Page 1 of 1
Nuwe Tikka Varmint 300WSM Of Howa varmint en nuwe loop??
Posted: Mon Sep 11, 2017 6:28 pm
by Armand Steenkamp
Vrinne ek sit en wonder alweer. Safari het my krediet gegee vir die waarde van my Savage VLP. Ek het toe my naam voorlopig opgesit vir n Tikka Varmint 300WSM. Wat sal my ander opsies wees? Howa 300Win Mag Varminter en dan gebruik ek die res van die geld vir n custom loop? Of moet ek die custom loop van die begin af opsit en die Howa loop smous?
Of is ek maar net besig om strond uit te dink oor ek ongeduldig is?
Groetnis
Re: Nuwe Tikka Varmint 300WSM Of Howa varmint en nuwe loop??
Posted: Mon Sep 11, 2017 6:31 pm
by CarelG
TIKKA!!! Hulle 300WSM's skiet n koekhou...dis die wag werd...
Re: Nuwe Tikka Varmint 300WSM Of Howa varmint en nuwe loop??
Posted: Mon Sep 11, 2017 7:51 pm
by Diesel Dog
Armand Steenkamp wrote:Vrinne ek sit en wonder alweer. Safari het my krediet gegee vir die waarde van my Savage VLP. Ek het toe my naam voorlopig opgesit vir n Tikka Varmint 300WSM. Wat sal my ander opsies wees? Howa 300Win Mag Varminter en dan gebruik ek die res van die geld vir n custom loop? Of moet ek die custom loop van die begin af opsit en die Howa loop smous?
Of is ek maar net besig om strond uit te dink oor ek ongeduldig is?
Groetnis
My voorstel is bly by 300WSM , jy het al doppe en matryse en hy werk goed met 365 .Die 300 win het sy eie uitdagings met herlaai ,gebruik meer kruit en 385 ontsluit nie sy volle potential .
DD
Re: Nuwe Tikka Varmint 300WSM Of Howa varmint en nuwe loop??
Posted: Tue Sep 12, 2017 7:07 am
by Nico Harris
Daai howa met n ander loop sal loop soos n jet! Ek sou dit gedoen het. Dan kan jy n wsm met n lekker lang loop bou.
Re: Nuwe Tikka Varmint 300WSM Of Howa varmint en nuwe loop??
Posted: Tue Sep 12, 2017 7:16 am
by JPS
Nico Harris wrote:Daai howa met n ander loop sal loop soos n jet! Ek sou dit gedoen het. Dan kan jy n wsm met n lekker lang loop bou.
Nico, hoe doen jou 300Wsm Tikka?
Ek sou by die tikka bly. Wanneer sy loop op is sit dan vir jou lang pyp op.
Re: Nuwe Tikka Varmint 300WSM Of Howa varmint en nuwe loop??
Posted: Tue Sep 12, 2017 7:34 am
by Nico Harris
Tikka skiet baie lekker. Ek hou net van die idee dat ju dadelik die regte lengte en twist loop kan opsit. En in armand se geval gaan hy n ruk wag vir die tikka.
Re: Nuwe Tikka Varmint 300WSM Of Howa varmint en nuwe loop??
Posted: Tue Sep 12, 2017 8:22 am
by Rem
Armand,
Die enigste ding wat ek anders sou verkies is n 26duim loop op die Tikka, maar soos baie hier getuig skiet daai tikka ongelooflik goed.
Persoonlik (ek is nou net deur die barrel swop oefening met die polisie) is die moeite/admin/lang wag om n howa te koop en n ander loop op te sit nie die voordeel (indien enige) die moeitewerd bo die Tikka nie. En 300wsm vir my bo 300wm.
Re: Nuwe Tikka Varmint 300WSM Of Howa varmint en nuwe loop??
Posted: Tue Sep 12, 2017 8:42 am
by Armand Steenkamp
Dasnkie vir julle insette manne. Die Savage 300WSM is reeds van my naam af. As ek n Howa laar herloop, kan ek nie net aansoek doen soos vir n nuwe geweer nie? Is dit nie maar dieselle nie?
Groetnis
Re: Nuwe Tikka Varmint 300WSM Of Howa varmint en nuwe loop??
Posted: Tue Sep 12, 2017 8:50 am
by Rem
Armand,
Nie soos ek dit verstaan nie. Jy het eers n brief van geweersmit nodig om te verduidelik hoekom jy n ander loop wil opsit en hul moet dan die serial nr van die aksie en die loop saamsmelt en dis waar die groot moeilikheid kom.
Ek het wel n kaliber verandering gedoen met die nuwe loop maar, hulle gaan steeds deur min of meer dieselfde proses moet gaan. Jou nuwe lisensie sal steeds dieselfde kaliber se maar jou lisensie sal nou die loop se serial nr ook op he.
Re: Nuwe Tikka Varmint 300WSM Of Howa varmint en nuwe loop??
