Page 1 of 2

keuse van teleskoop

Posted: Wed Sep 27, 2017 11:16 am
by kapteinoubaas
More

Ek is seker al die 1000e ou wat hierdie vraag vra. Wat sal jul aanbeveel om aan te skaf (keuses hieronder) en wat is jou rede? Gestel die teleskope kos presies dieselfde met min of meer dieseflde specs (vir 338 wm). Ek jag nie sommer meer as 1 x p jaar nie.

Vortex
Lynx lx3
Burris
Zeiss?

Dankie

Oubaas

Re: keuse van teleskoop

Posted: Wed Sep 27, 2017 11:18 am
by joe rocket
Almal is goed koop die een wat jy kan bekostig.

Re: keuse van teleskoop

Posted: Wed Sep 27, 2017 11:19 am
by Plaashaas
Vortex vir hul "no-nonsense" waarborg.

Re: keuse van teleskoop

Posted: Wed Sep 27, 2017 11:20 am
by Eugene
Plaashaas wrote:Vortex vir hul "no-nonsense" waarborg.
Ek weet van ten minste een ou wat anders voel oor daai "no-nonsense" waarborg..... :(

Re: keuse van teleskoop

Posted: Wed Sep 27, 2017 11:28 am
by Hein22
Eugene, was dit terugvoer vanaf die maatskappy (vortex) self of die plaaslike agent / handerlaar?

Re: keuse van teleskoop

Posted: Wed Sep 27, 2017 11:29 am
by Plaashaas
Eugene wrote:
Plaashaas wrote:Vortex vir hul "no-nonsense" waarborg.
Ek weet van ten minste een ou wat anders voel oor daai "no-nonsense" waarborg..... :(
Vertel bietjie. Ek hoor nog altyd net goeie goed van vortex se after sales service.

My Nikon op my AR het vog in gekry... vat hom Nikon toe en sal die klein snotkop by repairs wragtig vir my vertel dit is n cheap scope (R12k) en hy dink ek het met hom in die reen geskiet (Ek het, en wat maak dit saak). Lang storie en laaaang woorde later het hul die scope reg gemaak. Sy ore het amper gebrand.

Re: keuse van teleskoop

Posted: Wed Sep 27, 2017 11:35 am
by VLAMGAT
Oubaas,kry vir jou n LEUPOLD.
Beste kwalitiet teen die beste prys.uitstekende waarborg.
Kan recoil vat met goeie eye relief.

Re: keuse van teleskoop

Posted: Wed Sep 27, 2017 11:39 am
by Eugene
Hein22 wrote:Eugene, was dit terugvoer vanaf die maatskappy (vortex) self of die plaaslike agent / handerlaar?
Plaaslike agent, soos ek verstaan het.....

Re: keuse van teleskoop

Posted: Wed Sep 27, 2017 11:44 am
by Hein22
Eugene wrote:
Hein22 wrote:Eugene, was dit terugvoer vanaf die maatskappy (vortex) self of die plaaslike agent / handerlaar?
Plaaslike agent, soos ek verstaan het.....
Neewat in daardie geval epos ek die maatskappy self, ek glo hulle sal nie te vinde wees daarvoor nie. Daardie waarborg is soos plaashaas sê, die rede hoekom so baie met Vortex gaan.

Re: keuse van teleskoop

Posted: Wed Sep 27, 2017 11:47 am
by EtienneA
Plaashaas wrote:Vortex vir hul "no-nonsense" waarborg.
+1

Re: keuse van teleskoop

Posted: Wed Sep 27, 2017 1:20 pm
by Vleisie
Ek het al baie met Andrew Whysall van Whylo(Vortex invoerder) gepraat, die diens van hom af sal maak dat ek altyd 'n Vortex man bly.

Re: keuse van teleskoop

Posted: Wed Sep 27, 2017 6:14 pm
by Hercules Louw
kapteinoubaas wrote:More

Ek is seker al die 1000e ou wat hierdie vraag vra. Wat sal jul aanbeveel om aan te skaf (keuses hieronder) en wat is jou rede? Gestel die teleskope kos presies dieselfde met min of meer dieseflde specs (vir 338 wm). Ek jag nie sommer meer as 1 x p jaar nie.

