Page 1 of 2

TIKKA T3 magasyn

Posted: Sun Oct 15, 2017 6:51 pm
by muishond
Goeie naand

Weet iemand dalk of daar metaal magasyne beskikbaar is vir Tikka t3?

Groete

Re: TIKKA T3 magasyn

Posted: Sun Oct 15, 2017 6:55 pm
by Geno
Ons mags het Vrydag geland. Ek is besig om hul aanmekaar te sit.

Re: TIKKA T3 magasyn

Posted: Sun Oct 15, 2017 7:05 pm
by Diesel Dog
muishond wrote:Goeie naand

Weet iemand dalk of daar metaal magasyne beskikbaar is vir Tikka t3?

Groete
Wat is fout met die plastiese magasyne ,het joune gebreek of raas hulle nie genoeg nie .Ek het ook in die begin my neus opgetrek vir die plastiese parte op die T3 maar vir n jag geweer werk hulle vir my baie lekker as hy vuil is gooi jy hom sommer in die skottelgoed wasser .

DD

Re: TIKKA T3 magasyn

Posted: Mon Oct 16, 2017 6:59 am
by Geno
Diesel Dog wrote: Wat is fout met die plastiese magasyne
1) Hul kapasiteit is te min vir sekere skiet dissiplines.
Ons mags is 6rd en 10rd (5 en 8 vir WSM doppe)

2) Hul laat jou nie toe om sekere kalibers teen die lande te laai met lang koeels nie. Soos bv. .223 met 75gr+ pitte en .300WSM met 190gr+ pitte.
Ons magasyne los daardie probleem op.

3) Hul is plastiek. Op 'n R15k+ geweer is dit nou nie juis wow nie.
Ons magasyne is aluminium met 'n 5 jaar waarborg.

Re: TIKKA T3 magasyn

Posted: Mon Oct 16, 2017 8:17 am
by Hercules Louw
Diesel Dog wrote: Wat is fout met die plastiese magasyne ,het joune gebreek of raas hulle nie genoeg nie .Ek het ook in die begin my neus opgetrek vir die plastiese parte op die T3 maar vir n jag geweer werk hulle vir my baie lekker as hy vuil is gooi jy hom sommer in die skottelgoed wasser .
DD
Diesel Dog, my seun het 'n T3 Super Varminter in 243 kaliber en sy tikka 5 skoot plastiek magasyn pla met voer, dit het die manier om die die tweede laaste patroon vas te knyp en nie mooi op te stoot nie en dan loop die slot bo-oor sonder om te voer. So Geno jy moet maar 'n prys maak, ons sal belang stel.

Re: TIKKA T3 magasyn

Posted: Mon Oct 16, 2017 8:31 am
by OupaZA
Geno wrote:Ons mags het Vrydag geland. Ek is besig om hul aanmekaar te sit.
;D ;D :confused: Myne ook?

Re: TIKKA T3 magasyn

Posted: Mon Oct 16, 2017 8:42 am
by OupaZA
Diesel Dog wrote:
muishond wrote:Goeie naand

Weet iemand dalk of daar metaal magasyne beskikbaar is vir Tikka t3?

Groete
Wat is fout met die plastiese magasyne ,het joune gebreek of raas hulle nie genoeg nie .Ek het ook in die begin my neus opgetrek vir die plastiese parte op die T3 maar vir n jag geweer werk hulle vir my baie lekker as hy vuil is gooi jy hom sommer in die skottelgoed wasser .

DD
Ek kry een vir die volgende redes, (223 tikka super varmiter)
- Kan nie naby lande laai nie (Skiet ook die 75gr JKL) - beperk tot 'n baie kort TPL
- Soms mis die slot die ronte as daar net 1 of 2 oor is in die magesyn (het al gegoogle en klink my dis 'n probleem by die 223), as of die spring nie sterk genoeg nie
- Glo daai aluminium magesyn gaan baie netjies lyk >:+ >:+

Groete
Emile

Re: TIKKA T3 magasyn

Posted: Mon Oct 16, 2017 8:45 am
by OupaZA
Hercules Louw wrote:
Diesel Dog wrote: Wat is fout met die plastiese magasyne ,het joune gebreek of raas hulle nie genoeg nie .Ek het ook in die begin my neus opgetrek vir die plastiese parte op die T3 maar vir n jag geweer werk hulle vir my baie lekker as hy vuil is gooi jy hom sommer in die skottelgoed wasser .
DD
Diesel Dog, my seun het 'n T3 Super Varminter in 243 kaliber en sy tikka 5 skoot plastiek magasyn pla met voer, dit het die manier om die die tweede laaste patroon vas te knyp en nie mooi op te stoot nie en dan loop die slot bo-oor sonder om te voer. So Geno jy moet maar 'n prys maak, ons sal belang stel.
Ohh lyk my dis nie net 223's wat so maak nie :-\

Re: TIKKA T3 magasyn

Posted: Mon Oct 16, 2017 9:22 am
by Antondup
Hi Geno

Wat is die koste op die magasyne wat julle het?

