Page 1 of 1
Dop voorbereiding vir LA skiet
Posted: Fri Sep 22, 2017 12:48 pm
by NicovanderMerwe
Wil graag weet wat julle sê asb. Fireform julle die doppe vir LA (500m +) skiet? Of kan mens maar sommer van die staanspoor af laai as jy jou lading het met vars doppe? Ek reken daar is 'n verskil om groeperings te skiet tot op 300m en daarna verder te gaan tot so ver as 1600m. Is fireforming so belangrik?
Necksize of FL size na elke skoot?
Hoe gereeld anneal julle?
LA skiet gewys...
Dankie
Nico
Re: Dop voorbereiding vir LA skiet
Posted: Fri Sep 22, 2017 1:12 pm
by Gian_dP
Hierdie draad se baie oor dopvoorbereiding vir lae ES. Hoe verder jy skiet hoe belangriker raak dit.
Maar............
LA skiet gaan baie meer oor windlees as enkelsyfer ES.
So laai jou lading, "fireform" terwyl jy oefen, skiet so bietjie verder as wat jou vermoee toelaat en leer windlees.
Ek skiet met nuwe doppe tot op 500m sonder dat ek ghong mis agv elevasie verskille tussen skote.
Ek sal kyk of ek die post kan kry, maar swc-tr het iewers foto opgesit van n 500m bisley groepering wat hy met doppe uit die boks uit geskiet het.
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f= ... ua#p660314
Dopvoorbereiding etc bly belangrik, maar 6 duim agter die scope se vermoee tel meer.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: Dop voorbereiding vir LA skiet
Posted: Fri Sep 22, 2017 1:28 pm
by Pvdw
Gian_dP wrote:Hierdie draad se baie oor dopvoorbereiding vir lae ES. Hoe verder jy skiet hoe belangriker raak dit.
Maar............
LA skiet gaan baie meer oor windlees as enkelsyfer ES.
So laai jou lading, "fireform" terwyl jy oefen, skiet so bietjie verder as wat jou vermoee toelaat en leer windlees.
Ek skiet met nuwe doppe tot op 500m sonder dat ek ghong mis agv elevasie verskille tussen skote.
Ek sal kyk of ek die post kan kry, maar swc-tr het iewers foto opgesit van n 1000y bisley groepering wat hy met doppe uit die boks uit geskiet het. Dopvoorbereiding etc bly belangrik, maar 6 duim agter die scope se vermoee tel meer.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Puik gestel, ek wens meer mense kan jou insig kry. Baie manne glo met spoed en bc is dit moontik om als reg te maak. Hier verduidelik jy dat selfs dopvoorbereiding- alhoewel belangrik- nie die belangrikheid van kennis en ondervinding kan klop nie.
Re: Dop voorbereiding vir LA skiet
Posted: Fri Sep 22, 2017 3:34 pm
by JPS
Ek fireform my doppe tydens kompetiesies van 300m tot 900m. Met die hoeveelheid skote wat ons skiet het ek nie die luxury om 500 doppe te fireform net vir fire form ni so ek fireform tydens kompetiesies. Kon al redelik sukses behaal met nat nuwe doppe.
Re: Dop voorbereiding vir LA skiet
Posted: Mon Sep 25, 2017 7:07 pm
by NicovanderMerwe
Ons is dan met een dat fireform nie soveel waarde het nie en nie nodig is nie.
Wat van die anneal, na elke hoeveel skote?
En die FL teen net NK size?
Re: Dop voorbereiding vir LA skiet
Posted: Mon Sep 25, 2017 7:33 pm
by jankraay
NicovanderMerwe wrote:Ons is dan met een dat fireform nie soveel waarde het nie en nie nodig is nie.
Wat van die anneal, na elke hoeveel skote?
En die FL teen net NK size?
Anneal met elke herlaai sessie oor dit jou konstante "neck tension" gee.
