Page 1 of 1

Lynx LX3 5-30x56

Posted: Sun Sep 24, 2017 5:59 pm
by Marius 30-06
Kyk na LX3 lynx 5-30x56 wil net hoor of ek fout sal maak om te koop?

Re: Lynx LX3 5-30x56

Posted: Sun Sep 24, 2017 6:20 pm
by ruaanb
ek het een so sal jou my objektiewe mening gee

34mm buis so ringe is duur.
paralaks is fyn maar as jy hom eers ken dan pla dit nie.
paralaks knop draai baie styf.

behalwe vir bogenoemde is dit n bul scope. ek kon gister met n ligte mirage gate op 300m sien.
kruishaar werk regtig lekker vir my.

vir gonge en vêr skiet is dit baie goeie waarde vir geld met lynx se uitstekende waarborg en ondersteuning plaaslik.

Sent from my SM-G900F using Tapatalk

Re: Lynx LX3 5-30x56

Posted: Mon Sep 25, 2017 12:49 pm
by Willem Grobler
Hierdie is my en ander se mening nadat ons n paar keer hierdie Lynx & NnForce nsx 8-32x56 op d 300m baan "getoets" het: helderheid van glase dieselfde. Turrets & paralaks stel stywer as NF maar dit pla nie. Ons almal se mening is dat daar geen rede tot op 300m is om soveel meer vir d NF te betaal nie. Daai Lynx is n yster!

Re: Lynx LX3 5-30x56

Posted: Mon Sep 25, 2017 3:21 pm
by Sean3006
@ Ruan and Willem
Are you of the opinion that this Lynx scope is suitable only up to 300m targets?

Re: Lynx LX3 5-30x56

Posted: Mon Sep 25, 2017 4:05 pm
by Hein22
Sean, the lynx glasses are good and they will be good beyond 300m as well.

Ek stem saam met wat Ruaan gesê het maar Willem, vir my is die turrets mushy, beslis nie soortgelyk aan enige nightforce wat ek al hanteer het nie. Ek glo dit is iets waarvan hulle teen die tyd al bewus is en dit in die toekoms sal aanspreek. As jy nog nooit met die high en scopes gewerk het waarvan hulle turrets baie duidelik en positief click nie, behoort die lynx se turrets jou nie te pla nie.

Re: Lynx LX3 5-30x56

Posted: Mon Sep 25, 2017 6:03 pm
by Diesel Dog
Marius 30-06 wrote:Kyk na LX3 lynx 5-30x56 wil net hoor of ek fout sal maak om te koop?


My buurman wat al sewentig is skiet lekker die springbokke kop skote op 400m met sy lx3.

DD

Re: Lynx LX3 5-30x56

Posted: Mon Sep 25, 2017 8:37 pm
by Marius 30-06
Dankie aan almal se terug terugvordering.

Re: Lynx LX3 5-30x56

Posted: Mon Sep 25, 2017 8:52 pm
by ruaanb
Sean3006 wrote:@ Ruan and Willem
Are you of the opinion that this Lynx scope is suitable only up to 300m targets?
no Sean definitely not what I said. I have used mine up to 750m already and could spot the hit on the gong.

there is however a big difference in spotting a bullet hole on a paper target at 300m and a gong hit at 750m.


Sent from my SM-G900F using Tapatalk

Re: Lynx LX3 5-30x56

Posted: Mon Sep 25, 2017 9:18 pm
by Sangoma (IAN)
Hein22 wrote:Sean, the lynx glasses are good and they will be good beyond 300m as well.

Ek stem saam met wat Ruaan gesê het maar Willem, vir my is die turrets mushy, beslis nie soortgelyk aan enige nightforce wat ek al hanteer het nie. Ek glo dit is iets waarvan hulle teen die tyd al bewus is en dit in die toekoms sal aanspreek. As jy nog nooit met die high en scopes gewerk het waarvan hulle turrets baie duidelik en positief click nie, behoort die lynx se turrets jou nie te pla nie.
Hein, haal daai stupid o-ring onder die turrets uit en daai ding krrrrr krrrr net soos n NF.

Re: Lynx LX3 5-30x56

Posted: Wed Sep 27, 2017 1:47 pm
by Hercules Louw
Sangoma (IAN) wrote:
Hein22 wrote:Sean, the lynx glasses are good and they will be good beyond 300m as well.

Ek stem saam met wat Ruaan gesê het maar Willem, vir my is die turrets mushy, beslis nie soortgelyk aan enige nightforce wat ek al hanteer het nie. Ek glo dit is iets waarvan hulle teen die tyd al bewus is en dit in die toekoms sal aanspreek. As jy nog nooit met die high en scopes gewerk het waarvan hulle turrets baie duidelik en positief click nie, behoort die lynx se turrets jou nie te pla nie.
Hein, haal daai stupid o-ring onder die turrets uit en daai ding krrrrr krrrr net soos n NF.
Hallo Ian
'n Voordeel van die stywer turrets wat baie keer mis gekyk word is die feit dat dit nooit van self sal stel as jy die geweer uit die geweersak haal of met jou arm of klere oor die turrets skuur nie.

Michael Rogers van Lynx het die volgende kommentaar gelewer op jou opmerking hierbo:
While I wouldn’t recommend removing the o-ring, as it prevents dust and moisture to enter the control mechanism, we have found that popping the control knob off and treating the o-ring with a touch silicon lubricant works really well and preserves the integrity of the control.

Re: Lynx LX3 5-30x56

Posted: Wed Sep 27, 2017 1:53 pm
by LoopSoosStroop
Wat op aarde het die gevoel van die turrets met die akkurate werkverigting uit te lawaai?

Re: Lynx LX3 5-30x56

Posted: Wed Sep 27, 2017 2:04 pm
by Hein22
LoopSoosStroop wrote:Wat op aarde het die gevoel van die turrets met die akkurate werkverigting uit te lawaai?
Seker niks nie, maar wat het die verhutte sitplek en aircon in 'n mercedes uit te waai deur jou van punt A na punt B te vat?

Wat ek bedoel met mushy turrets is dat dit is nie 'n duidelike hoorbaar of voelbare click nie, nie so duidelik soos die ander nie in elk geval, en soos Ian al vir my op 'n vorige keer genoem het het die o-ring blykbaar 'n invloed daarop. Maar as dit jou nie pla nie, koop hom. Dit is 'n baie goeie teleskoop en ek hou baie van die lynx produkte.

Re: Lynx LX3 5-30x56

Posted: Wed Sep 27, 2017 2:10 pm
by ruaanb
naverkope diens is ook uitstekend!

Sent from my SM-G900F using Tapatalk