Page 1 of 1
Koi visse
Posted: Tue Sep 05, 2017 11:19 am
by Jurgen Visser
Manne dit is met seer hart wat ek die op sit , my koi visser al van 1995 af , die goed is groot , 18000 liter dam , palm hom nou gekraak en met water koste , moet ek hulle weg maak , persoon wat dit wil he , moet almal vat en jy gaan baie groot houer nodig he om hulle in te vervoer
Re: Koi visse
Posted: Tue Sep 05, 2017 11:33 am
by ruaanb
Jurgen PM jou nr asb. Ons het een bitter groot Koi dam hier by die werk so ek wil dit aan stuur dat hulle jou kan kontak.
Hier sal plek wees want die dam hardloop op 8 pompe.
Re: Koi visse
Posted: Tue Sep 05, 2017 11:44 am
by Harambe
Ek sien jy's in Kuilsrivier. Grand West het 'n moewiese Koi dam. Miskien kan jy uitvind of hulle nie joune wil he nie?
Re: Koi visse
Posted: Tue Sep 05, 2017 11:58 am
by Boesman10
Ek het 'n 8 000 liter dam met so 13 redelike groot visse. Ek wil ook graag van die visse onslae raak want ek wil Telapia insit en groei vir die tafel. Twee van die visse is skou kwaliteit maar die ander is sommer lekker dam visse.
Re: Koi visse
Posted: Tue Sep 05, 2017 12:15 pm
by ruaanb
Dankie Jurgen hulle kry 'n goeie huis hier. Dam is 330 000L so lekker baie swem spasie en daar is omtrent net 25 tans in.
Re: Koi visse
Posted: Tue Sep 05, 2017 12:52 pm
by Jurgen Visser
ruaanb wrote:Dankie Jurgen hulle kry 'n goeie huis hier. Dam is 330 000L so lekker baie swem spasie en daar is omtrent net 25 tans in.
Ek is baie baie bly , dit gaan soos die see voel vir hulle
Re: Koi visse
Posted: Tue Sep 05, 2017 8:29 pm
by Sangoma (IAN)
Ekt my grappie ontrek
Re: Koi visse
Posted: Tue Sep 05, 2017 8:45 pm
by bishop3006
Sangoma (IAN) wrote:Ekt my grappie ontrek
En ek wou nog saam lag toe hang my browser!
