Page 1 of 2

Help met gate in primers

Posted: Fri Sep 08, 2017 7:05 pm
by Cilair
Goeie dag manne het iemand anders ook al die volgende probleem met 'n Howa ondervind. Die slagpen slaan gat deur die primer


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Help met gate in primers

Posted: Fri Sep 08, 2017 7:06 pm
by Cilair
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170908/8ce4a82780ed89f5aea9621d829384a8.jpg


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Help met gate in primers

Posted: Fri Sep 08, 2017 7:11 pm
by tripodmvr
Ek kry dit in my 223 Howa met PMP ammunisie. Hulle is warm gelaai. Die Federal wat ek mee herlaai het nog nie sulke tendense getoon nie.

Re: Help met gate in primers

Posted: Fri Sep 08, 2017 7:30 pm
by Cilair
Hierdie lading is nog nie eers by die maks wat sonchem gee nie. Dit is cci 400 primers


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Help met gate in primers

Posted: Fri Sep 08, 2017 7:38 pm
by Gawie(13mm)
'n Goeie vriend van my het presies dieselfde met sy nuwe Howa Creedmor ondervind. Hy vat Maandag sy roer na die wapensmit vir 'n ondersoek. Sy ladings is ook relatief mak, siende dat hy nog loop inbreek, maar hy druk die koeƫl in die lande en ek vermoed dit jaag die druk eksponensieƫl op.

Re: Help met gate in primers

Posted: Fri Sep 08, 2017 7:43 pm
by wlm
My 243 Win Howa het ook 'n kort keel dus moet sy koeels redelik diep in die dop gedruk word. My eerste reaksie is druk. Maak die slot maar goed skoon, daar sal 'n klomp ronde metaalskyfies, presies so groot soos die gate in die slagdoppe, in wees.

Re: Help met gate in primers

Posted: Fri Sep 08, 2017 7:57 pm
by Cilair
Ja Gawie dit is juis jou goeie vriend se geweer wat dit doen. Dalk gedink gedink daar is ander verklaring vir die gate wat die nuwe Howa maak


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Help met gate in primers

Posted: Fri Sep 08, 2017 8:13 pm
by Jake1
Volg

Re: Help met gate in primers

Posted: Fri Sep 08, 2017 9:28 pm
by tripodmvr
My kommentaar. Waarom die gebruik om in die lande te laai? Gaan 'n veilige afstand van 1mm of meer weg en die drukprobleme verdwyn. Nou kan jy sinvol ladings ontwikkel.

Re: Help met gate in primers

Posted: Fri Sep 08, 2017 9:28 pm
by jankraay
Selfde probleem gehad op RPR. Slagpen se spring was te pap en het hulle vervang met RSA springs. Probleem opgelos. If all else fails....bush en sleeve die slagpen.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Help met gate in primers

Posted: Fri Sep 08, 2017 10:11 pm
by Cilair
Dankie vir al die sinvolle inligting. Nou weet ek ook darem waarna om te kyk as my Howa dalk eendag begin om sulke streke uit te haal


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Help met gate in primers

Posted: Fri Sep 08, 2017 11:03 pm
by Smit@50
My Howa 223 het ook so gemaak dit is agv slagpen veer wat te pap is Ek het n spacer by veer ingesit en al my probleme is weg


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Help met gate in primers

Posted: Sat Sep 09, 2017 1:13 am
by Albert84
In 350 skote met my Truvelo 338LM het ek dit op net een CCI250 slagdop gekry. Skiet 300gn teen 2600fps met S385. Gedink dit is maar n swak slagdop gewees.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Help met gate in primers

Posted: Sat Sep 09, 2017 7:04 am
by Jake1
Hoekom veroorsaak pap veer op slagpen gate?

Re: Help met gate in primers

Posted: Sat Sep 09, 2017 8:00 am
by jankraay
Jou slagpen hop sodra hy die primer tref en dan is dit asof hy die primer 2 keer slaan wat veroorsaak dat hy pierce.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Help met gate in primers

Posted: Sat Sep 09, 2017 8:08 am
by Gian_dP
Jake1 wrote:Hoekom veroorsaak pap veer op slagpen gate?
Die slagpen word teruggedruk in die slot in. Die gaatjie word blykbaar nie deur slagpen ingeslaan nie, maar stukkie primer wat deur die gat in die slotgesig uitgepons word.

Daar gaan waarskynlik paar metaal discs binne in sy slot wees.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Help met gate in primers

Posted: Sat Sep 09, 2017 8:16 am
by jankraay
Gian_dP wrote:
Jake1 wrote:Hoekom veroorsaak pap veer op slagpen gate?
Die slagpen word teruggedruk in die slot in. Die gaatjie word blykbaar nie deur slagpen ingeslaan nie, maar stukkie primer wat deur die gat in die slotgesig uitgepons word.

Daar gaan waarskynlik paar metaal discs binne in sy slot wees.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Jy is reg. Die slagpen met die 2de slag verswak die jacket van die primer en so druk hy deur die "firing pin hole".


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Help met gate in primers

Posted: Sat Sep 09, 2017 9:03 am
by Capt. Yoda
Is maar n probleem met die klein primer lapua brass in party gewere, Jan het lank met dit in sy RPR gestoei
Niks met druk te doen nie

Re: Help met gate in primers

Posted: Sat Sep 09, 2017 9:10 am
by jankraay
Capt. Oblivious wrote:Is maar n probleem met die klein primer lapua brass in party gewere, Jan het lank met dit in sy RPR gestoei
Niks met druk te doen nie
Ek het hom amper verkoop en n Howa gekoop...Image


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Help met gate in primers

Posted: Sat Sep 09, 2017 11:43 am
by PWV
jankraay wrote:
Capt. Oblivious wrote:Is maar n probleem met die klein primer lapua brass in party gewere, Jan het lank met dit in sy RPR gestoei
Niks met druk te doen nie
Ek het hom amper verkoop en n Howa gekoop...Image


Sent from my iPhone using Tapatalk
Dit sou 'n wyse besluit gewees het! 8)

Re: Help met gate in primers

Posted: Sat Sep 09, 2017 12:54 pm
by Capt. Yoda
Jan waar is daai video wat jy n 1000m gong met daai RPR uit die vuis uit skiet?

Re: Help met gate in primers

Posted: Sat Sep 09, 2017 2:12 pm
by jankraay
Haha Cappie jy sal hom moet opsit. Sako222 moet my eers wys hoe om die goed te laai.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Help met gate in primers

Posted: Sat Sep 09, 2017 2:58 pm
by Capt. Yoda
Hiers Jan se primers.

Re: Help met gate in primers

Posted: Sat Sep 09, 2017 5:36 pm
by jankraay
Dankie Cappie.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Help met gate in primers

Posted: Sat Sep 09, 2017 7:21 pm
by airhunter
Ek het met 123 grein punte en s355 in my Creed dieselfde probleem gehad.
Vandat ek 365 gebruik nognie weer n gat in die primer gekry nie.
Howa.