Ek het n 300wsm en het my magasyn bietjie gemodify om te kan werk met langer tpl maar sal nogal balang stel in een wat 5 rondtes kan vat
en wat is die spasie in die magasyn van julle? My magasyn het nou 75.65mm spasie wat net net korter is as die spasie in my aksie as die slot
terug getrek is en die volgende rondte kan laai.

Re: TIKKA T3 magasyn

Posted: Mon Oct 16, 2017 10:33 am
by Geno
Manne,
Ek sal pryse post sodra ek produkte reg het. Ek moet eers die skroefgate oop tap na hul toegegaan het tydens anodising.

Groete

Re: TIKKA T3 magasyn

Posted: Tue Oct 17, 2017 8:26 am
by hpbreiten
Geno laat weet asb. Ek soek vir T3x 300 wsm. 082 826 9058

Sent from my SM-G935F using Tapatalk

Re: TIKKA T3 magasyn

Posted: Wed Oct 18, 2017 8:18 pm
by Smit@50
Geno ek soek ook asb n 5 rondte magasyn vir 300WSM.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: TIKKA T3 magasyn

Posted: Wed Oct 18, 2017 8:28 pm
by WicusdP
Geno..... vat ook 1 vir 300WSM.....laat weer maar net sodra jy gereed is.

Re: TIKKA T3 magasyn

Posted: Sat Oct 21, 2017 12:41 pm
by HJVisagie
Ek soek 2x 5skoot of meer vir n 243 tikka


HJ Visagie
Sent from my iPad using Tapatalk

Re: TIKKA T3 magasyn

Posted: Mon Oct 23, 2017 10:07 am
by Geno
More.
Julle kan al die items en spesifikasies hier sien:
http://www.aihpa.com/Sponsor/Tikka_T3_M ... ptions.htm

Pryse as volg:
Description Selling price
223 10RD R2,090.00
223 6RD R1,970.00
308 10RD R2,310.00
308 6RD R2,220.00
6.5x55 10RD R2,460.00
6.5x55 6RD R2,340.00
30-06 10RD R2,520.00
30-06 6RD R2,350.00
Single RD Block R360.00

Getalle is baie beperk, en produkte sal op 'n first come, first served basis verkoop word.
Bestellings kan per epos of Whatsapp geplaas word.
geno@ggvarminting.co.za
0825354100

Groete

Re: TIKKA T3 magasyn

Posted: Mon Dec 31, 2018 12:31 pm
by Diesel Dog
VERKEERDE DRAAD
DD

Re: TIKKA T3 magasyn

Posted: Mon Dec 31, 2018 1:09 pm
by F.L.A.S.H
Geno
Het jy dalk foto van n 5/6 skoot wsm mag in die geweer?
Hoe ver steek hy onder uit?

Re: TIKKA T3 magasyn

Posted: Mon Dec 31, 2018 3:23 pm
by Arnold
Geno, ek sal so enkelskoot blok vat as jy nog het asb.

Re: TIKKA T3 magasyn

Posted: Mon Dec 31, 2018 9:48 pm
by Rudie
Ek sal ook 2 van die single feed blocks vat asb.

Sent from my SM-G965F using Tapatalk

Re: TIKKA T3 magasyn

Posted: Tue Jan 01, 2019 2:03 am
by Heinds
As jy 223 6 skoot het soek ek ook.

Re: TIKKA T3 magasyn

Posted: Wed Jan 02, 2019 7:34 am
by Geno
F.L.A.S.H wrote:Geno
Het jy dalk foto van n 5/6 skoot wsm mag in die geweer?
Hoe ver steek hy onder uit?
Hul is uit en ek is onseker of of wanneer ons weer gaan inkry Maat.

Re: TIKKA T3 magasyn

Posted: Wed May 01, 2019 10:29 am
by Smit@50
Heno het jy dalk nog 5 skoot magasyne vir Tikka 300WSM ?


Sent from my iPhone using Tapatalk Pro

Re: TIKKA T3 magasyn

Posted: Wed May 01, 2019 10:58 am
by Basie2
Geno, wie kan my help met steyr pro hunter in 6.5x55 vir of extra magasyn (4skoot) of meer kapasiteit een, asb.


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: TIKKA T3 magasyn

Posted: Thu May 02, 2019 8:07 am
by Geno
Smit@50 wrote:Heno het jy dalk nog 5 skoot magasyne vir Tikka 300WSM ?

Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Ongelukkig nie.

Basie2 wrote:Geno, wie kan my help met steyr pro hunter in 6.5x55 vir of extra magasyn (4skoot) of meer kapasiteit een, asb.
Sent from my iPad using Tapatalk
Ek weet nie van enige aftermarket produkte nie.

Re: TIKKA T3 magasyn

Posted: Thu May 30, 2019 4:05 pm
by PierrieT
Geno,

Jy kan nie dalk help met ‘n 10 skoot magesyn vir die volgende:

Tikka T3 223
Tikka T3 243 Win

Groete
Pierrie