Page 1 of 2
Hello vanuit die Tuinroete
Posted: Tue Sep 26, 2017 2:41 pm
by riaanferreira
Dagsê.
Was opsoek na `n geweerkluis toe ek op die site afkom. Besluit toe sommer om te registreer.
Woonagtig op Groot Brakrivier en is maar meestal `n biltong en droëwors jagter, gewoonlik kudu en springbok.
Na jare se uitstel gaan ek op die 7de Okt my wapenbevoegheid kursus doen, so behoort volgende jaar weer bietjie vrieskaste vol te maak.
Beplan om aansoek te doen vir `n .22 Anschutz, 30-06 CZ en 12 Gauge Mossberg pompaksie.
Sodra ek my lisensies het wil ek begin om self te herlaai vir die 30-06 en langer afstande begin sportskiet.
Re: Hello vanuit die Tuinroete
Posted: Tue Sep 26, 2017 2:45 pm
by PWV
Welkom, Vriend. Hoop jy geniet dit hier!
Re: Hello vanuit die Tuinroete
Posted: Tue Sep 26, 2017 3:05 pm
by Aceofspades
Welkom Riaan. Hoop jy geniet die forum. Hier is iets te leer vir almal.
Kriek
Re: Hello vanuit die Tuinroete
Posted: Tue Sep 26, 2017 4:08 pm
by Plaashaas
Welkom
Re: Hello vanuit die Tuinroete
Posted: Tue Sep 26, 2017 5:25 pm
by Jurgen Visser
Welkom , jy moet 'n sterk man wees om sportskiet met 'n 30-06 te doen
Re: Hello vanuit die Tuinroete
Posted: Tue Sep 26, 2017 6:40 pm
by honda2
Welkom!
Sent from my SM-A510F using Tapatalk
Re: Hello vanuit die Tuinroete
Posted: Wed Sep 27, 2017 8:15 am
by riaanferreira
Jurgen Visser wrote:Welkom , jy moet 'n sterk man wees om sportskiet met 'n 30-06 te doen
Ongelukkig het ek nie veel sê in die saak gehad nie, my .243 CZ wat ek al die jare gebruik het is nou my broer sin.
Toe erf ek die 30-06, ons leer mekaar nog ken.
Het al `n springbok uitskietsessie saam gehad, 13 vir die dag , en my skouer het nogal begin gevoelig raak.
Daarom is ek baie nuuskierig oor knaldempers, lees alles wat ek kan kry.
Re: Hello vanuit die Tuinroete
Posted: Wed Sep 27, 2017 8:45 am
by Jurgen Visser
riaanferreira wrote:Jurgen Visser wrote:Welkom , jy moet 'n sterk man wees om sportskiet met 'n 30-06 te doen
Ongelukkig het ek nie veel sê in die saak gehad nie, my .243 CZ wat ek al die jare gebruik het is nou my broer sin.
Toe erf ek die 30-06, ons leer mekaar nog ken.
Het al `n springbok uitskietsessie saam gehad, 13 vir die dag , en my skouer het nogal begin gevoelig raak.
Daarom is ek baie nuuskierig oor knaldempers, lees alles wat ek kan kry.

Spot net , ja , praat met Joe rocket hier op die forum oor knaldempers , hy toets hulle

Re: Hello vanuit die Tuinroete
Posted: Wed Sep 27, 2017 8:59 am
by joe rocket
Beste waarde kyk na silent hunter se 12 kamer demper. As jy soos ek baie skoolgeld betaal het kyk na n stainless steel demper, nadeel is dat dit 900gr weeg, maar ek stap jag nie met n demper nie.
Re: Hello vanuit die Tuinroete
Posted: Wed Sep 27, 2017 10:05 am
by riaanferreira
Baie dankie. Dink dit is die rigting wat ek sal gaan
Re: Hello vanuit die Tuinroete
Posted: Thu Oct 12, 2017 7:41 am
by riaanferreira
Firearm training voltooi by On Target Shooting Academy te Heroldsbaai, kan hulle aanbeveel.
Re: Hello vanuit die Tuinroete
Posted: Thu Oct 12, 2017 8:17 am
by NicovanderMerwe
Waar in die Tuinroete is jy? Stel voor jy laat maak vir jou 'n silencer by Barry op George. En sluit aan by SA Jagters Tuinroete of Klein Karoo. Tuinroete skiet gereeld by On Target en ons skiet in die area van Oudtshoorn/George op Trutersdal. Ons baan gaan binnekort tot op 1600m kan strek. Op die oomblik vorder die manne tot op 755m. Kontak my by 0 ag 2 sewe 8 een 6 ag 1 nul. Ek sal jou op die regte spoor plaas, dan is jy uitgesort. Beplan om 'n beginners herlaai kursus aan te bied binne volgende 3 maande op Oudsthoorn en ons gaan begin LA (Lang Afstand) opleiding ook aanbied in modules van begin tot gevorderd.
Re: Hello vanuit die Tuinroete
Posted: Thu Oct 12, 2017 11:16 am
by riaanferreira
Baie dankie vir die terugvoering.
Ek is op Groot Brakrivier.
Is daar `n verskil of verwantskap tussen die Suid Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsverenigning en Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsvereniging?
Is Barry `n wapensmid? Ken hom nie, was van plan om by Arms&Tackle op George te hoor van `n wapensmid wat hulle aanbeveel.
