Page 1 of 2

Hulp benodig met boedel wapens!

Posted: Mon Sep 11, 2017 10:02 am
by Ben
More almal,
Ek probeer my Tannie help. Haar man is twee jaar terug oorlede en sy wil nou van die wapens ontslae raak. Sy wil die wapens verkoop en soek net "fair value" asb.
Hierdie paar het ek hulp mee nodig asb. Ek is geen kenner nie so as julle kan help met beraamde waarde sal ek dit regtig baie waardeer

Eerste Wapen is n Savage 250-3000 Model 99
IMG_9028.JPG
IMG_9029.JPG

Re: Hulp benodig met boedel wapens!

Posted: Mon Sep 11, 2017 10:04 am
by Ben
Tweede Wapen is n Mauser .22
IMG_9030.JPG
IMG_9031.JPG
IMG_9032.JPG

Re: Hulp benodig met boedel wapens!

Posted: Mon Sep 11, 2017 10:05 am
by Ben
Derde Wapen is Colt 357 Python - Verkoop

Die ding is regtig bitter mooi!
IMG_9043.JPG
IMG_9044.JPG
IMG_9045.JPG

Re: Hulp benodig met boedel wapens!

Posted: Mon Sep 11, 2017 10:07 am
by Ben
Laaste Wapen is Walter P38 9mmP
IMG_9042.JPG
IMG_9041.JPG

Re: Hulp benodig met boedel wapens!

Posted: Mon Sep 11, 2017 1:28 pm
by Viking
Hi Ben - PM gestuur

Re: Hulp benodig met boedel wapens!

Posted: Mon Sep 11, 2017 1:49 pm
by Swede
Ben wrote:Derde Wapen is Colt 357 Python
Die ding is regtig bitter mooi!
IMG_9043.JPG
IMG_9044.JPG
IMG_9045.JPG
'n Python is sekerlik een van die mooiste rewolwers daar buite.

Re: Hulp benodig met boedel wapens!

Posted: Mon Sep 11, 2017 2:05 pm
by Ben
Dankie Manne,
Enige verdere advies en of terugvoer is welkom

Re: Hulp benodig met boedel wapens!

Posted: Mon Sep 11, 2017 2:09 pm
by Jean Marais
Daai .22 praat met my. Laat weet asb as hy verkoop gaan word. Sal beslis belangstel

Re: Hulp benodig met boedel wapens!

Posted: Mon Sep 11, 2017 2:14 pm
by Johan van Wyk
Gesels met Andrew Soutar by Classic Arms.

Re: Hulp benodig met boedel wapens!

Posted: Mon Sep 11, 2017 2:15 pm
by Ben
Dankie Johan

Re: Hulp benodig met boedel wapens!

Posted: Mon Sep 11, 2017 2:32 pm
by Ranger
That Colt Python, R12,000 - R15,000 easily.

Re: Hulp benodig met boedel wapens!

Posted: Mon Sep 11, 2017 2:42 pm
by Jan Meiring
Hi, al hierdie wapens is baie gesog en in 'n besonderse mooi toestand. Veral die .22 Mauser Obendorf (waarvan ek een het) is uiters gesog. Seker in die omgewing van R30k vir die 4
JM

Re: Hulp benodig met boedel wapens!

Posted: Mon Sep 11, 2017 6:13 pm
by wlm
Gee een van julle sommer die procedure (dokumentasie, ens) wat nodig is om die boedelwapens in jou naam te laat lisensieer na jy dit gekoop het.

Re: Hulp benodig met boedel wapens!

Posted: Mon Sep 11, 2017 8:17 pm
by Pvdw
Die 22 is model 410b. Ek het self 1. Dis die sogenaamde mini k98 mauser aksie. Kondisie is als met hulle. Ek het onlangs 1 gesien wat skaars 2k gegaan het en dan weer so jaar terug 1 gesien op Guntree verkoop vir 8k as ek reg onthou. Iets waarna die versamelaars soek is die mauser stempek op die slot kant van die kolf. Myne verkoop ek nie vir 8k nie, jy gaan baie meer geld op die tafel as dit vir my moet sit.

Re: Hulp benodig met boedel wapens!

Posted: Mon Sep 11, 2017 8:53 pm
by Ben
Baie Dankie. Ek Sal met die wAt in kontak gekom het in verbinding tree. Sal Ook bietjie meer uitvind oor Daai .22


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Hulp benodig met boedel wapens!

Posted: Mon Sep 11, 2017 9:42 pm
by JAGTERSREG-JRM
wlm wrote:Gee een van julle sommer die procedure (dokumentasie, ens) wat nodig is om die boedelwapens in jou naam te laat lisensieer na jy dit gekoop het.

