Page 1 of 1

Wat by die neus af?

Posted: Mon Sep 12, 2011 5:54 pm
by Johan04
Ek het die lam vanoggend gekry.Wat sal die neus so afbyt.Dit het al voorheen ook gebeur.Daar is ook ander bytmerke aan die keel area.[img width=560 height=420]http://i1116.photobucket.com/albums/k56 ... 020360.jpg[/img]

Groet

Johan

Re: Wat by die neus af?

Posted: Mon Sep 12, 2011 7:08 pm
by 300Winmag
Wat dit ook al is sal voorwaar geskiet moet word! :o :o

Re: Wat by die neus af?

Posted: Mon Sep 12, 2011 10:37 pm
by Doepie01
Johan

My beskeie mening: Draaijakkals. Ek se dit omdat ek al die ondervinding by my gehad het. Ek het n vae vermoede dat n groukat ook so kan vang.

Groete
Doepie

Re: Wat by die neus af?

Posted: Mon Sep 12, 2011 10:40 pm
by Ponkie
Johan

As ek so kyk na die ouderdom van die lam is ek ook geneig om te se, draaijakkals. Hulle is kwaai agter die kraakbeen aan. Hulle is lief om die ore ook af te kou. Ek het geen ondervinding van groukatte.

Groetnis en sterkte
Ponkie

Re: Wat by die neus af?

Posted: Tue Sep 13, 2011 7:53 pm
by Johan04
Julle dink nie dit kan miskien 'n ratel wees nie? Ek kry ook lammers wat se neus gedeelte erg gebyt is ,maar nie af soos op die foto. Die bytery gebeur ook oor die hele plaas, is draaijakkals nie ook maar gebieds gebonde nie of sal almal van hulle so byt?
Ek moet se dit is die eerste keer dat ek dit hier by my op die plaas kry.

Johan

Re: Wat by die neus af?

Posted: Tue Sep 13, 2011 8:51 pm
by pirirob
Nag se mane.
Ek sou se dit is iets wat ge leer word as ek kyk na die lam is hy nie
baie groot nie en jy se die hond of kat kon hom nie dood byt nie.
Jy moet gou plan maak matter.

LEKKER NAG.

PIRIROB.

Re: Wat by die neus af?

Posted: Wed Sep 14, 2011 9:53 am
by NICO
More julle
Ek sal se dit is n Ratel. Het dit al voorheen gesien by ons.

Re: Wat by die neus af?

Posted: Wed Sep 14, 2011 2:53 pm
by Johan04
Nico

Is jy van Upington,want ek dink ek het al jou bakkie in die dorp gesien?
Hoe kry ek 'n ratel in die hande,as dit een is.

Johan

Re: Wat by die neus af?

Posted: Wed Sep 14, 2011 6:59 pm
by Lamtjop
Johan.
n Vriend van my het al sulke gevalle by hom op lande gehad en s? dit is n geelmuishond.
Groete, hoop jy kry hom.

Re: Wat by die neus af?

Posted: Wed Sep 14, 2011 7:31 pm
by BOATS
Moernie daardie klein rooi meerkatjies uit die oog verloor nie.Ek het dit al vantevore gesien maar nie so erg soos op die foto nie.

Re: Wat by die neus af?

Posted: Wed Sep 14, 2011 9:59 pm
by Topcat
By my ook die geval al gehad en volgens my pa was dit ook rooimeerkat se kind.Weet nie of dit waar was nie,het maar net die gewoonte om die ou kerel te glo."Geelmuishond"?? Dieselfde as rooimeerkat?

Re: Wat by die neus af?

Posted: Wed Sep 14, 2011 10:01 pm
by Monrique (SJ)
Johan

As ek reg onthou is NICO van Van Zylsrus!!


Groetnis

Re: Wat by die neus af?

Posted: Thu Sep 15, 2011 4:51 am
by NICO
Johan SJ

Ja Van Zylsrus maar ek is nou op Upington. Mama het geglo sy mis die winkels te veel en as ons weer dorp toe trek dan sal sy ook swanger raak. En nou ja glo dit of nie ek is die trotse pa van n pragtige seun, 7 weke oud.  ;D ;D ;D ;D

Re: Wat by die neus af?

Posted: Thu Sep 15, 2011 5:04 am
by Gerhard
NICO wrote: Johan SJ

Ja Van Zylsrus maar ek is nou op Upington. Mama het geglo sy mis die winkels te veel en as ons weer dorp toe trek dan sal sy ook swanger raak. En nou ja glo dit of nie ek is die trotse pa van n pragtige seun, 7 weke oud.  ;D ;D ;D ;D
Baie geluk Nico!!!!

Hoop hy bring vir julle baie vreugde !!!

Re: Wat by die neus af?

Posted: Thu Sep 15, 2011 10:03 am
by Rooies
So Dis die rede dat hy so lank "missing in action" was!!

Nico baie geluk met julle seun en mag julle net voorspoed en vreugde ervaar.

Re: Wat by die neus af?

Posted: Sat Sep 17, 2011 10:41 pm
by JopieFourie
Naand almal.

Het hierdie een so paar jaar terug by ons gekry. Miskien kan die manier van eet meer lig op die onderwerp wees:

[img width=560 height=420]http://i910.photobucket.com/albums/ac30 ... age149.jpg[/img]

Re: Wat by die neus af?

Posted: Thu Dec 29, 2011 2:40 pm
by Pik
Kyk bietjie daar by my storie Wat vang my lammers? daar is foto's van hoe die ondier by my vang. Dit lyk nogal baie soos jou foto. Dit wil voorkom asof dit 'n rooijakkals is wat hier by ons kwaad doen.  Ek het klokkies by my BKB agent gekry en om so 5 skape per trop se nekke gehang en dit het sover gewerk.
Sterkte
Pik