Page 1 of 1

LED jaglig

Posted: Thu Sep 14, 2017 3:22 pm
by Kubus
Weet julle ouens dalk of daar al n LED jaglig op die mark is wat jy kan gebruik vir die jakkalse?
Wat soos die Lightforce 170 of 240 op n dimmer gekoppel kan word in 12 volt?
As daar is, waar en teen watter prys?

Dit behoort seker befonk te werk!!

Ek luister graag, en ek sien op YR voorspel hulle 39mm reen by ons vir Saterdag. Ag ek hoop tog dis waar.
Groete

Re: LED jaglig

Posted: Thu Sep 14, 2017 3:38 pm
by charles_jordaan
Het ook al oral gesoek en nog niks gevind. Hoop die reen kom.

Sent from my SM-G955F using Tapatalk

Re: LED jaglig

Posted: Thu Sep 14, 2017 4:32 pm
by Malan123
Sover ek dit het kan jy glad nie LED dim nie.

Re: LED jaglig

Posted: Thu Sep 14, 2017 4:37 pm
by Geno
Jy kry dimmable LED's.
LED is te wit vir nagjag in my opinie. Selfs op my bakkie het ek Lightforce halogeen spotlights omrede ek beter diepte kan sien en dit ook nie my oë so baie uitput soos LED ligte nie.

Re: LED jaglig

Posted: Thu Sep 14, 2017 5:32 pm
by Cobus(Cobb)
Malan123 wrote:Sover ek dit het kan jy glad nie LED dim nie.
Jy kan wel LED dim, HID kan nie dim nie...

Cheers

Re: LED jaglig

Posted: Thu Sep 14, 2017 6:12 pm
by Kolhasie
Wat ek agter gekom het hier by ons is dat die LED lig nie die oog so mooi optel as wat die Lightforce doen nie. En dat die diere meer onrustig is as die LED lig op hulle val.

Groete KH

Re: LED jaglig

Posted: Thu Sep 14, 2017 6:18 pm
by Malan123
Daar leer ek ook iets. Ek stem saam met die manne. Gaan eenmaal die lightforce rigting

Re: LED jaglig

Posted: Fri Sep 15, 2017 7:25 am
by Kubus
Dankie vir die inligting. Ook iets geleer, en nou hoef ek nie geld in daai rigting te mors nie.
Het n nightforce 240 en gaan maar voort met hom.
Gelukkig is die nightforce nie in n .270 beskikbaar nie, want hy sou nie werk nie. >:D >:D

Re: LED jaglig

Posted: Mon Oct 30, 2017 3:23 pm
by Ali308
Middag almal.

Wat dink julle van die groen led ligte?
Hier is manne wat hulle gebruik en soos ek verstaan werk hulle mooi?

Re: LED jaglig

Posted: Mon Oct 30, 2017 4:00 pm
by jankraay
LED maak hulle oë vrek seer en dan maak hulle dit heltyd toe. Saterdag aand gesien dat hy langer vir die LF se lig kyk as die LED spots en bar van die bakkie.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: LED jaglig

Posted: Tue Jul 27, 2021 6:38 pm
by pieternel308
Jy kon led jalig by Quinets Worcester kry, jy kan dit ook dim. Weet nie of hulle nog beskikbaar is.