Page 1 of 1

Jag-ongeluk!!!

Posted: Thu Sep 08, 2011 2:16 pm
by henried
Hierdie ongeluk het gebeur op die plaas waar ons die naweek gejag het, Marikwa. Dit is 'n Amerikaanse jagter, hy het sy pyl, met punt na bo, tussen sy armleening en die sitplek van sy stoel gedruk toe hy in die hide kom. Hy het gaan sit en van die pyl vergeet. Die pyl het so 4 duim in sy arm gedruk...

Hier is Johan se mail:


Ons het n buitelandse jagter gehad wat homself perongeluk met n G5 Striker 4" in sy arm in gesteek. Hy het een van sy hoof are in sy arm met n centimeter gemis. Dit was chaos gewees want hy het vreeslik gebloei, en met die rit dokter toe was maar rof gewees! Gelukkig was dit toe nie te erg gewees nie, maar hy het n paar senuwees afgesny en sal maar operasie en reabilitasie moet kry. Tot my verbasing het hy die volgende dag gaan jag met sy arm en al. Dit was wel met n geweer toe gewees.

Re: Jag-ongeluk!!!

Posted: Thu Sep 08, 2011 3:18 pm
by Gerhard
Hy was bitter baie gelukkig gewees...

Amper is hy in n hout kas terug huis toe...  :o

Re: Jag-ongeluk!!!

Posted: Thu Sep 08, 2011 3:23 pm
by Lourens
Daai kerel kan homself bitter gelukkig ag, daai was net 'n pyl wat in sy arm gesteek het en het reeds baie skade gemaak, as daai pyl met spoed uit uit boog losgekom het dink ek dit sou 'n fatale gebeurtenis gewees het.

Groete,
Lourens

Re: Jag-ongeluk!!!

Posted: Thu Sep 08, 2011 3:25 pm
by henried
Hy kan baie bly wees sy Ph het verstaan van noodhulp...

Ek het die naweek besef, PH klink lekker maar dis harde werk en lang ure...

Re: Jag-ongeluk!!!

Posted: Thu Sep 08, 2011 3:33 pm
by G-force
My eie arm word sommer so lam as ek daaraan dink en na die pics kyk.Nee jissie man.Gaan jy die op anchorpoint en bowhunting forum plaas asb?

Re: Jag-ongeluk!!!

Posted: Thu Sep 08, 2011 3:35 pm
by henried
Johan, Marikwa, het die op die bowhunting forum geplaas, dink nie hy is op die ander forum nie.

Re: Jag-ongeluk!!!

Posted: Thu Sep 08, 2011 5:22 pm
by henslin
Eina black-sam  !!!!  Maak net weer die ou stelling duideliker -' Vir die sport moet jy wakker wees.'  Bewys net weer dat 'n BH wat skerp is sy ding kan doen. Hoop nie hy hou enige ernstige skade oor nie. Die tipe van plasing sal beslis die res van ons wakker hou !!

Re: Jag-ongeluk!!!

Posted: Thu Sep 08, 2011 5:34 pm
by Gerhard
Ons het laas jaar die tyd n groot gees in die boog skiet en jag verloor agv n boog skiet ongeluk in n hide...

Die boog en sy dinge is net so gevaarlik soos enige vuurwapen...

Re: Jag-ongeluk!!!

Posted: Thu Sep 08, 2011 5:56 pm
by fanie17
Hy kon net so wel n slag aar af gesny het is gellukeg

Re: Jag-ongeluk!!!

Posted: Thu Sep 08, 2011 9:50 pm
by henslin
Kom bietjie met meer inligting Gerhard. Ek dom !! As dit gevoellig is PM my !

Re: Jag-ongeluk!!!

Posted: Fri Sep 09, 2011 4:47 am
by Gerhard
Burgert was n klein manntjie maar n groot gees in die boog jag en skiet in Pretoria...

Hy en sy vrou het gaan boog jag laas jaar min of meer die tyd.

Hy wou he sy vrou moes n rooibok skiet as ek reg onthou.

Die bok het in gekom en sy het gespan maar die bok het verby geloop.

Sy kon nie let down nie en hy het haar gehelp.

Hier het iets verkeerd gegaan en die pyl het geloop.

Die rage broad head het hom in die bo been getref en die slag aar af gesny...

Burgert is weg oppad dokter toe...  :'(

Re: Jag-ongeluk!!!

Posted: Fri Sep 09, 2011 7:59 am
by henried
Sy seuntjie verjaar die 24 Sep, dan is hy 4 jaar.
Dit was Sondag 'n jaar terug.

Re: Jag-ongeluk!!!

Posted: Fri Sep 09, 2011 8:09 am
by FE
Dit is baie tragies, wys ons net 'n ongeluk gebeur so vinnig! Ideale gesins uitstappie, en dan dit. Jammer vir daardie gesin.