Ek sal seker volgende week my aansoek vir firearm competency by die SAPS doen.
Re: Hello vanuit die Tuinroete
Posted: Fri Oct 13, 2017 8:02 am
by NicovanderMerwe
More, ja daar is 'n verskil tussen die SAJWV en Suid Kaap Jagters. Ons is by SAJWV vir die eenvoudige rede dat hulle elke maand 'n skietdag hou op Heroldsbaai. Lekker naby. SAJWV is heeltemal oorgeskakel na die internet om status te behou, jy skep jou eie profile en vul jou aktiwiteite daarop in. As jy 'n endorsement of lidmaatskap bewys soek doen jy dit ook aanlyn en dit kos jou niks en dit is binne 24 uur by jou. Lede geld is R795 per jaar en in ruil daarvoor kry jy die SA Jagter tydskrif in die pos. Dit is die grootste jag organisasie in die land en baie aangename mense wat dit bestuur. Jou skietdae byvoorbeeld (as lid van SAJWV) by Suid Kaap jagters tel ook as 'n aktiwiteit. Ek is op Oudtshoorn by die Klein Karoo tak en ons skietbaan is seker die enigste een in die Suid Kaap waar jy lang afstand kan skiet op 'n NRCS (SABS) goedgekeurde baan. Alle bane van die SA Jagters moet ook NRCS goedgekeur wees.
Net 'n tip vir LA skiet. Daar is baie faktore wat saak maak om op die einde van die dag die skoot op die teiken daar ver te kry. Drie hooffaktore is die skut se vermoë, die wapenstelsel (geweer, teleskoop, ringe ens) se vermoë en die ammunisie se vermoë. Dus is laai van hoë BC koeëls nie die enigste faktor alleen by herlaai nie, maar ander faktore ook. En selfs die proses tot voor die vuur van 'n skoot belangrik. Ons wil poog om 'n LA bekendstellings kursus te reel binnekort in die volgende 4 maande en hoop om jou daar te sien.
Net 'n laaste gedagte, dit is die SA Jagters wat tans die hofsaak dryf, finansier en lei teen die SAPS oor die ongrondwetlikheid van die wet.
Re: Hello vanuit die Tuinroete
Posted: Fri Oct 13, 2017 8:06 am
by NicovanderMerwe
o Ja, Barry is nie 'n wapensmit nie maar 'n baie vaardige pas en draaier. Jy los nie jou geweer by hom nie, jy bestel die silencer by hom, en as hy reg is bring jy jou geweer saam na hom toe en doen die werk op die loop terwyl jy daar staan. Hy is in George. Oom AB en Tokkie maak ook goeie silencers. Hulle sit daar op die ou pad tussen George en Grootbrak, nie seker hoe hulle werk deesdae nie. Maar ek het van albei se silencers op my gewere.
Re: Hello vanuit die Tuinroete
Posted: Fri Oct 13, 2017 1:49 pm
by Peter OMoore
Hi welkom.
Ek woon in George.
Ons moet kontak maak.
Groete Peter
Re: Hello vanuit die Tuinroete
Posted: Sun Oct 15, 2017 3:50 pm
by bokboran
Welkom
Re: Hello vanuit die Tuinroete
Posted: Sun Oct 15, 2017 9:07 pm
by Blitzzz
Hallo Riaan. Ek is hier in Mosselbaai en laai ook vir my 30-06. Jy is welkom as jy wil gesels.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Hello vanuit die Tuinroete
Posted: Tue Oct 17, 2017 2:18 pm
by heywillie
Welkom !
Re: Hello vanuit die Tuinroete
Posted: Mon Jul 16, 2018 11:06 am
by riaanferreira
Uiteindelik na 5 maande my firearm competency gekry. Nou vir die wapenaansoeke.
Re: Hello vanuit die Tuinroete
Posted: Mon Jul 16, 2018 11:25 am
by Pvdw
Daarshy, lekker gevoel daai. Nou net nog paar gewere by koop dan het jy dieselfde siekte as meeste van ons.
Re: Hello vanuit die Tuinroete
Posted: Mon Apr 29, 2019 8:16 am
by riaanferreira
Dagsê.
Uiteindelik na maande se uitstel my vuurwapenaansoeke op die 25st April ingedien.
Nou wag en duimvashou.
Re: Hello vanuit die Tuinroete
Posted: Tue Aug 06, 2019 11:06 am
by riaanferreira
25 April 2019: Aansoeke ingedien by Groot Brakriver, Wes Kaap
26 April 2019: SAPS msg: 30-06, .22, 12GA applications receives attention at the DFO
6 Augusts 2019: SAPS msg: 30-06, .22, 12GA licences approved
Nou net wag vir die kaartjies
Re: Hello vanuit die Tuinroete
Posted: Tue Aug 06, 2019 11:17 am
by alecjohnson
Welkom hier, ek mis noggal die omgewing daar!
Geniet die Forum!
Re: Hello vanuit die Tuinroete
Posted: Wed Aug 28, 2019 4:01 pm
by riaanferreira
25 April 2019: Aansoeke ingedien by Groot Brakriver, Wes Kaap
26 April 2019: SAPS msg: 30-06, .22, 12GA applications receives attention at the DFO
6 Augusts 2019: SAPS msg: 30-06, .22, 12GA licences approved
28 August 2019: SAPS msg: Licences for 30-06, .22, 12GA can be collected from DFO
Woohoo!!!