Page 1 of 1
Nikon BDC vs Burris Ballistic Plex
Posted: Thu Sep 08, 2011 9:42 am
by Coenie (Swift)
Goeie dag almal,
Ek sien hier is baie goeie dinge oor albei make maar min oor die BDC van Nikon en die Ballistic plex van Burris.
Die Nikon se BDC lyk vir my baie groot en sou dit wou kleiner h? op groter vergrotings modelle.
Ek weet hier is 'n paar manne wat al met al twee geskiet het (Piet, Gerhard, Ponkie, Jagterdok ens.) sal julle asb bietjie s? wat die beste vir julle gewerk het of julle voorkeur is en hoekom.
Groete
Re: Nikon BDC vs Burris Ballistic Plex
Posted: Thu Sep 08, 2011 1:39 pm
by Machann
Hi Swift
het gister na die Nikon met BDC gekyk en ja hy is bietjie groot en grof na my smaak.
Ek skiet 'n Burris met Ballistic plex op my 308 en ja, die geweertjie en die scope is al een. Kan nie aan scope dink wat ek dit mee soe wou vervang op die 308 nie. Dalk net een van die groot name as ek hom kon kry maar sal dan ook nie twee keer dink om daai scope te swaai en weer Burris, dalk net bietjie groter te kry nie, te kry nie.
My 25-06, 308 and 375 het almal ballistic plex scopes op, (nie almal burris nie) en geniet hulle baie.
Groete
Re: Nikon BDC vs Burris Ballistic Plex
Posted: Fri Sep 09, 2011 12:33 pm
by Coenie (Swift)
Hi Machann,
Ek stem saam, het vir my toe maar die Burris 4.5-14x42mm gekry met die E1 reticle. Dit het net wind merkers by, sal dit op 223 eers sit. Nou pas die ringe nie ???so sal nou die naweek gaan soek vir ho?r.
Groete
Re: Nikon BDC vs Burris Ballistic Plex
Posted: Fri Sep 09, 2011 1:31 pm
by Machann
Geluk man
Hoop hy sal jou so baie geluk gee soos myne doen. Dalk is ek maar nog net gelukkig met myne maar rate Burris scopes baie hoog...
Re: Nikon BDC vs Burris Ballistic Plex
Posted: Fri Sep 09, 2011 2:56 pm
by 300Winmag
Ek is self aan die loer na die model vir die 6.5 - so ja gee
maar nog terug voer (verkeerd lyk die woord nou

) soos jy hom gebruik.
Re: Nikon BDC vs Burris Ballistic Plex
Posted: Thu Nov 10, 2011 8:53 am
by Coenie (Swift)
Manne,
Ek het nou 2 Burris'se
Op die 223 Vektor Timberline 4.5 x 14 X 32 en op die 270 Savage eers 'n Fullfield II, maar die buis was te kort en ek wou dit omtrent 2 duim agter toe he. Dit was probleem om basis ens te kry en het toe tou ingegooi en die Fullfield II geruil vir die Fullfield Tac 30 mm. Die buis is langer en ek kon dit laat pas, met wat reeds op is. Het tans hoe ringe en sal graag na medium wil gaan, maar dit sal moeilik wees met spasie.
Sal seker so 4mm spaar weet nie of 4mm die moeite werd sal wees en soveel verskil sal maak nie?
Die Tac 30 is net lieflik om deur te kyk en sy eye relieve is baie indrukwekkend.
Skiet ....... ai altwee is in vir klein werkies ens. Sal hopelik oor 2 weke kry en dan moet ek altwee weer instel en kan dan nie wag om die Ballistic plex te gebruik op die 300m baan en te sien wat is die werklikheid tussen papier teorie en skietbaan

Re: Nikon BDC vs Burris Ballistic Plex
Posted: Thu Nov 10, 2011 3:58 pm
by Jagtersdok
MMMMMm hierdie is my kos
Die Burris Balistic plex werk vir my uitstekend.
Die drop wat hulle uitgewerk het met die
3" vir eerste strepie
13" tweede strepie
30" derde strepie
55" vierde strepie
Ek het dit nou al met verkeie standaard kalibers getoets en op papier en in praktyk kom mens altyd binne 1-2 duim van centre bull af
Die ballistic Mildot is bietjie anders gekalibreer en is meer vir daai spoedvrate se trajekte en mens moet dit in agneem as jy kies watter een jy koop.
Vir enige std kaliber en selfs magnum kaliber( hier zero jy eerder net op 200m) is die BALLISTIC PLEX die antwoord
Vir die Vinnige goed 22250, 243 wat ligte koele skiet en haastig is gaan die die BALLISTIC MILDOT beter
Die strepies maak dat jy half kan s? mini kruisies het wat mens mooi op teiken kan sit, so ook die kolletjies van mildot.
Daai ringe op die nikon reticle is vir my persoonlik bietjie moeilik. dis asof hulle te groot is vir my om mooi op die "focus point" te hou.
Re: Nikon BDC vs Burris Ballistic Plex
Posted: Thu Nov 10, 2011 4:04 pm
by James Wilson
Dok, waar kan ek n bietjie kyk na Burris pryse? ek sien S&O het net 3 in vooraad en is ek op soek na n 50 lens met iets soos n balistic plex
Re: Nikon BDC vs Burris Ballistic Plex
Posted: Thu Nov 10, 2011 8:18 pm
by Christo
SJ, ek dog jy's die Burris agent

Re: Nikon BDC vs Burris Ballistic Plex
Posted: Thu Nov 10, 2011 8:23 pm
by Monrique (SJ)
Christo wrote:
SJ, ek dog jy's die Burris agent
Nee man Christo, kyk jy dan nie die R/$ wisselkoers??

