Page 1 of 1

Tikka Vs. Savage Keuse

Posted: Mon Oct 09, 2017 1:59 pm
by toelie
Manne

Net gou n bietjie hulp dalk oor die besluit. Ek is in die mark om nog n 243 te koop en hom uit te sny na n 6 XC toe. My keuse in gewere le tussen die Tikka Super Varmint of die Savage Vlp S/S laminate.

Die Tikka weet ek sal briljant funksioneer vir dit maar die Savage het klaar n goeie kolfie op en n bietjie langer loop. Ek het wel geen ondervinding met die Savage nie en is maar skrikkerig vir hulle na Armand se storie met sy WSM.

Enige manne met ondervinding in beide die spane sal ek opreg waardeer as julle insette gedeel word.

Groete

Re: Tikka Vs. Savage Keuse

Posted: Mon Oct 09, 2017 2:01 pm
by Supacow
Tikka smooooth

Re: Tikka Vs. Savage Keuse

Posted: Mon Oct 09, 2017 2:03 pm
by joe rocket
Tikka al die pad. Gaan voel die Tikka se slot en dan gaan voel jy die Savage se slot dan besluit jy self.

Re: Tikka Vs. Savage Keuse

Posted: Mon Oct 09, 2017 2:33 pm
by toelie
Het met beide in my hand gestaan. Dit is juis hoekom ek hulle voordele teen mekaar op weeg en waar die twyfel in kom.

Re: Tikka Vs. Savage Keuse

Posted: Mon Oct 09, 2017 3:46 pm
by Finder20
Ek sal se Tikka al die pad, nog nie gehoor van n Tikka wat nie akkuraat is nie... :)

+1 Tikka

Re: Tikka Vs. Savage Keuse

Posted: Mon Oct 09, 2017 3:54 pm
by tripodmvr
Feite:-

1. So 10 na 15 jaar gelede was die Savage maak 'n "budget" geweer.

Re: Tikka Vs. Savage Keuse

Posted: Mon Oct 09, 2017 4:30 pm
by LUAN
tripodmvr wrote:Feite:-

1. So 10 na 15 jaar gelede was die Savage maak 'n "budget" geweer.
Netso die howas of nogsteeds vandag en kyk hoe word hulle geloof.

Baie savages wat mooi skiet en baie van hulle aksies word gebruik om n custom roer te bou.

Net omdat n paar manne probleme gehad het met hulle savages en sabattis beteken dit dis n slegte maak?

Ek besit wel n TikkaImage

Re: Tikka Vs. Savage Keuse

Posted: Mon Oct 09, 2017 4:34 pm
by HoggerNaut
Tikka al die pad as dit ek was.

Re: Tikka Vs. Savage Keuse

Posted: Mon Oct 09, 2017 5:01 pm
by Armand Steenkamp
LUAN wrote:
tripodmvr wrote:Feite:-

1. So 10 na 15 jaar gelede was die Savage maak 'n "budget" geweer.
Netso die howas of nogsteeds vandag en kyk hoe word hulle geloof.

Baie savages wat mooi skiet en baie van hulle aksies word gebruik om n custom roer te bou.

Net omdat n paar manne probleme gehad het met hulle savages en sabattis beteken dit dis n slegte maak?

Ek besit wel n TikkaImage
Van hoefeel Tikkas het jy al gehoor wat nie wil skiet nie? Ek weet van n paar Savages.

Toelie , ja ek weet nie wat om te se nie. Maar as ek als vanvoor af moet doen dan sal ek die Tikka vat. Dis n vreeslike sleg gevoel as man later alle probeer het en die roer wil nogsteeds nie skiet soos hy moet nie.

Groetnis

Re: Tikka Vs. Savage Keuse

Posted: Mon Oct 09, 2017 5:30 pm
by Gian_dP
toelie wrote:Manne

Net gou n bietjie hulp dalk oor die besluit. Ek is in die mark om nog n 243 te koop en hom uit te sny na n 6 XC toe. My keuse in gewere le tussen die Tikka Super Varmint of die Savage Vlp S/S laminate.

Die Tikka weet ek sal briljant funksioneer vir dit maar die Savage het klaar n goeie kolfie op en n bietjie langer loop. Ek het wel geen ondervinding met die Savage nie en is maar skrikkerig vir hulle na Armand se storie met sy WSM.

Enige manne met ondervinding in beide die spane sal ek opreg waardeer as julle insette gedeel word.

Groete
Waarvoor gaan jy die geweer gebruik?

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Tikka Vs. Savage Keuse

Posted: Mon Oct 09, 2017 7:07 pm
by Vleisie
My 2c

Ek het toe ek gekoop het ook met die vraag gesit, Tikka of Savage en op die uiteinde van die dag het ek met Savage gegaan. Sy aksie is vir my net so glad soos die van die Tikka, maar in dieselfde asem voel die Savage aksie vir my meer stabiel. En die hele pakket het my net oortuig. Maar met die huidige prys van Savages teen die Tikka sal die Tikka darm bietjie sagter op die beursie wees.

Re: Tikka Vs. Savage Keuse

Posted: Mon Oct 09, 2017 7:15 pm
by Berra .204
Net om alles deurmekaar te maak.
Habitat Africa Verkoop Howa 6xc wat klaar oorgesny is...

Re: Tikka Vs. Savage Keuse

Posted: Mon Oct 09, 2017 7:36 pm
by acssa
100% Tikka. Ek het n paar Tikkas en n paar Savage VLP's....

