Page 1 of 1
Tikka T3 .270 Win Varminter te Koop
Posted: Thu Sep 07, 2017 9:54 pm
by Leon Crous
Goeie naand manne,
Ek verkoop bo-genoemde om verdere goed vir die 2 boeties se Creeds te finansier.
Pakkie:
TIKKA T3 Varminter .270 Win. met bullbarrel en verwyderbare magasyn.
So goed soos nuut kondisie. Ongeveer 420 skote geskiet.
Uiters akkuraat met 130gr Frontier Spartans.
Ingesluit is:
Picatiny rail , sling , 6"-9" bi-pod , loop gesy vir silencer met barrel-cap , Warrior silencer , dies , +- 100 Winchester dope (2 keer gevuur) , 10 x Frontier Spartan 130gr Hunting punte. En dan nog 'n paar skoonmaak goedjies.
Nuut + alles behoort jou so ten minste R35 000 uit die sak te jag (konserwatief gewerk).
Sonder teleskoop en ringe soek ek = R18 000
Dis die perfekte kans om met 'n goeie pakket weg te spring, sit net scope op en Bob's your uncle!
Laat weet gerus indien u belangstel.
Saam met Burris Verasity teleskoop en ringe = R26 000
Groete,
Leon.
Re: Tikka T3 .270 Win Varminter te Koop
Posted: Fri Sep 08, 2017 6:27 am
by Nella
Whatsapp hulle vir my na 078agt943717 dan plaas ek dit
Re: Tikka T3 .270 Win Varminter te Koop
Posted: Fri Sep 08, 2017 6:38 am
by Reloader270
Leon sit 'n foto op - dit spreek meer as 1000 woorde. Laat die manne die geweer sien!
Re: Tikka T3 .270 Win Varminter te Koop
Posted: Fri Sep 08, 2017 8:02 am
by Nella
TIKKA T3 Varminter .270 Win
IMG-20170908-WA0003.jpg
IMG-20170908-WA0005.jpg
IMG-20170908-WA0004.jpg
Re: Tikka T3 .270 Win Varminter te Koop
Posted: Fri Sep 08, 2017 8:04 am
by Nella
.243 Ruger
IMG-20170908-WA0006.jpg
IMG-20170908-WA0007.jpg
Re: Tikka T3 .270 Win Varminter te Koop
Posted: Fri Sep 08, 2017 9:01 am
by Giepie
Daardie 270 lyk meer soos die CTR as die Varminter, of is ek verkeerd?
Re: Tikka T3 .270 Win Varminter te Koop
Posted: Fri Sep 08, 2017 9:09 am
by Drenalinjunkie
Giepie wrote:Daardie 270 lyk meer soos die CTR as die Varminter, of is ek verkeerd?
Daai is die Varminter. Nie net dit nie maar die CTR kom net in .260 en .308 as ek reg kan onthou.
Re: Tikka T3 .270 Win Varminter te Koop
Posted: Fri Sep 08, 2017 11:36 am
by Giepie
Dankie, ek staan gekorigeer.

Lyk baie eenders. CTR is in 308, 260 en nou ook 6,5Creedmore, maar is net met standaard lengte aksie beskikbaar.
Re: Tikka T3 .270 Win Varminter te Koop
Posted: Fri Sep 08, 2017 12:22 pm
by Supacow
Draai die bipod om vir n vinnige verkoop

Re: Tikka T3 .270 Win Varminter te Koop
Posted: Thu Sep 14, 2017 11:45 am
by Jurgen Visser
Supacow wrote:Draai die bipod om vir n vinnige verkoop

Lekker lag ek nou ja

Re: Tikka T3 .270 Win Varminter te Koop
Posted: Thu Sep 14, 2017 11:49 am
by Leon Crous
Ai , julle is snaaks
Maar ja, die bi-pod was af en gou net opgesit vir foto en nie gedink nie
.243 Ruger is verkoop.
Maak offer op .270 Tikka dan praat ons.
groete,
Leon.
Re: Tikka T3 .270 Win Varminter te Koop
Posted: Mon Sep 25, 2017 10:08 pm
by Leon Crous
Prys aangepas.
Re: Tikka T3 .270 Win Varminter te Koop
Posted: Tue Sep 26, 2017 7:23 pm
by bokboran
Leon dit is groot P hier
wat bou jy in sy plek
Re: Tikka T3 .270 Win Varminter te Koop
Posted: Tue Sep 26, 2017 9:33 pm
by Leon Crous
Jis Tulpies,
Ek beplan 'n 6mm "Hoerkind" - Gerrie Coetzee se baby - Basies 6XC met 40grade skouer en so 2mm langer nek as XC.
Grs kolf, Tikka aksie, 26" Kriegler/Bartlein loop,ge-flute, komp kroon, ens....
Dis nog in beplanning en parte bymekaar kry stadium.
Gerrie is besig daarmee.
Idee is eenvoudig - Nie langafstand geweer nie, net veldskiet en springbok/blesbok geweer wat 'n rondom 80gr punt (nie nodig vir baie hoƫ BC nie) lekker plat kan stoot tot rondom 400m en nie loop opvreet nie. Minder kruit help ook, en dan relatief maklik om te herlaai, ens.
Sal jou op hoogte hou.
Groete,
Leon.
Re: Tikka T3 .270 Win Varminter te Koop
Posted: Wed Sep 27, 2017 6:51 pm
by bokboran
Klink mooi
my xc wag ek nou 3/10 n jaar voor hoop hy kom nou vinnig
groete
Re: Tikka T3 .270 Win Varminter te Koop
Posted: Mon Feb 19, 2018 3:23 pm
by Jo Toast
Is hierdie al verkoop?
Re: Tikka T3 .270 Win Varminter te Koop
Posted: Mon Feb 19, 2018 6:24 pm
by snakker
Jo Toast wrote:Is hierdie al verkoop?
Ou Jo, ek sien jy soek hard. Koop vir jou Howa dikloop uit die boks uit, man. Jy gaan nie sommer beter waarde vir geld kry nie
Sent from my Redmi Note 3 using Tapatalk
Re: Tikka T3 .270 Win Varminter te Koop
Posted: Thu Sep 07, 2023 10:39 pm
by Leon Crous
Stampie - Weer beskikbaar.
Re: Tikka T3 .270 Win Varminter te Koop - Albei verkoop
Posted: Mon Nov 20, 2023 9:23 pm
by Leon Crous
Albei roere is verkoop dankie. Admin kan maar verwyder.