Page 1 of 1

Skietongeluk - Queenstown, Oos-Kaap

Posted: Mon Sep 11, 2017 5:18 pm
by win270

Re: Skietongeluk - Queenstown, Oos-Kaap

Posted: Mon Sep 11, 2017 6:51 pm
by andre007
Dit het op n wildsplaas gebeur. Ek het die storie nou gehoor, eks nie geregistreer op Netwerk24 nie, kan jy vir ons die berig plaas?

Re: Skietongeluk - Queenstown, Oos-Kaap

Posted: Mon Sep 11, 2017 9:23 pm
by win270
Ek sukkel om dit te COPY & PASTE - lyk my Netwerk24 maak dit deesdae onmoontlik.

Re: Skietongeluk - Queenstown, Oos-Kaap

Posted: Tue Sep 12, 2017 9:35 am
by andre007
Daarsy manne, hiers die storie.

Re: Skietongeluk - Queenstown, Oos-Kaap

Posted: Tue Sep 12, 2017 9:42 am
by andre007
andre007 wrote:Daarsy manne, hiers die storie.
Ek wonder oor die stelling, wat maak n geweer n "goedkoop" geweer?

Re: Skietongeluk - Queenstown, Oos-Kaap

Posted: Tue Sep 12, 2017 9:57 am
by Basjan123
andre007 wrote:
andre007 wrote:Daarsy manne, hiers die storie.
Ek wonder oor die stelling, wat maak n geweer n "goedkoop" geweer?
Andre ek sal ook graag wil weet, ek dink hy het nou 'n lat vir homself gepluk.

Re: Skietongeluk - Queenstown, Oos-Kaap

Posted: Tue Sep 12, 2017 10:20 am
by andre007
Nuwe verwikelinge:

Re: Skietongeluk - Queenstown, Oos-Kaap

Posted: Tue Sep 12, 2017 10:30 am
by Ashley
Ai ai...elke jagseisoen lees mens die stories...
Dis rerig tragies

Re: Skietongeluk - Queenstown, Oos-Kaap

Posted: Tue Sep 12, 2017 12:00 pm
by Viking
Enige skietvoorval is altyd tragies...veral as dit met jag verbind word!!

MAAR ek hoef nie in die speurdiens te wees om die een te ruik nie! Die polisie ondersoek 'n skietvoorval en die plaaseienaar ontken daar was een - hoe rym dit?

Beide berigte se inhoud klop nie....kom ons kyk hoe die een ontrafel word

Re: Skietongeluk - Queenstown, Oos-Kaap

Posted: Tue Sep 12, 2017 12:44 pm
by Carl
Dit klink ook soos 'n skiet voorval hier naby by Majakaneng. Groot bohaai oor lemoen diewe wat geskiet is. Maar Sipho se liggaam is skoonveld niemand kry dit nie. Die "community" het egter wel die N4 gesluit en is stelselmatig besig om die boer van sy grond af te sit. Hulle het reeds sy huis geplunder.

Re: Skietongeluk - Queenstown, Oos-Kaap

Posted: Tue Sep 12, 2017 4:58 pm
by airhunter
Die ou praat van HOWAS manne! :laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh:

Grap net. Ek het self n Howa.

Re: Skietongeluk - Queenstown, Oos-Kaap

Posted: Tue Sep 12, 2017 8:05 pm
by JJV
Dis baie gevaarlik om "persepsies" te skep, het jou Howa geval, het hy afgegaan? Indien nie kan jy moeilikheid optel by Howa.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Skietongeluk - Queenstown, Oos-Kaap

Posted: Tue Sep 12, 2017 8:20 pm
by Ranger
10th hand info I've heard is that it involved a PH and another female employee who was shot in the head. Strongs to all involved and a sobering reminder about just how important firearm safety is.

Re: Skietongeluk - Queenstown, Oos-Kaap

Posted: Tue Sep 12, 2017 8:38 pm
by tripodmvr
Die manne naby aan die geval praat nie uit nie omdat Queenstown 'n klein plekkie is. Feite is dat 'n val met 'n gelaaide geweer iemand se dood beteken het. 'n Goue reël van wapenveiligheid is verbreek en dit sal weer 'n vingerwys na vuurwapengebruik laat gebeur.

Mense word doodgeskok of kom om in motorongelukke, maar die bohaai is nie so groot nie.

Die familie van die vrou sowel as die persoon wat die vuurwapen hanteer het gaan deur baie trauma. Sterkte vir hulle en familie.

Re: Skietongeluk - Queenstown, Oos-Kaap

Posted: Wed Sep 13, 2017 8:38 am
by win270
Elke skietongeluk is een te veel en verdien om behoorlik ondersoek te word met die doel om in die toekoms te verhoed / verminder.

Stem egter ook saam dat dit uit verband geruk word as daar byvoorbeeld na die roekelose gedrag van voertuigbestuurders op ons paaie gekyk word en eintlik maar niks daaraan gedoen word nie.

Re: Skietongeluk - Queenstown, Oos-Kaap

Posted: Wed Sep 13, 2017 10:58 am
by Meteor
Een van ons groot rugby spelers het ook iemand geskiet. Dit was met 'n jag geweer vanaf 1-2m terwyl die manne staan en ### praat het in 'n sirkel.
As enigiemand al 'n berig hieroor gesien het pm my asb want ek verstaan nie hoekom dit ook so stil is. Party mense het al die geluk.

Re: Skietongeluk - Queenstown, Oos-Kaap

Posted: Wed Sep 13, 2017 11:02 am
by Basjan123
Meteor wrote:Een van ons groot rugby spelers het ook iemand geskiet. Dit was met 'n jag geweer vanaf 1-2m terwyl die manne staan en ### praat het in 'n sirkel.
As enigiemand al 'n berig hieroor gesien het pm my asb want ek verstaan nie hoekom dit ook so stil is. Party mense het al die geluk.
As ons van dieselfde persoon praat dit was op die radio nuus en ook in die koerante gewees..

Re: Skietongeluk - Queenstown, Oos-Kaap

Posted: Wed Sep 13, 2017 11:16 am
by Meteor
Basjan123 wrote:
Meteor wrote:Een van ons groot rugby spelers het ook iemand geskiet. Dit was met 'n jag geweer vanaf 1-2m terwyl die manne staan en ### praat het in 'n sirkel.
As enigiemand al 'n berig hieroor gesien het pm my asb want ek verstaan nie hoekom dit ook so stil is. Party mense het al die geluk.
As ons van dieselfde persoon praat dit was op die radio nuus en ook in die koerante gewees..
Baie dankie. Ek is soms sleg met goeters opsoek en "SA rygbyspeler skiet in die voet" is nie die beste soek term :)

Volgens die stories op die internet is hy onskuldig en en en maar die waarheid is hy het nonsens aangejaag.

Re: Skietongeluk - Queenstown, Oos-Kaap

Posted: Wed Sep 13, 2017 12:28 pm
by jankraay
Punt no 1: n Veilige geweer is een sonder n patroon.
Punt no 2: Wees verantwoordelik teen alle tye.
Punt no 3: Sien Punt no 1 en 2


Sent from my iPhone using Tapatalk