkoper pryse as die lokale agente self duurder is.
Presies wat ek jou daai dag vertel het... Die agente weet nie eers waar daai site se voorraad vandaan kom nie.
Re: Sightron S3 6-24x50 - Prys aangepas
Posted: Mon Oct 23, 2017 4:03 pm
by Capt. Yoda
Daar is niks fout met n Sightron nie dis baie scope vir wat jy betaal, ek wil net koel gate bq verder sien op n papier en ek wil kleiner kan stel, horses for courses. Ek gaan 10/1 weer n Sightron koop vir een van my ander gewere maar vir my 2 langafstand gewere soek ek net iets anders. Ben hou die scope en sit hom op jou 222-50 jy gaan onnodig geld verloor
Re: Sightron S3 6-24x50 - Prys aangepas
Posted: Mon Oct 23, 2017 4:20 pm
by Eugene
Johan, baie mense koop 'n S3 om mee te begin en nadat hulle kans gekry het om bietjie rond te kyk en dinge te beproef, is iets anders dalk vir hulle 'n beter opsie. Dit maak nie noodwendig die S3 sleg nie. Ek het 2 gehad en dit verkoop om ander teleskope te koop en is nou rededlik spyt daaroor. Nie dat my nuwe teleskope slegter is nie, maar die S3 is 'n "no nonsens" teleskoop waarmee mens alles kan doen wat jy wil. En dit het nog steeds vir my een van die lekkerste en beste kruishare van al die teleskope...
Re: Sightron S3 6-24x50 - Prys aangepas
Posted: Mon Oct 23, 2017 7:45 pm
by Jaco V
Ek het 2 S3 6-24 FFP scopes en een fixed power BR scope van Sightron, Ek is mal oor my scopes en sal 10/1 nooit verkoop nie maar nou dat my lading mooi skiet mis ek daai 1/8 verstelling en Zero Stop.
Ek skiet nog nie bel afstande nie maar selfs op 200m is daar meriete om in 1/8 te kan verstel as jy regtig fyn wil skiet en die geweer dit kan doen.