Page 1 of 1

Nuwe lid.

Posted: Sun Oct 08, 2017 11:21 am
by Raditipa
Goeie dag aan al die Jaracallers.
Ek is al vir n wyle n lid maar het nog nooit ge post nie. Die forum was nog altyd vir my n lekker plek om biekie inligting en advies te kry, al was dit net deur om ander manne se stories en ervaringe te lees.
Ek is van PTA maar werk reg oor die wereld in die Hoender bedryf. Ek het vir 10 jaar toeriste deur Suid en Oos Afrika rond gery en was baie bevooreg om n Groot deel van ons mooi kontinent te kon sien.
Ek is n kranige jagter en herlaaier. Ek laai tans vir 20 kaliebers en sien uit om sommer nog baie by al die manne hier te leer.

Re: Nuwe lid.

Posted: Sun Oct 08, 2017 11:30 am
by Heinz Petersen
Baie welkom en mag jy nog n geruime tyd deel wees van Jaracal.

Re: Nuwe lid.

Posted: Sun Oct 08, 2017 12:04 pm
by Raditipa
Dankie Heinz. Ek glo dinge gaan lekker gaan hier.
Ek moet nog net biekie die “post en reply” ding uit figure.

Re: Nuwe lid.

Posted: Sun Oct 08, 2017 12:12 pm
by Aceofspades
Welkom hier. Ek het baie geleer tussen al die spek skietery deur. Vir watter kalibers laai jy?

Kriek

Re: Nuwe lid.

Posted: Sun Oct 08, 2017 3:06 pm
by Raditipa
Dag Kriek
Sorry die reply’s vat n tydjie, ek is tans in Saudi Arabia en my internet is maar stadia. Ek doen als van my foon af en die “een vinger” tik is maar stadig. Ek laai al my en my broer se wapens
Daar is, 17Rem, 223, 22-250, 260, 6.6x55, 7x64, 7mm Rem, 308, 300WSM, 375H&H, 375Ruger, 450-400’3, 45-70Govt, 9mm, 40S&W, 44Rem en 270 en 30-06 vir pelle.

Re: Nuwe lid.

Posted: Sun Oct 08, 2017 3:30 pm
by Aceofspades
Dis 'n lekker fris lys wat jy daar het. Sterkte daar in Saudi en die een vinger tik

Kriek

Re: Nuwe lid.

Posted: Sun Oct 08, 2017 3:53 pm
by Raditipa
Dankie meneer.
Dis regtig nie die lekkerste plek om te werk nie maar teminste is dit werk.
Net n vraag, is dit Kriek van Kriek monolithic Bullets?

Re: Nuwe lid.

Posted: Sun Oct 08, 2017 4:43 pm
by Aceofspades
Warm, winderig en seker stowwerig neem ek aan. Ja, dis ek daai. Die kriek en die koëel.

Kriek

Re: Nuwe lid.

Posted: Sun Oct 08, 2017 4:54 pm
by Raditipa
In Junie/Julie het ek 52 grade gemeet in die dag. Dis taai maar die ergste was die aande!! Dit was so 35 in die nag!! Jy wil nie weet oor die stof nie!! Ek moes in Augustus my werk staak vir drie daë oor n stof storm !!
Van die os op die jas, ek is in die proses om my 22-250 se loop te vervang na n 1-8 toe. As ek reg onthou het jy n 62gr .224 koeël. Ek weet die mono’s is altyd lank, sal hy stabilize in n 1-8?

Re: Nuwe lid.

Posted: Sun Oct 08, 2017 5:02 pm
by Aceofspades
Jojo. Dit klink vir my te veel na vrek brand en ongemaklik wees. Ons dink hier in die Vrystaat is hier stof, maar ek het al videos gesien van Shamaal's wat 'n kar sal laat lyk of hy deur 'n sandblaster is.

Ek sal jou later PM met meer inligting daaroor. Ek is nie nou by die huis voor die komper met al my data nie. Sover ek kan onthou sal jy met die 1:8 swaarder as 70gr kan stabiliseer.

Kriek

Re: Nuwe lid.

Posted: Sun Oct 08, 2017 5:08 pm
by PWV
Welkom hier, Raditipa, behalwe as dit jy is vat die voëlgriep versprei!!! ???

Re: Nuwe lid.

Posted: Sun Oct 08, 2017 5:27 pm
by Raditipa
Dankie PWV
Nee jong ek is darm vêr van die griep af maar ek weet van n klompie plase wat getref is met die siekte! Dit het efektief al my werk gestop in SA. Ek hou maar net duim vas vir die boere! Daar is manne wat baie verloor het! Hopelik sort die somer hitter die virus uit!

Re: Nuwe lid.

Posted: Mon Oct 09, 2017 2:53 pm
by Plaashaas
Baie welkom.

Manne met 270's kan nie pelle wees nie, dis net ouens wat mens ken (nie uit vrye wil nie)

Re: Nuwe lid.

Posted: Mon Oct 09, 2017 3:33 pm
by Raditipa
Plaashaas wrote:Baie welkom.

Manne met 270's kan nie pelle wees nie, dis net ouens wat mens ken (nie uit vrye wil nie)
:laugh: dankie plaashaas.
Lekker lag ek nou! Ek ken darm nie baie van hulle nie, en teminste 50% van hulle is darm do 50% okay.

Re: Nuwe lid.

Posted: Tue Oct 10, 2017 7:22 pm
by CJNaude
Baie welkom


Sent from my iPhone using Tapatalk