Invoer is nie nou die moeite werd.
Groetnis
Re: Nikon BDC vs Burris Ballistic Plex
Posted: Fri Nov 11, 2011 6:42 pm
by Coenie (Swift)
VLT in Pta is die manne sal nerens beter prys kry nie en hulle gaan ook weer nuwe voorraad kry en die meeste is tans op speasial so R200 - R600 af afhangend wat is die model.
Jagtersdok ek is bly oor jou insette, dit laat my rustiger slaap en beteken op verder skote is 'n mens nog in die "kill zone" en dit haal die raai en mog hy maar trogge uit

Re: Nikon BDC vs Burris Ballistic Plex
Posted: Sat Nov 12, 2011 8:48 pm
by KalahariKlong
Naand maats, ja my ou maat SJ het vir my een ingevoer en ek was nog nie 'n dag spyt nie.
Dit is die FF2 in 4.5 - 14 x 42 met die bp.
Ek het op die 7x64 gezero op 125m omrede dit die beste afstand was om my dots so na as moontlik te zero op elke 100m daarna.
Hier is hoe v?r hulle uit is op die verskillende afstande.
Mildots Range " Hoog
(m) Of Laag
Kruis 125 0
Mil 1 200 0.2
Mil 2 300 0.3
Mil 3 400 -1.6
Mil 4 500 -2.5
Die enigste probleem wat ek nog ondervind het was toe ons 'n nagskiet komp gehad het. Ons het op jakkie teikens met ogies geskiet met wit lig. Ek kon van 200m tot op 350m glad nie my mildots gesien het op die teiken nie en moes toe maar raai waar om te mik.
Behalwe vir dit, puik glassie.
Groete
KK
Re: Nikon BDC vs Burris Ballistic Plex
Posted: Sun Nov 13, 2011 9:03 pm
by Hein M.
Swift wrote:
en die meeste is tans op speasial so R200 - R600 af afhangend wat is die model.
Is dit die posgeld?
Hein
Re: Nikon BDC vs Burris Ballistic Plex
Posted: Tue Sep 11, 2012 9:21 pm
by Monrique (SJ)
Lekker om sulke goeie goed oor die Burris te lees. Skiet self net die scopes op my roere
Groetnis
Re: Nikon BDC vs Burris Ballistic Plex
Posted: Tue Sep 11, 2012 9:59 pm
by Kalahari
SJ
Ek wag ook vir my Burris wat ek by eras op die forum gekoop het. Die moet op my 223 kom om Nikko S te vervang, kan nie wag om te sien hoe hy gaan skiet met die nuwe glase nie, op grond van wat ek gelees het oor die Burris gaan dit 'n helse verbetering wees op wat ek nou het.

4.5 - 14 x 42 FFII.
Groete
Kalahari
Re: Nikon BDC vs Burris Ballistic Plex
Posted: Tue Sep 11, 2012 10:05 pm
by Monrique (SJ)
Kalahari
Jy gaan beslis die Burris geniet en die gaan mooi pas en werk op die .223!
Laat weet gerus hoe jy die Burris vind sodra hy op die roer is en gooi dan sommer n paar foto's ook saam indien moontlik of stuur aan en ons sit op.
Groetnis
Re: Nikon BDC vs Burris Ballistic Plex
Posted: Tue Sep 11, 2012 10:39 pm
by Kalahari
Dankie SJ
Ek sal foto's opsit as als in plek is, kan nie wag nie. Eintlik bietjie skaam oor die Zastava, want hy is nou al so gebaster, nuwe blink loop, ou swart sintetiese kolf en dan die Burris bo-op

. Maar hy gaan werk, die maar seker.
Praat weer.
Re: Nikon BDC vs Burris Ballistic Plex
Posted: Tue Sep 11, 2012 10:49 pm
by Monrique (SJ)
Solank hy mooi gooi is die saak mos reg. Maak so en geniet dit.
Groetnis
Re: Nikon BDC vs Burris Ballistic Plex
Posted: Wed Sep 12, 2012 8:30 am
by Herman Venter
Ek het self ook by SJ 'n FFII 4.5-14x42 gekoop! Die scope is nog nie op die geweer nie maar dit lyk asof ek baie tevrede gaan wees! Hy is baie nice en helder! Ek glo nie iemand kan 'n fout maak met 'n burris nie! Het egter nog nie deur die Nikon gekyk nie! Maar hoor ook net goeie goed van hulle
Groete
Herman
Re: Nikon BDC vs Burris Ballistic Plex
Posted: Wed Sep 12, 2012 9:12 am
by matewis
Met watter reekse van Nikon, Rudolph en Leupold moet mens die FFII vergelyk?
Re: Nikon BDC vs Burris Ballistic Plex
Posted: Wed Sep 12, 2012 9:43 am
by Monrique (SJ)
Matewis
Die Fullfield II het baie manne al met die Nikon Monarch en Leupold VX3. Ek kan nie se oor die Rudolph nie.
Hier is n paar topics wat jy kan lees wat die ouens se bevindinge was/is.
Groetnis