Vortex
Lynx lx3
Burris
Zeiss?

Dankie

Oubaas
Oubaas, hierdie vraag van jou is so wyd dat jy geen sinvolle antwoord gaan kry nie. Dit is soos om te vra wat is die beste, Ford, Merc, BMW of Toyota, maar eintlik is jou behoefte 'n dubbelkajuit bakkie en nie al die vervaardigers maak een nie. Op hierdie stadium weet ons die teleskoop is bedoel vir 'n 338 WM, en dit beteken dat die teleskoop verkieslik in die omgewing van 100mm oogafstand moet hê sodat die oogstuk jou nie tref nie want 'n 338 skop nogal hard.

Jy moet jou behoeftes en voorkeure verder uitspel en die vrae hieronder kan help.
- Hoe jag jy meestal, stap, bakkie, voorsit of kombinasie van alles?
- Waar jag jy meestal, vlakte of bos of beide?
- Wat is die verste wat jy na 'n bok sal wil skiet?
- Is jy gemaklik met parallaksverstelling op jou jagteleskoop?
- Watter vergrotingsbestek verkies jy bv. 1-6, 3-9, 3.5-10, 3-12, 2.5-15, 4-16 ens. of moet dit ook deur jou ander behoeftes bepaal word?
- Verkies jy 'n kruisdraad met afmik-merke vir afstand of 'n eenvoudige duplex kruisdraad?
- Moet die kruis baie dun, medium of dik wees?
-Verkies jy geslote beskermde verstel knoppe vir hoogte en rigting, of die oop taktiese tipe verstel knoppe?
- Hoe belangrik is vinnige diens of herstelwerk indien die teleskoop sou breek of per ongeluk beskadig is?

As jy hierdie vrae antwoord gaan jy voorstelle vir spesifieke modelle kry uit die vervaardigers wat jy gelys het en dit kan as 'n kortlys dien vir jou om na te gaan kyk by jou handelaar.

Re: keuse van teleskoop

Posted: Wed Sep 27, 2017 6:18 pm
by Plaashaas
Hercules ek dink die kaptein wil weet binne watter brand hy moet soek vir n model wat vir hom gaan werk. Hul alnal maak "dubel cab bakkies"

Re: keuse van teleskoop

Posted: Wed Sep 27, 2017 6:26 pm
by Hercules Louw
Plaashaas, kom ons hoor maar wat hy sê. Hy het genoem dat hy 1 keer per jaar jag en dit het my laat dink dat hy nie 'n intense gebruiker van teleskope is nie en dat meer leiding/ inligting moontlik nodig is om goeie aanbevelings te kry.

Re: keuse van teleskoop

Posted: Thu Sep 28, 2017 9:45 am
by kapteinoubaas
1. Ek kyk na 2.5 tot 14 vergroting met 50 mm en 30 mm tube. eye relief bo 80mm is reg vir my. 338 klap maar roer nie rerig my ligte frame van 115kg nie ... ;D
2. Waarborg, herstel diens ens BAIE belangrik
3. So ja ek weet wat (specs) ek soek, wil net opinies kry oor brands.

Re: keuse van teleskoop

Posted: Thu Sep 28, 2017 9:51 am
by Malan123
In daai geval stem ek vir die Vortex

Re: keuse van teleskoop

Posted: Thu Sep 28, 2017 10:03 am
by kapteinoubaas
Hierdie is bv. 'n antwoord wat ek sou wou kry: (so gepraat v diesel DC's)
Ek hou van 'n navara want hy het spasie en krag, maar handelaars en parte is duur. Hilux is nie die sterkste of vinnigste nie, maar sal hou tot na die apocalypse, en mits jy 'n kidney belt het. Ford lyk oulik maar ratkas het 'n slegte reputasie en 3.2 is swaar op brandstof. Amarok 3l v6 bly droombakkie maar nie in my prysklas nie. Mazda ... as ek 'n Ford wou hê het ek 'n Ford gekoop. Foton, Tata, GWM etc. ... Daars 'n rede hoekom daar nie cheap china scopes op my kortlys is nie. ++>:

In kort - ek soek 'n all round scope vir my all rounder kaliber. Vanwee frekwensie van gebruik, gaan ek nie elke 3-5 jaar die scope vervang nie. Of ek nou sit staan ry kruip stap of lê in die bos of op die vlaktes wil ek 'n bok kan klap van 20 tot 400m.