Posted: Tue Sep 12, 2017 10:29 am
by Capt. Yoda
Is n lang storie met n ander loop en dan nog n ander kaliber is nie net van nuwe geweer koop en liksens kry nie. Vat daai geld en koop vir jou lekker baie koels en dalk n kolf vir n ander roer en dalk n lekker scope en skiet jou roere wat jy het.
Re: Nuwe Tikka Varmint 300WSM Of Howa varmint en nuwe loop??
Posted: Tue Sep 12, 2017 10:35 am
by Gian_dP
Armand Steenkamp wrote:Vrinne ek sit en wonder alweer. Safari het my krediet gegee vir die waarde van my Savage VLP. Ek het toe my naam voorlopig opgesit vir n Tikka Varmint 300WSM. Wat sal my ander opsies wees? Howa 300Win Mag Varminter en dan gebruik ek die res van die geld vir n custom loop? Of moet ek die custom loop van die begin af opsit en die Howa loop smous?
Of is ek maar net besig om strond uit te dink oor ek ongeduldig is?
Groetnis
Jy weet hoe lekker skiet jou ander Howas. As jy nie wil wag vir n Tikka nie, koop dikloop Howa 300WM, nuwes dies, doppe en paar blikke VV N560 vir die res van die krediet.
Re: Nuwe Tikka Varmint 300WSM Of Howa varmint en nuwe loop??
Posted: Tue Sep 12, 2017 11:51 am
by Armand Steenkamp
Hahaha nou weet ek nog minder wat ek moet doen.
Captein, dis n goeie plan maar ek wil graag n 30kaliber he..
Ander ding is ek het elke keer so n mini beroerte gekry as ek 62gr 365 in n dop gooi, dit sal met die 300WM nog 10gr meer wees. Ek sal graag eerder by die 300WSM wil bly.. Dalk n Howa varmint 308 koop en hom 300WSM laat sny, dan met die geld wat oorbly n lekker lang pyp vir as die Oorspronklike loop op is...
So terloops, hoe lank is die Tikka varmint se loop?? 24duim??
Re: Nuwe Tikka Varmint 300WSM Of Howa varmint en nuwe loop??
Posted: Tue Sep 12, 2017 12:01 pm
by Gian_dP
600mm (23,6") 1 in 11 groefdraai.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: Nuwe Tikka Varmint 300WSM Of Howa varmint en nuwe loop??
Posted: Tue Sep 12, 2017 12:12 pm
by JPS
Nico Harris wrote:Tikka skiet baie lekker. Ek hou net van die idee dat ju dadelik die regte lengte en twist loop kan opsit. En in armand se geval gaan hy n ruk wag vir die tikka.
Daar is nie so iets soos dadelik ander loop opsit nie.
In alle waarskynlikheid gaan jy daai geweer eers moet lisensieer en dan aansoek doen vir loop vervanging.
Soos ons almal weet is dit maar 'n storie. Skiet daai Tikka soos jy doen tot hy amper klaar is koop dan loop en doen aansoek ver vervanging terwyl jy nog kan skiet.
Maar my 2c
Re: Nuwe Tikka Varmint 300WSM Of Howa varmint en nuwe loop??
Posted: Tue Sep 12, 2017 12:22 pm
by joe rocket
Marco hier op die forum laat lui die gonge op n 1200m met n standaard howa bull barrel, maar dan moet jy weer doppe en matryse koop, sneller moet gedoen word en die kolf kort werk of jy moet dit vervang.
Ek sal rustig wag vir die tikka en solank beginne 212gr eld-x hornady koele bymekaar maak. En wanneer daai gonge lui op n 1000m gaan jy breed smile

en die gewag was alles dan die moeite werd.
Re: Nuwe Tikka Varmint 300WSM Of Howa varmint en nuwe loop??
Posted: Tue Sep 12, 2017 12:28 pm
by Rem
JPS wrote:Nico Harris wrote:Tikka skiet baie lekker. Ek hou net van die idee dat ju dadelik die regte lengte en twist loop kan opsit. En in armand se geval gaan hy n ruk wag vir die tikka.
Daar is nie so iets soos dadelik ander loop opsit nie.
In alle waarskynlikheid gaan jy daai geweer eers moet lisensieer en dan aansoek doen vir loop vervanging.
Soos ons almal weet is dit maar 'n storie. Skiet daai Tikka soos jy doen tot hy amper klaar is koop dan loop en doen aansoek ver vervanging terwyl jy nog kan skiet.
Maar my 2c
Nes jy daar se. Ek moes eers geweer op my naam sit en toe na dit goedgekeur was het ek aansoek gedoen vir nuwe loop etc.
Re: Nuwe Tikka Varmint 300WSM Of Howa varmint en nuwe loop??
Posted: Tue Sep 12, 2017 12:35 pm
by Rem
Armand Steenkamp wrote:Hahaha nou weet ek nog minder wat ek moet doen.
Captein, dis n goeie plan maar ek wil graag n 30kaliber he..
