Page 1 of 1
Hornady ELD-x vs Nosler Accubond LR punte
Posted: Mon Sep 18, 2017 9:25 am
by Rem
More Manne,
Ek wil by julle hoor of iemand al die Hornady ELD-x punt in die jagveld gebruik het? En ook of julle enige ondervinding met Nosler se ABLR punt het.
Ek het tans my 300wsm gelaai met die 200gr ELD-x en is volgens my baie akkuraat maar het hom nog nie in die veld getoets nie en is neskurig oor hoe hy sal vaar.
Het oorspronklik die ELD-x gelaai oor sy hoe BC en oor hul hom adverteer as n jagpunt, en het nou die Accubond LR raakgesien en sommer gewonder daaroor ook. BC van 0.73 vir die Nosler 210gr accubond LR klink vir my bietjie optimisties, maar ek kan heeltemal verkeerd wees.
Hoe dink julle sal die 2 teen mekaar opweeg?
Ek luister graag.
Re: Hornady ELD-x vs Nosler Accubond LR punte
Posted: Mon Sep 18, 2017 10:20 am
by Capt. Yoda
Daai LRAB se G7 bc is baie nader aan .321 as die .366 wat Nosler geraai het. Die 208 amax word al vir jare met groot sukses op diere oor ver afstand gebruik, hou by die ELDs
Re: Hornady ELD-x vs Nosler Accubond LR punte
Posted: Mon Sep 18, 2017 11:11 am
by Rem
Dankie,
Ek het ook daardie gevoel gehad. Lyk my die ELD-x is ook meer "forgiving" as jy hom laai.
Re: Hornady ELD-x vs Nosler Accubond LR punte
Posted: Mon Sep 18, 2017 11:34 am
by ruaanb
Hornady het baie moete gedoen met die ELD-X en ELD-M se regte BC waardes.
Gaan lees bietjie hier, dit is nogal interessant.
https://www.hornady.com/support/ballistic-coefficient
Re: Hornady ELD-x vs Nosler Accubond LR punte
Posted: Mon Sep 18, 2017 12:29 pm
by Rem
Ja ek het bietjie gaan lees en was baie beindruk. Dis een van die redes hoekom ek die punt gekies het. Wil net grag by manne hoor wat al met hul gejag het hoe die ELD-x vaar.
Re: Hornady ELD-x vs Nosler Accubond LR punte
Posted: Tue Sep 19, 2017 7:12 am
by Pinkes
Ek jag met amax tot hul kla is dan gaaan ek oor na die ELD's. Maar n vriend wat die naweek die 200ELDX getoets het in sy 300wm
is baie beindruk. Het paar springbokke geskiet en gemsbok op 330m geskiet!
Re: Hornady ELD-x vs Nosler Accubond LR punte
Posted: Tue Sep 19, 2017 8:10 am
by Rem
Dankie Pinkes,
Goed om te hoor hoe hul in die jagveld vaar.
Re: Hornady ELD-x vs Nosler Accubond LR punte
Posted: Tue Sep 19, 2017 8:31 pm
by Stefan764
Gebruik hulle maar op lang afstande. Ons het n rooiribbok met n .308 en 178gr ELDx op 200m geskiet van voor af. Bok morsdood maar koeël het 200mm diep penetreer en heel opgebreek. Jacket in stukkies gekry
Re: Hornady ELD-x vs Nosler Accubond LR punte
Posted: Tue Sep 19, 2017 9:03 pm
by Rem
Ek het ook al voorheen gehoor, maar nou is my vraag. Watter punt kan ek mee jag wat n hoe bc het?
Het gedink die eld-x is my oplossing maar dit blyk my hy het ook maar sy nadele.
Re: Hornady ELD-x vs Nosler Accubond LR punte
Posted: Tue Sep 19, 2017 9:07 pm
by ruaanb
tot op 300m gebruik ek n Kriek 200gr mono in my 300wsm. bitter akkuraat en werk soos dit moet.
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Re: Hornady ELD-x vs Nosler Accubond LR punte
Posted: Tue Sep 19, 2017 9:13 pm
by Capt. Yoda
Op 200m skiet jy hom in die kop dan hoef jy nie daar oor te bekommer nie maar soos Stefan se daai koele is nie vir naby lyf skote nie
Re: Hornady ELD-x vs Nosler Accubond LR punte
Posted: Tue Sep 19, 2017 9:23 pm
by joe rocket
Ek het n gemsbok op 425m met n 87 gr vmax geskiet, so ek kan nie sien dat ky met die 200 gr eldx probleme gaan hê nie. Bly net weg van groot bene. Weet waar om jou skote te plaas.
Re: Hornady ELD-x vs Nosler Accubond LR punte
Posted: Tue Sep 19, 2017 10:01 pm
by Conna Howa
Watter plekke verkoop van daardie eld-x koeëls vir 6.5?
Re: Hornady ELD-x vs Nosler Accubond LR punte
Posted: Wed Sep 20, 2017 8:05 am
by Rem
Conna,
Vra bietjie vir "6mm Musgrave" op die forum. Ek dink hy verkoop hulle.
Re: Hornady ELD-x vs Nosler Accubond LR punte
Posted: Wed Sep 20, 2017 8:22 am
by Rem
http://www.fieldandstream.com/long-range-shootout
Hier is n interessante artikel oor die punte. Ek hou ook nogal van die Accubond LR, maar hy is net te duur om elke naweek mee te skiet. En ek weet ook nie wie hom verkoop nie.