Dokumentasie benodig vir boedel wapens as volg:

1.Eksekuteurs aanstellings brief
2.Eksekuteurs ID
3.Oorledene se doods sertifikaat
4.Afskrif van oorledene se id
5.Afskrif van voor en agterkant van wapen lisensie
6. Saps 271 word deur Eksekuteur voltooi en onderteken

Groete

Re: Hulp benodig met boedel wapens!

Posted: Tue Sep 12, 2017 6:28 am
by Ds J
Die Walther kan verkoop vir R2000 - R4000. Gewoonlik R2700-R3500.

Re: Hulp benodig met boedel wapens!

Posted: Tue Sep 12, 2017 7:45 am
by wlm
JAGTERSREG-JRM wrote:
wlm wrote:Gee een van julle sommer die procedure (dokumentasie, ens) wat nodig is om die boedelwapens in jou naam te laat lisensieer na jy dit gekoop het.

Dokumentasie benodig vir boedel wapens as volg:

1.Eksekuteurs aanstellings brief
2.Eksekuteurs ID
3.Oorledene se doods sertifikaat
4.Afskrif van oorledene se id
5.Afskrif van voor en agterkant van wapen lisensie
6. Saps 271 word deur Eksekuteur voltooi en onderteken

Groete
Dankie.

Re: Hulp benodig met boedel wapens!

Posted: Tue Sep 12, 2017 8:10 am
by Ben
JAGTERSREG-JRM wrote:
wlm wrote:Gee een van julle sommer die procedure (dokumentasie, ens) wat nodig is om die boedelwapens in jou naam te laat lisensieer na jy dit gekoop het.

Dokumentasie benodig vir boedel wapens as volg:

1.Eksekuteurs aanstellings brief
2.Eksekuteurs ID
3.Oorledene se doods sertifikaat
4.Afskrif van oorledene se id
5.Afskrif van voor en agterkant van wapen lisensie
6. Saps 271 word deur Eksekuteur voltooi en onderteken

Groete
Baie Dankie Kobus, Sal met jou in kontak tree oor n paar items.
Groete
Ben

Re: Hulp benodig met boedel wapens!

Posted: Wed Sep 20, 2017 8:19 am
by Ben
Ben wrote:Tweede Wapen is n Mauser .22
IMG_9030.JPG
IMG_9031.JPG
IMG_9032.JPG
Ek het toe bietjie weer na daai .22 gaan loer. Lyk soos die regte mini Mauser

Re: Hulp benodig met boedel wapens!

Posted: Wed Sep 20, 2017 10:16 am
by Viking
Ben wrote:
Ben wrote:Tweede Wapen is n Mauser .22

Ek het toe bietjie weer na daai .22 gaan loer. Lyk soos die regte mini Mauser
Hi Ben,

Dis dalk "goeie en slegte" nuus!

Goeie nuus dis 'n Mauser

Slegte nuus - die "bolt" se oorhaal hoogte maak dit moeilik om 'n "scope' op te sit vir die spesifieke model.

Dalk kan die kundiges 'n oplossing aanbied vir die uitdaging...
IMG_9031.JPG

Re: Hulp benodig met boedel wapens!

Posted: Wed Sep 20, 2017 10:52 am
by 243Songdaug
'n Goeie wapensmid behoort die slot te kan buig soos gesoen is met die K98s. Sommige sal verkies om hom eerder af te sny en weer te sweis.

Kort en lank - dis 'n redelike eenvoudige operasie wat die wapen soveel meer pret sal maak.

Re: Hulp benodig met boedel wapens!

Posted: Wed Sep 20, 2017 11:14 am
by Meteor
Ouens asb. Vir die wat jeuk is daar baie nuwe wapens, in dieselfde prysklas, wat mee kan speel word en opgebou word ens maar hierdie wapen, wat julle nou van praat, het nie 'n tottie en hulle raak nie elke dag meer.

As hy kla gebrakpan is sien ek geen probleem om hom verder te brakpan maar los asb die ongeskende wapens vir die wapenliefhebbers.

Re: Hulp benodig met boedel wapens!

Posted: Wed Sep 20, 2017 11:58 am
by Viking
Meteor koop hom...inset prys R8 000!

Re: Hulp benodig met boedel wapens!

Posted: Wed Sep 20, 2017 12:29 pm
by Meteor
Ai, ek wil so graag Viking. Ek maak al 'n paar dae idees soos miskien kort pa so wapen, miskien kan ek iets verkoop.
Ek is maar net te werkloos op die oomblik.

Mag hy gaan aan 'n goeie huis nes die anders wapens.
Voorspoed met die verkoop Ben.