Page 1 of 1
Koeëls vir lang afstand en medium afstand.
Posted: Wed Sep 20, 2017 11:11 am
by Conna Howa
Goeie dag manne. Aangesien ek nog nuut is in die hele lang afstand skiet en jag wil ek graag vir die manne wat weet 'n vraag vrae. Watter maak en gr koeëls sal die beste werk vir medium( 300m en nader) en lang (400m en verder) afstand jag as ek 'n 6.5x55 gebruik. Is daar 'n moontlike koeël wat albei take kan verrig of sal ek na 2 verskillende koeëls moet kyk vir medium en lang jagte?
Re: Koeëls vir lang afstand en medium afstand.
Posted: Wed Sep 20, 2017 11:21 am
by Boesman10
Ek kan nie vir jou se watter koel punt om te gebruik nie maar wat ek wel kan se dat jy verkieslik net een moet he as jy veld toe gaan. Die praktiese sy van loop (of ry) in die veld gaan beide nader en verder skietgeleenthede oplewer. As jy dan 'n naader dier kry en jou verder punt gryp in die haas van die oomblik (of anders om) is die kanse dat jy gaan wond redelik groot. Die twee verskillende punte sal verskillende trajekte he en dan sal jy moet onhou hoeveel MOA om op of af te stel afhangende van watter punt jy laai. Ek is nie so seker of dit gaan werk nie.
Vir teiken skiet is dit natuurlik 'n ander saak.
Re: Koeëls vir lang afstand en medium afstand.
Posted: Wed Sep 20, 2017 11:34 am
by Capt. Yoda
Hang af van wat jy wil betaal sou ek somer met n 130gr swift scirocco begin, vir regtig ver skiet 140gr amax en self 140gr Berger Hybrids
Re: Koeëls vir lang afstand en medium afstand.
Posted: Wed Sep 20, 2017 1:15 pm
by Gian_dP
Conna Howa wrote:Goeie dag manne. Aangesien ek nog nuut is in die hele lang afstand skiet en jag wil ek graag vir die manne wat weet 'n vraag vrae. Watter maak en gr koeëls sal die beste werk vir medium( 300m en nader) en lang (400m en verder) afstand jag as ek 'n 6.5x55 gebruik. Is daar 'n moontlike koeël wat albei take kan verrig of sal ek na 2 verskillende koeëls moet kyk vir medium en lang jagte?
Vir korter afstande het jy 'n sterker koeel nodig wat teen hoër snelhede gaan oopmaak, maar nie opbreek nie-"bonded" koeel soos scirroco/acuubond/interbond etc of mono-metaal soos Barnes/Peregrine/Kriek etc. 130gr klas koeels gee genoeg tromsnelheid om redelike maksimum " point blank range " te he. Skote van 250-300m hoef jy dus nie te "dial" nie, maak kan maklik met "holdover" skiet.
Hierdie koeels maak egter nie oop teen die lae impaksnelhede van langafstand skiet nie, daarom het jy iets sagter nodig soos n Amax/berger/ELD-x ens in 140gr klas. Hierdie koeel gaan ook hoër bc he om te help met windskuif op die lang skote.
As ek moes settle op een koeel vir alles, sou ek ' n sagte, hoë bc koeel kies. Vir nader jag, seker maak jy skiet kopskote of vermy been. Gebruik dit ook as oefen lading.
Re: Koeëls vir lang afstand en medium afstand.
Posted: Wed Sep 20, 2017 6:42 pm
by JPS
As jy net een koeël gaan moet vat, vat die 140gn Amax,
Andersins kan jy ook kyk na 140gn accubonds vir onder 300m en die Amax vir 400m plus. Met die Amax gaan jy heelwat skade het onder 350m en vermy groot bene maar. Maar die Amax perform baie mooi in my 260Rem as LA koeël.
Re: Koeëls vir lang afstand en medium afstand.
Posted: Wed Sep 20, 2017 7:06 pm
by jankraay
JPS wrote:As jy net een koeël gaan moet vat, vat die 140gn Amax,
Andersins kan jy ook kyk na 140gn accubonds vir onder 300m en die Amax vir 400m plus. Met die Amax gaan jy heelwat skade het onder 350m en vermy groot bene maar. Maar die Amax perform baie mooi in my 260Rem as LA koeël.
+1
Sent from my iPhone using Tapatalk