Page 1 of 1

223 doppe kraak

Posted: Tue Oct 03, 2017 7:17 pm
by HunterB
Naand almal,

Wat kan veroorsaak dat die doppe so breuk?
Dit is Hornady doppe wat seker so +-4/5 geskiet is, ek het hulle gegloei na amper elke keer wat ek hulle laai.

Die regter kantste dop is n PMP dop wat 2keer gelaai is

Re: 223 doppe kraak

Posted: Tue Oct 03, 2017 7:21 pm
by GVC86
http://blog.westernpowders.com/2015/07/ ... and-cures/

Sent from my SM-G610F using Tapatalk

Re: 223 doppe kraak

Posted: Tue Oct 03, 2017 7:22 pm
by HunterB
Ek laai n sierra 65gr punt met 24.7gr S321 met TPL van 57mm. Kamer lengte is 60.25mm maar magesyn laat my net toe om 57.5mm te laai.

Kan dit kopspasie wees of dalk ladings wat nie reg is nie?

Re: 223 doppe kraak

Posted: Tue Oct 03, 2017 7:27 pm
by Rudie
Doppe wat daar breek kan dalk kopspasie wees. As 'n dop egter in 'n kamer gevuur is en die skouers word nie te veel terug gedruk elke keer as die dop gevorm word nie dan behoort case head seperation nie 'n probleem te wees nie.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk

Re: 223 doppe kraak

Posted: Tue Oct 03, 2017 7:34 pm
by Gawie(13mm)
Kopspasie meet van die basis van die dop of dan die gesig van die slot tot waar die skouer teen die kamer voor raak.

PMP doppe is baie hard en die nekke se wand diktes oneweredig. Indien jy net jou vollengte matrys gebruik, druk jy die skouer elke keer terug en dan wanneer jy die matrys uittrek, rek die "expander" die dop in sy lengte. Met die skiet slag rek die dop dan weer verder omrede die dop agv. sy hardheid nie vinnig genoeg uitsit om teen die kamer se wande vas te skop nie.

Daar waar hy afbreek is die dunste en swakste deel van die dop.

Re: 223 doppe kraak

Posted: Wed Oct 04, 2017 7:35 am
by Jean Marais
Watse fabrikaat gee jou die probleem? Ek het op my 375 dieselfde probleem met Hornady doppe ervaar. Hulle het vir my baie bros voorgekom, toe ek hulle teruggesny het na lengte. Die snysels was meer soos skilfers as wat dit stringetjies was. Weggedoen met hulle, oorgeslaan na my norma doppe toe en die einde van die probleem.

Maak egter seker dat jy die matrys korrek opstel, sodat jy die doppe net gedeeltelik terugdruk, net genoeg om die skouer van die dop ongeveer 2-3thou terug te druk. Dan hoort dit enige kopspasie moeilikheid ook aan te spreek.
Kopspasie.jpg

Re: 223 doppe kraak

Posted: Wed Oct 04, 2017 8:01 am
by HunterB
Dit is die Hornady doppe wat my die probleem gee. Wil Lapua doppe gebruik maar wil nie met hulle skiet as ek hulle ook gaan seermaak nie, dus hoekom ek maar eers raad vra.

Baie dankie

Re: 223 doppe kraak

Posted: Wed Oct 04, 2017 8:03 am
by swc-tr
+1 wat Jean hierbo aanbeveel.

Met verskillende fabrikaat doppe, moet jy een stap verder gaan, stel die vollengte matrys in vir elke fabrikaat dop wat jy gebruik.
Soos genoem, PMP is gewoonlik harder as meeste ander fabrikaat doppe, dus as jou matrys vir PMP doppe opgestel is om die skouers 2 thou terug te druk, gaan jy ander sagter fabrikaat doppe se skouers meer terugdruk, en groot "kopspasie" veroorsaak, wat lei tot case seperations soos hierbo.
Hierdie is nog 'n rede hoekom doppe nie gemeng moet word nie.

Kry vir jou goeie meettoerusting om te bepaal hoeveel jy die skouers terugdruk tydens sizing, hier is voorbeeld daarvan:
Case headspace measurement.jpg

Re: 223 doppe kraak

Posted: Wed Oct 04, 2017 11:36 am
by Hercules Louw
Gawie(13mm) wrote: PMP doppe is baie hard en die nekke se wand diktes oneweredig. Indien jy net jou vollengte matrys gebruik, druk jy die skouer elke keer terug en dan wanneer jy die matrys uittrek, rek die "expander" die dop in sy lengte. Met die skiet slag rek die dop dan weer verder omrede die dop agv. sy hardheid nie vinnig genoeg uitsit om teen die kamer se wande vas te skop nie.
Daar waar hy afbreek is die dunste en swakste deel van die dop.
+1 vir die inligting wat Jean en Schalk gegee het..

Gawie, die probleem is nie aan PMP doppe verwant nie en die korrekte beskrywing vir die proses word hieronder baie mooi in die foto's uit Hornady se 8ste uitgawe van hulle herlaaiboek beskryf.

In kort, die dop se kopspasie is korter as die van die kamer.
Wanneer die slagpen die slagdop tref word die hele ronde vorentoe gestoot totdat die skouer van die dop teen die kamer druk.
Intussen ontbrand die dryfmiddel en die druk laat die dop uitswel totdat dit oral teen die wande van die kamer vasdruk.
Die enigste plek wat nie ondersteun word nie is die basis van die dop waar die slagpen dit vorentoe gestoot het weg vanaf die slot se gesig.
Die dop rek dus na agtertoe net daar waar die kamer begin totdat dit teen die gesig van die slot stop.
Die beskrywing en sketse in die fotos hieronder verduidelik die proses baie mooi en 'n mens kan duidelik sien waar die dop dunner word totdat dit na 'n paar keer sal afbreek.
1 Hornady.jpg
2 Hornady.jpg
3 Hornady.jpg