Page 1 of 5

Die 270 spottery?

Posted: Wed Sep 13, 2017 10:32 pm
by Jake1
Jammer eks bietjie dom, lyk my almal weet, waar kom die spottery vandaan?

Pm my maar as jy nie hier wil antwoord nie

Re: Die 270 spottery?

Posted: Thu Sep 14, 2017 5:38 am
by tripodmvr
Vanaf die eerste dag wat ek by SA Jagters aangesluit het was daar maar 'n gekorswil oor die gebruik van die 270. Vir die van julle wat moontlik vir Henk Mulder geken het. Hy en Remmie Mulder (gewese President en nie familie nie) het altyd daaroor mekaar aangevat. Henk vir 270 en Remmie sy 7x64.

Re: Die 270 spottery?

Posted: Thu Sep 14, 2017 7:19 am
by Fanta300
Ek dink dit is maar 'n kultuur ding, net soos die spottery met Land Rover en die gestry oor Toyota/Ford. Jare terug sou geen ernstige motor eienaar 'n Japanees koop nie en kyk hoe lyk ons paaie vandag. Dis maar 99% van die tyd tong in die kies. Ek ken 270 manne wat hulle gewere vir niks sal ruil nie. So 'n ruk terug wou niemand weet van Howa nie en nou sukkel jy om een te kry en so kan ons aangaan...

Re: Die 270 spottery?

Posted: Thu Sep 14, 2017 8:09 am
by PWV
Fanta300 wrote:Ek dink dit is maar 'n kultuur ding, net soos die spottery met Land Rover en die gestry oor Toyota/Ford. Jare terug sou geen ernstige motor eienaar 'n Japanees koop nie en kyk hoe lyk ons paaie vandag. Dis maar 99% van die tyd tong in die kies. Ek ken 270 manne wat hulle gewere vir niks sal ruil nie. So 'n ruk terug wou niemand weet van Howa nie en nou sukkel jy om een te kry en so kan ons aangaan...
Twyfel of iemand gaan sukkel om 'n 270 in die hande te kry. ;D

Re: Die 270 spottery?

Posted: Thu Sep 14, 2017 8:23 am
by jdpretorius
Oom PWV, daai manne wat hulle 270's nou wil verniet weg gee kan my maar kontak
;D

Re: Die 270 spottery?

Posted: Thu Sep 14, 2017 8:51 am
by matewis
Ek dink Jack O Connor se beheptheid met sy 270 winchester het ook baie daarmee te doen. Hy het die 270 vir baie dekades baie lugtyd gegee so baie manne (veral in die VSA) se eerste gewere was 270's as gevolg hiervan. Ek dink dit het die 30-06 en 308 manne begin irriteer en die res is geskiedenis.

Re: Die 270 spottery?

Posted: Thu Sep 14, 2017 9:17 am
by PWV
jdpretorius wrote:Oom PWV, daai manne wat hulle 270's nou wil verniet weg gee kan my maar kontak
;D
Ken nie ouens met 270's nie. Hulle is nie my pelle nie. ++>:

Re: Die 270 spottery?

Posted: Thu Sep 14, 2017 9:29 am
by jdpretorius
PWV wrote:
jdpretorius wrote:Oom PWV, daai manne wat hulle 270's nou wil verniet weg gee kan my maar kontak
;D
Ken nie ouens met 270's nie. Hulle is nie my pelle nie. ++>:
Image Image
Aai aai oom PWV, nou voel ek sommer verwerp.
On sal die afsydigheid maar moed bespreek by 270 Bende

groetnis

Sent from my SM-G570F using Tapatalk

Re: Die 270 spottery?

Posted: Thu Sep 14, 2017 9:50 am
by Supacow
Sonder pelle met 270's hang die biltongdrade seker leeg ;)

Re: Die 270 spottery?

Posted: Thu Sep 14, 2017 10:01 am
by PWV
Supacow wrote:Sonder pelle met 270's hang die biltongdrade seker leeg ;)
Superman, smaak my jy het nog nie van gewere gehoor nie, net van 270's. ++>:

Re: Die 270 spottery?