Re: Tikka Vs. Savage Keuse

Posted: Mon Oct 09, 2017 8:05 pm
by Diesel Dog
Berra .204 wrote:Net om alles deurmekaar te maak.
Habitat Africa Verkoop Howa 6xc wat klaar oorgesny is...
Ek is self Tikka Fan maar vertel meer van die Howa 6xc op n ander draad as dit moet.

DD

Re: Tikka Vs. Savage Keuse

Posted: Mon Oct 09, 2017 8:05 pm
by Arnold
Diesel Dog wrote:
Berra .204 wrote:Net om alles deurmekaar te maak.
Habitat Africa Verkoop Howa 6xc wat klaar oorgesny is...
Ek is self Tikka Fan maar vertel meer van die Howa 6xc op n ander draad as dit moet.

DD
Asb ja

Re: Tikka Vs. Savage Keuse

Posted: Mon Oct 09, 2017 8:50 pm
by Dale SH

Re: Tikka Vs. Savage Keuse

Posted: Mon Oct 09, 2017 9:05 pm
by Capt. Yoda
Berra .204 wrote:Net om alles deurmekaar te maak.
Habitat Africa Verkoop Howa 6xc wat klaar oorgesny is...

Kan jou liksens proses baie makliker maak

Re: Tikka Vs. Savage Keuse

Posted: Mon Oct 09, 2017 9:08 pm
by Diesel Dog
Thanks Dale if that was a 1-8 243 I would be all over it .

DD

Re: Tikka Vs. Savage Keuse

Posted: Mon Oct 09, 2017 10:09 pm
by Arnold
Daar is 6XC in die sleutelwoorde maar mens kan nie n 6XC Howa op daai skakel koop nie.

Re: Tikka Vs. Savage Keuse

Posted: Tue Oct 10, 2017 6:17 am
by toelie
Gian_dP wrote:
toelie wrote:Manne

Net gou n bietjie hulp dalk oor die besluit. Ek is in die mark om nog n 243 te koop en hom uit te sny na n 6 XC toe. My keuse in gewere le tussen die Tikka Super Varmint of die Savage Vlp S/S laminate.

Die Tikka weet ek sal briljant funksioneer vir dit maar die Savage het klaar n goeie kolfie op en n bietjie langer loop. Ek het wel geen ondervinding met die Savage nie en is maar skrikkerig vir hulle na Armand se storie met sy WSM.

Enige manne met ondervinding in beide die spane sal ek opreg waardeer as julle insette gedeel word.

Groete
Waarvoor gaan jy die geweer gebruik?

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Veldskiet backup roer en jakkals geweertjie

Re: Tikka Vs. Savage Keuse

Posted: Tue Oct 10, 2017 6:20 am
by toelie
Berra .204 wrote:Net om alles deurmekaar te maak.
Habitat Africa Verkoop Howa 6xc wat klaar oorgesny is...
Daar is n shop in die kaap ook as ek dit nie mis het nie wat ook die 243 vat en uit sny na XC toe en dan kan jy aansoek doen op XC klaar.

Ekt reeds een howatjie en soek nie nog nie, anders was dit die maklikste en eenvoudigste oplossing

Re: Tikka Vs. Savage Keuse

Posted: Tue Oct 10, 2017 10:52 am
by Gian_dP
toelie wrote:
Veldskiet backup roer en jakkals geweertjie
Ek het nie self een van die twee nie, maar het al met beide geskiet. Almal wat ek mee te doen gehad het, skiet gemaklik onder 1 MOA.

Pro-VLP gaan jou bietjie meer spoed gee met die 2" ekstra loop, sal waarskynlik 105gr kan skiet bo in Gauteng met die effens vinniger twist loop.

Con-Twee skietmaats moes verstelbare wangstukke op albei hulle vlp's gesit om goeie cheek weld te kry. Een sukkel baie met voer uit sy magasyn onder veldskiet toestande. Kan ook net 4 koeels laai. Ander bottom metal of groter magasyne baie moeilik om in die hande te kry.

Pro-Tikka se sneller is vir my beter, magasyn hou 5 en kan baie makliker ander magasyne/ bottom metal ens kry.
Con- Gaan waarskynlik kolf wil vervang.

Ek sou persoonlik Tikka vat- kolf soos hy is sal werk, meer " aftermarket" parte en magasyn kapasiteit .

Re: Tikka Vs. Savage Keuse

Posted: Tue Oct 10, 2017 11:04 am
by toelie
Dankie Gian

Ek glo ek gaan maar eerder dan die Tikka vat en weet dan het ek n roer wat gooi uit die woord GO uit.
Dankie vir julle manne se insette waardeer

Groete

Re: Tikka Vs. Savage Keuse

Posted: Tue Oct 10, 2017 11:53 am
by Armand Steenkamp
Toelie ek dink jy maak die regte keuse.

Re: Tikka Vs. Savage Keuse

Posted: Tue Oct 10, 2017 1:21 pm
by Diesel Dog
Arnold wrote:
Daar is 6XC in die sleutelwoorde maar mens kan nie n 6XC Howa op daai skakel koop nie.
Het vanoggend bevestig daar is 6xc beskikbaar 24"1-10 twist. Herkamer gedoen deur geakkrediteerde smid voor wapen op handelaars voorraad geregistreer was ,die hele process was blykbaar nie sonder sy administratiewe uitdagings nie .

DD

Het nou eers gesien Bera 204 het op ander draad geantwoord http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=31&t=60844