Page 1 of 1

Watter slagdop

Posted: Sun Sep 11, 2011 8:34 pm
by Fanie Nel
Goeie naand

Ek wil net graag hoor watse slagdop ek vir 300wsm moet gebruik.
CCI 200 LARGE of
CCI 250 MAGNUM
Watter een gaan die beste werk saam 365 kruit

Groete Fanie Nel

Re: Watter slagdop

Posted: Sun Sep 11, 2011 8:37 pm
by tripodmvr
As jy na meer as 60 gr kruit gaan sal ek Magnum gebruik. Ek sal ook nie S361 en S385 as dryfmiddel versmaai nie en ook met hulle eksperimenteer. Gebruik by hulle ook die magnum slagdop.

Re: Watter slagdop

Posted: Sun Sep 11, 2011 8:41 pm
by Witpietskiet
Fanie,

Ek gebruik CCI 200 large saam met S365.
Moet ook by s? ek ook nog nie iets anders rerig probeer nie want die kombinasie werk vir my baie goed.

Mooi loop

Re: Watter slagdop

Posted: Sun Sep 11, 2011 9:07 pm
by Fanie Nel
Dankie  vir die vinnige terug voer trip en witpietskiet

Re: Watter slagdop

Posted: Mon Sep 12, 2011 8:23 pm
by JACQUES BOTHA
Fanie
Die magnum sal beter werk vir jou WSM.
Daar is 2 ouens wat ek van weet wat hom skiet Christo en Daan hier in Bloem, so as jy die beter raad wil he kan jy met enige eenvan die 2 gesels..
Jacques.

Re: Watter slagdop

Posted: Mon Sep 12, 2011 8:35 pm
by Fanie Nel
Dankie Jacques

Re: Watter slagdop

Posted: Mon Sep 12, 2011 8:38 pm
by Pvdw
Rule of thumb as dit kom by slagdoppies.

Alle bal dryfmiddel, ongeag die hoeveelheid - Magnum slagdop
Staaf dryfmiddel tot en met 60gr - Standaard slagdop
Staaf dryfmiddel meer as 60gr -  Magnum slagdop

So het ek op die forum geleer. Help my reg as ek verkeerd geleer het.

Peet

Re: Watter slagdop

Posted: Tue Sep 13, 2011 7:42 am
by Wouter Roets
Hallo Manne

Weereens net iets om oor te dink. Die keuse van primer is nie so eenvoudig as die hoeveelheid dryfmiddel wat gebruik word nie. Daar is so paar faktore om in ag te neem. Met die meeste ladings streef n mens na 100% dopfulling en baie keer met die gebruik van n Magnum(sterker) primer verlaag dit die dopfullings persentasie. In hierdie gevalle sal ek eers die normale primer gebruik en as daar redelike ES bestaan tussen skote oorslaan na die Magnum primer toe en dan kyk of dit die ES afbring.

Die 300 WSM het n 101% dopfulling met 66gr S365(standaard primer) so dit is perfek. So gebruik eers n normale primer en as die akkuraadheid nie na gelang is nie slaan oor na n Magnum primer. Vanwee die vet dop en duk poeier kolom is die WSM en RUSM baie keer liewer vir warmer primers. Meskien is iets soos PMP se gewone Large Rifle Primer die antwoord want sy energievlakke is tussen CCI200 en CCI250. Dalk die beste kompromie.

Hou asb in gedagte dat ladings met so twee gr verlaag moet word indien n sterker primer na oorgeslaan word.

Groetnis
Wouter

Re: Watter slagdop

Posted: Thu Sep 15, 2011 10:40 pm
by Fanie Nel
hello Wouter
baie dankie vir die raad sal eers standaard primer probeer en dan die ander indien nodig
Groete