Re: keuse van teleskoop

Posted: Thu Sep 28, 2017 10:22 am
by Sangoma (IAN)
In daai geval defnitief die Lynx LX3 2.5-15X50

Die Lynx LX3 kyk myle beter as die Vortex in daai prysklas. Back up by Lynx self is great

Re: keuse van teleskoop

Posted: Thu Sep 28, 2017 11:25 am
by Hercules Louw
Vortex
Baie goeie naam, baie goeie waarborg maar herstelwerk in Amerika, party mense sê die diens in SA is goed, ander sê dit is sleg. Redelik geprys, top modelle baie duur. Whylo in Durban is die agente. Vortex spesialiseer in tactical tipe teleskope en die naaste wat ek kon sien aan jou behoeftes was die Viper HS 4-16x50.
RAZOR® HD LH™ 3-15 X 42 HSR-4 RIFLESCOPE 25mm tube capped turrets
VIPER® PST GEN II 3-15X44 RIFLESCOPE FFP 34 mm tube Tactical turrets
VIPER PST™ 4-16X50 RIFLESCOPE 30MM TUBE TACTICAL TURRETS
VIPER® HS 4-16X50 LR™ RIFLESCOPE 30MM TUBE TACTICAL TURRETS
VIPER® HS 4-16X50 RIFLESCOPE 30MM TUBE, CAPPED TURRETS

Zeiss
Zeis produkte word deur Zeiss SA versprei. Zeiss het vir baie jare al ‘n goeie naam en sovêr ek weet is die plaaslike diens goed, dit was my ervaring met die SA konsultant gewees. Herstelwerk is in die buiteland. Zeiss se top produkte is baie duur maar die Conquest HD5 reeks is beter geprys. Daar is twee modelle wat redelik binne jou spesifikasie val.
Conquest V6 2.5-15x56 capped turrets 30mm tube
CONQUEST HD5 3-15X42 capped turrets 25mm tube
Ek sal egter nie die HD5 model vir jou 338 aanbeveel nie, hierdie teleskope word nie in Duitsland vervaardig nie en kom iewers uit die ooste, nie Japan nie. Ek het ‘n HD5 5-25x50 gehad en die optika het nie vir my gewerk nie.


Swarovski
Baie goeie naam, baie goeie optika, lewenslange waarborg op optika, 2 jaar op elektronika. Diens en herstelwerk in Oostenryk. Baie duur. Whylo is plaaslike agente. Indien elders aangekoop moet jy op eie koste die scope na Oostenryk stuur. Z6i 3-18x50 P is die model wat die naaste aan jou vereistes kom.
Z5 3.5-18x44 P capped turrets, 25mm tube
Z6i 2.5-15x44 P capped turrets, 30mm tube
Z6i 2.5-15x56 P capped 30mm tube
Z6i 3-18x50 P capped turrets, 30mm tube

Burris
Die plaaslike agent vir Burris is African Outdoor Sports. Burris het ‘n goeie lewenslange waarborg maar herstelwerk is in Amerika. Ek het geen idee hoe die diens tans vir Burris teleskope met probleme of herstelwerk is nie. Toe Burris nog deur VLT versprei was in die tyd van die Van Lierdes weet ek dat Jo nooit ‘n Burris met ‘n glas geëtste reticle aan iemand sou verkoop wat dit op ‘n geweer wat hard skop wou monteer nie want die glas reticle het gebreek. Burris het nie eintlik teleskope wat binne jou spesifikasie val nie en die paar hieronder is die naaste moontlikhede.
Veracity™ Riflescope 3-15x50mm FFP Capped turrets 30mm tube
XTR II™ Riflescope 3-15x50mm tactical turrets 34mm tube
Eliminator® III LaserScope® 4-16x50mm