Posted: Thu Sep 14, 2017 10:07 am
by Eugene
Dis maar dieselfde as die Toyota v Ford, 30-06 v 308 en 6mm v 6.5mm grappies. Oorwegend in 'n goeie lig en hier en daai tog 'n venynige stekie na iemand wat so opgewonde oor sy "brand" raak dat hy al die res wil slegmaak. Elke kaliber/bakkie/produk het sy beperkings en as jy dit aanvaar en binne daardie raamwerk gebruik, is dit mos 100%. Ek vat eerder die ou wat weet hoe om sy 270 optimaal te dryf, as die ou wie se 300/30-06/6.5.... mooier is om na te kyk as die resultate op die teikens! >:D

Re: Die 270 spottery?

Posted: Thu Sep 14, 2017 10:17 am
by Supacow
Ek like weer daai 6.5 manne wie se primerpockets ingee soos hul 270 stats probeer najaag
maar moet net nie durf waag om te se jy kan met n .277 dieselfde en beter vermag as met n .264
6.5 het magiese kenmerke

Re: Die 270 spottery?

Posted: Thu Sep 14, 2017 11:05 am
by wlm
270 is maar n hondegeweer. Jy skiet honde met hom. Alles anders wat jy met hom skiet is hondekos.

Re: Die 270 spottery?

Posted: Thu Sep 14, 2017 11:29 am
by Viking
wlm wrote:270 is maar n hondegeweer. Jy skiet honde met hom. Alles anders wat jy met hom skiet is hondekos.
Jy praat ook maar lekker hondebollie!! >:D

Re: Die 270 spottery?

Posted: Thu Sep 14, 2017 12:09 pm
by Bushwack
Viking wrote:
wlm wrote:270 is maar n hondegeweer. Jy skiet honde met hom. Alles anders wat jy met hom skiet is hondekos.
Jy praat ook maar lekker hondebollie!! >:D

ja verseker ++>:

Re: Die 270 spottery?

Posted: Thu Sep 14, 2017 12:15 pm
by M98mauser
Wel jy moet nie sleg praat van n 270 in die ou suidwes nie daai omies sal jou moer.van ongediertes jakkals tot leeu en daai ver bokke wat gekwes staan 500m plus is als in n 270 se klas by hulle

Re: Die 270 spottery?

Posted: Thu Sep 14, 2017 12:22 pm
by Pvdw
Jake die manne maak nie grappe oor 270 nie. Dis nou maar net hoe dit is.

Re: Die 270 spottery?

Posted: Thu Sep 14, 2017 12:33 pm
by Parker
M98mauser wrote:Wel jy moet nie sleg praat van n 270 in die ou suidwes nie daai omies sal jou moer.van ongediertes jakkals tot leeu en daai ver bokke wat gekwes staan 500m plus is als in n 270 se klas by hulle
So waar deesdae skiet hulle met gewere :laugh:

Re: Die 270 spottery?

Posted: Thu Sep 14, 2017 1:17 pm
by finch
Chuck norris skiet met n 270

Re: Die 270 spottery?

Posted: Thu Sep 14, 2017 1:24 pm
by JDKey
finch wrote:Chuck norris skiet met n 270
Nie heeltamal waar nie....
Chuck Norris skiet 30-06 ammo in sy 270!Image

Re: Die 270 spottery?

Posted: Thu Sep 14, 2017 2:04 pm
by Capt. Yoda
Jake1 wrote:Jammer eks bietjie dom, lyk my almal weet, waar kom die spottery vandaan?

Pm my maar as jy nie hier wil antwoord nie

Die dag toe hulle die eerste een gemaak het

Re: Die 270 spottery?

Posted: Thu Sep 14, 2017 2:29 pm
by Carl
Hou my dop, ek wil klaar werk maar moet hier komentaar kom lewer.

Oom PW van jou customers het twee honderd en sewentigs

Re: Die 270 spottery?

Posted: Thu Sep 14, 2017 2:37 pm
by FHM
Carl wrote:Hou my dop, ek wil klaar werk maar moet hier komentaar kom lewer.

Oom PW van jou customers het twee honderd en sewentigs
Hulle gloeimanne is "gerigg".... ;)

Re: Die 270 spottery?

Posted: Thu Sep 14, 2017 3:11 pm
by tripodmvr
Ook die enigste kaliber wat met 'n bladskoot 'n bloedswam gee van neus tot porten-jorts !!!!!!!

Re: Die 270 spottery?

Posted: Thu Sep 14, 2017 3:32 pm
by Viking
tripodmvr wrote:Ook die enigste kaliber wat met 'n bladskoot 'n bloedswam gee van neus tot porten-jorts !!!!!!!
HOEKOM wil jy bladskoot skiet met 'n .270??