Ek persoonlik Full size met n Bushing die want ek skil nekke wat nog n bydrae lewer tot konstante ES.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Dop voorbereiding vir LA skiet
Posted: Tue Sep 26, 2017 3:58 pm
by Capt. Yoda
Fl met bushing en skil nekke soos Jan Viking se
Re: Dop voorbereiding vir LA skiet
Posted: Tue Sep 26, 2017 4:48 pm
by LUAN
Gaan doppe skil vir n fabrieks geweer kamer rerig help? Die doppe gaan nou harder werk ook omdat hulle meer moet uitsit en rek om te seel.
Re: Dop voorbereiding vir LA skiet
Posted: Tue Sep 26, 2017 8:53 pm
by JPS
LUAN wrote:Gaan doppe skil vir n fabrieks geweer kamer rerig help? Die doppe gaan nou harder werk ook omdat hulle meer moet uitsit en rek om te seel.
Dit doen ja.
Onder andere help dit met die eweredige "release" van die koel en konstante nek spanning op die koeël.
En nee Lapua doppe of Norma doppe meet ook nie almal dieselfde nie.... doen maar die toets met behoorlike meet instrumente.
As ons van algemene skietwerk op kort tot medium afstande praat is dit seker nie nodig nie, veral nie vir doodskote op wild in die bosveld nie. Maar die vraag hier is vir La skiet. My Tikka 260Rem het met sy fabrieksloop baie goeie groeperings opgelewer op 510y. Met die nodige dop voorbereiding.
Re: Dop voorbereiding vir LA skiet
Posted: Tue Oct 31, 2017 2:19 pm
by James Wright
Luan,op saami spec kamer sal ek nie doppe skil nie,ek sal wel voorstel om net die "high spots" af te haal met n neck cutter.Soos jy sê is meer as dit nadelig en gaan jou brass baie werk en jy te veel neck clearance hê .Ek het klompie jaar terug uit onkunde daai selfde fout gemaak. As jy nie regte toerusting het en weet wat jy doen nie is dit beter om die nekke net so te los op 'n fabrieks roer is my advise vir ouens wat net wil nekke sny omdat hy op die internet daarvan gelees het.
Re: Dop voorbereiding vir LA skiet
Posted: Tue Oct 31, 2017 3:47 pm
by henning
James Wright wrote:Luan,op saami spec kamer sal ek nie doppe skil nie,ek sal wel voorstel om net die "high spots" af te haal met n neck cutter.Soos jy sê is meer as dit nadelig en gaan jou brass baie werk en jy te veel neck clearance hê .Ek het klompie jaar terug uit onkunde daai selfde fout gemaak. As jy nie regte toerusting het en weet wat jy doen nie is dit beter om die nekke net so te los op 'n fabrieks roer is my advise vir ouens wat net wil nekke sny omdat hy op die internet daarvan gelees het.
Nekke skil en high spots afhaal is dieselfde ding en baie belangrik om konsentrisiteit te kry. Dit is volgens my veral belangrik in n fabriek loop omdat jy n agterstand het wat jy op elke moontlike manier probeer inhaal.
Groete
Henning
Re: Dop voorbereiding vir LA skiet
Posted: Tue Oct 31, 2017 3:51 pm
by CJNaude
Middag Manne.
Ek hou van die drade.. Leer elke keer nog iets.
Dankie vir die van julle wat kennis deel.
Hannes
Re: Dop voorbereiding vir LA skiet
Posted: Tue Oct 31, 2017 6:24 pm
by James Wright
Henning,
As jy na n spesifieke neck diameter sny skil jy nekke.high spots afhaal is letterlik wat dit sê...
Ek dink ons sê die selfde ding net op n ander manier

Re: Dop voorbereiding vir LA skiet
Posted: Tue Oct 31, 2017 6:26 pm
by jankraay
James Wright wrote:Henning,
As jy na n spesifieke neck diameter sny skil jy nekke.high spots afhaal is letterlik wat dit sê...
Ek dink ons sê die selfde ding net op n ander manier

+1
Sent from my iPhone using Tapatalk