Ander ding is ek het elke keer so n mini beroerte gekry as ek 62gr 365 in n dop gooi, dit sal met die 300WM nog 10gr meer wees. Ek sal graag eerder by die 300WSM wil bly.. Dalk n Howa varmint 308 koop en hom 300WSM laat sny, dan met die geld wat oorbly n lekker lang pyp vir as die Oorspronklike loop op is...
So terloops, hoe lank is die Tikka varmint se loop?? 24duim??
Armand,
Jy moet net sekermaak voor jy n kort aksie koop. Ek glo nie die 212 eld-x punte gaan met die kort aksie werk nie. Ek het spesifiek die Rem 700 langaskie vir my 300wsm gevat sodat ek die lang pille kan gooi.
Re: Nuwe Tikka Varmint 300WSM Of Howa varmint en nuwe loop??
Posted: Tue Sep 12, 2017 12:36 pm
by Armand Steenkamp
Op die ou einde lkik dit vir my die goedkoopste en minste moeite gaan wees om te wag vir die tikka en maar tevrede met die kort loop te wees..
Groetnis
Re: Nuwe Tikka Varmint 300WSM Of Howa varmint en nuwe loop??
Posted: Tue Sep 12, 2017 12:38 pm
by Swede
Rem wrote:JPS wrote:Nico Harris wrote:Tikka skiet baie lekker. Ek hou net van die idee dat ju dadelik die regte lengte en twist loop kan opsit. En in armand se geval gaan hy n ruk wag vir die tikka.
Daar is nie so iets soos dadelik ander loop opsit nie.
In alle waarskynlikheid gaan jy daai geweer eers moet lisensieer en dan aansoek doen vir loop vervanging.
Soos ons almal weet is dit maar 'n storie. Skiet daai Tikka soos jy doen tot hy amper klaar is koop dan loop en doen aansoek ver vervanging terwyl jy nog kan skiet.
Maar my 2c
Nes jy daar se. Ek moes eers geweer op my naam sit en toe na dit goedgekeur was het ek aansoek gedoen vir nuwe loop etc.
Ek wil nie hi-jack nie maar wat is die hele proses wat gevolg moet word as jou loop nou einde se kant staan en jy wil dit vervang
Re: Nuwe Tikka Varmint 300WSM Of Howa varmint en nuwe loop??
Posted: Wed Sep 13, 2017 8:07 am
by Rem
Swede,
My proses was as volg.
Het n nuwe 30-06 gekoop vir die aksie (aksie alleen was daardie tyd duurder en jy kry dan ook nie die magesyn by nie wat die prys verskil nog groter maak) en moes toe die gewone ansoek doen vir die geweer.
Lisensie vir die 30-06 gekry en toe na die geweersmit toe gegaan. Hy het toe n aansoek ingedien vir die kaliber change/barrel swop.
Dit het ongeveer 13maande gevat. Na dit goedgekeur was (en die geweersmit kon nou eers begin bou aan die geweer) het ek weer n aansoek gaan indien vir die "Notification of incorrect information" oor dit nou nie meer n 30-06 is nie maar n 300wsm. Hierdie is slegs vir die print van die korrekte informasie maar het weer 3 maande geneem (en n stewige telefoon rekening, want ek moes hul konstant bel om uit te vind wat aangaan).
Na dit het jy jou nuwe geweer. Dis rerig nie n aangename proses nie, maar ek kan sien as dit nie jou primere geweer is en jy steeds kan aangaan daarsonder vir n ruk dat dit die moeitewerd is. Dit was vir my die moeitewerd oor ek ande gewere gehad het, maar deesdae se "van die rak af gewere" is so akkuraat dat mens mooi moet dink oor die storie.
Re: Nuwe Tikka Varmint 300WSM Of Howa varmint en nuwe loop??
Posted: Wed Sep 13, 2017 8:10 am
by Swede
Rem wrote:Swede,
My proses was as volg.
Het n nuwe 30-06 gekoop vir die aksie (aksie alleen was daardie tyd duurder en jy kry dan ook nie die magesyn by nie wat die prys verskil nog groter maak) en moes toe die gewone ansoek doen vir die geweer.
Lisensie vir die 30-06 gekry en toe na die geweersmit toe gegaan. Hy het toe n aansoek ingedien vir die kaliber change/barrel swop.
Dit het ongeveer 13maande gevat. Na dit goedgekeur was (en die geweersmit kon nou eers begin bou aan die geweer) het ek weer n aansoek gaan indien vir die "Notification of incorrect information" oor dit nou nie meer n 30-06 is nie maar n 300wsm. Hierdie is slegs vir die print van die korrekte informasie maar het weer 3 maande geneem (en n stewige telefoon rekening, want ek moes hul konstant bel om uit te vind wat aangaan).
Na dit het jy jou nuwe geweer. Dis rerig nie n aangename proses nie, maar ek kan sien as dit nie jou primere geweer is en jy steeds kan aangaan daarsonder vir n ruk dat dit die moeitewerd is. Dit was vir my die moeitewerd oor ek ande gewere gehad het, maar deesdae se "van die rak af gewere" is so akkuraat dat mens mooi moet dink oor die storie.
Baie dankie vir die verduideliking!