Page 1 of 1

Knaldemper

Posted: Wed Sep 27, 2017 12:20 pm
by jooste
Goeie middag.

Ek wil n knaldemper op my 7x64 brenneke monteer.

Het wyd gelees en stel belang in:

CMG RECOIL REAPER

Het enige iemand dalk ervaring van hierdie model.

Hoor graag van julle.

Jaggroete

Nico Jooste

Re: Knaldemper

Posted: Wed Sep 27, 2017 12:43 pm
by Jan Meiring
Kyk in nuutste SA Jagters tydskrif waar hulle al die knaldempers getoets het en 'n aanbeveling maak

Re: Knaldemper

Posted: Wed Sep 27, 2017 1:00 pm
by jooste
Dankie, ek het die artikel gelees. Daar is baie goeie data in die artikel. Ongelukkig het die CMG nie deel uitgemaak van die toetse nie en ek soek spesifieke terugvoer/inligting/ondervinding oor die CMG.

Re: Knaldemper

Posted: Wed Sep 27, 2017 1:21 pm
by Klein Chris
Werk lekker op my 30-06

Re: Knaldemper

Posted: Wed Sep 27, 2017 2:37 pm
by Chevvy SS
Het verlede naweek my eerste skote met my nuwe RR geskiet; uitstekend.

Re: Knaldemper

Posted: Thu Sep 28, 2017 10:01 am
by Koos Barnard
Mense ons het geen aanbevelings gemaak oor enige knaldempers nie. Ons het ook nie almal op die mark getoets nie. Die toets is eintlik begin deur Sus-Tac. Hulle het 'n paar vervaardigers se knaldempers saamgebring om dit met hulle s'n te vergelyk. Ek het nie geweet wie se knaldempers almal ingesluit sou wees tot die oggend wat hulle die knaldempers uitgepak het nie. Volgens Sus-Tac het hulle al die knaldempers GEKOOP en nie ontvang van mense wat hulle uitgenooi het om deel te wees van die toetse nie. Let wel, dat jy nie appels met appels vergelyk wanneer jy knaldempers toets nie want omtrent almal se lengte, gewig en deursnee asook die samestelling van die baffles binne-in die knaldempers verskil. Dis waarom ons foto's van almal geneem het en in die tabel die gewig van elke knaldemper bygesit het. Jy moet dus self jou afleidings gaan maak uit die tabel wat heel eenvoudig is. Wil jy die heel stilste knaldemper koop en ene wat die meeste terugskop wegneem, koop dan die grootste, swaarste een (VERGELYK AL DIE GROOT, SWAAR KNALDEMPERS MET MEKAAR EN ONTHOU: SLEGS MITS ALMAL SE BINNEWERKE DIESELFDE IS SAL JY DIESELFDE RESULTATE KRY). Die kruks van die saak is dus wanneer jy knaldempers vergelyk om na al die feite voor jou te kyk en dan 'n ingeligte besluit te maak. Ek het geen aanbeveling gemaak na aanleiding van die toetse nie. Bestudeer al die feite in die tabel en besluit dan wat vir jou toepassing die beste sal werk.
Mooi loop

Re: Knaldemper

Posted: Thu Sep 28, 2017 11:15 am
by ruaanb
Dankie Koos ek sien daar is n groot gehuilery op sosiale media oor die toets.

Sent from my SM-G900F using Tapatalk

Re: Knaldemper

Posted: Thu Sep 28, 2017 11:21 am
by Ben
ruaanb wrote:Dankie Koos ek sien daar is n groot gehuilery op sosiale media oor die toets.

Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Ag Ruaan sosiale media huil gewoonlik oor iets......

Re: Knaldemper

Posted: Thu Sep 28, 2017 12:01 pm
by jooste
Dankie Koos.

100% MET JOU.

Daarom het ek spesifiek terugvoer gevra van persone wat ondervinding het met die CMG en nie gevra vir enige vergelykings nie. Ongelukkig is dit maar wat jy ook kry wanneer jy so n versoek soos myne plaas.

Dankie in elk geval vir die toets wat julle gedoen het. Dit voorsien waardevolle inligting.

NOU HERHAAL EK MY EERSTE VESOEK SOOS HIERBO:

Ek wil n knaldemper op my 7x64 brenneke monteer.

Het wyd gelees en stel belang in:

CMG RECOIL REAPER

Het enige iemand dalk ervaring van hierdie model.

Hoor graag van IEMAND WAT SPESIFIEK HIERDIE MODEL GEBRUIK.

Jaggroete

Nico Jooste