Lynx
Lynx is ‘n plaaslike “brand name” en word versprei deur Lynx self. Lynx bied ‘n lewenslange waarborg en hulle het plaaslik ‘n optiese werkswinkel waar herstelwerk baie vinnig (gewoonlik binne 1 week) afgehandel word. Baie wapenhandelaars versprei Lynx produkte en dit is maklik om ‘n foutiewe teleskoop by Lynx te kry. Lynx se diens word oor die algemeen as uitstekend beskou. Die kwaliteit van Lynx teleskope was nog altyd goed en met die LX3 reeks is dit werklik top klas. Lynx produkte is baie goed geprys want daar hoef nie vir ‘n buitelandse “brand name” betaal te word nie.
Lynx het 2 teleskope wat presies binne jou spesifikasies val:
2.5-15x50 LX3 met SAH kruisdraad, 30mm tube, capped turrets.
2.5-15x50 LX3 Tactical, 30mm tube, tactical turrets.

Ek hoop die inligting help jou, maar dit is jy wat op die einde met die produk moet leef en ander se menings help dan niks nie, so gaan kyk en voel self. Mense se oë verskil ook en waarmee ek baie tevrede is werk dalk nie vir jou nie.

Re: keuse van teleskoop

Posted: Thu Sep 28, 2017 12:24 pm
by kapteinoubaas
Dankie vir 'n baie volledige antwoord Hermanus!

Re: keuse van teleskoop

Posted: Thu Sep 28, 2017 12:28 pm
by Hercules Louw
Dit is Hercules wat geantwoord het, en ek het later gesien dat jy eintlik oor Zeiss ook gevra het, dit is ook nou ingesluit.

Re: keuse van teleskoop

Posted: Thu Sep 28, 2017 1:52 pm
by Sangoma (IAN)
Ook net om by te voeg, aangesien daar noobies ook hierdie post gan lees.

Ons kan amper scopes met karre vergelyk.

Een vervaardiger soos bv Ford maak n KA met n 700cc engine met geen ekstras. Hulle maak ook n Mustang met n V8 en baie ekstras. Alhoewel altwee n Ford badge op het, moenie dink jy koop n KA en kan hom vergelyk met n Mustang nie.

Daar is een of twee scope vervaardigers wat dink hulle is Ferrari omdat dit hand build scopes is, mar n Ferrari kan ook langs die pad gan staan met n probleem.

Ekstras en Engine groote mbt scopes bedoel ek, beter glas, meer akkurate verstelling, ZS, sterker tubes, beter komponente etc.

Re: keuse van teleskoop

Posted: Thu Sep 28, 2017 4:24 pm
by Kaptein Oubaas
Hercules Louw wrote:Dit is Hercules wat geantwoord het, en ek het later gesien dat jy eintlik oor Zeiss ook gevra het, dit is ook nou ingesluit.
Skuus Hercules, te vinnig gelees!

Sent from my SM-A720F using Tapatalk

Re: keuse van teleskoop

Posted: Thu Sep 28, 2017 9:07 pm
by 6.5/284Norma
Hercules,

Ek glo nie ek kan dit maklik glo nie;

Toe Burris nog deur VLT versprei was in die tyd van die Van Lierdes weet ek dat Jo nooit ‘n Burris met ‘n glas geëtste reticle aan iemand sou verkoop wat dit op ‘n geweer wat hard skop wou monteer nie want die glas reticle het gebreek.

Hoe breek dit anders as wat die glas self breek? Ek dink iets is nie lekker hier nie?

Re: keuse van teleskoop

Posted: Fri Sep 29, 2017 6:57 am
by Rikuss
Manne net bietjie my ondervinding van vortex...het gewone diamond back gehaad wat toe fout gekry het op sy vergroting...hy het basies gebly "blurr" en jy kon haak plek voel..so iets meganies het verseker fout gegaan.Het met whylo gepraat en het gese hulle sal hom vervang..Toe wou ek nie.Vra of ek krediet kan kry en inbetaal op Viper HST...Wel die inbetaal was 6k en die HST loop soos stroop op my SLR. Dit was al 3 jaar terug. Sal verseker vortex aanbeveel.

Sent from my EVA-L09 using Tapatalk