Page 1 of 1

Hoe beskerm jy jou geweer

Posted: Wed Sep 07, 2011 11:48 am
by Gerhard
Nou dat daar n voor uitsig is vir nuwe skiet goed in die geweer kluis het ek weer begin rond krap op die internet.

Ek weet dat met die jakkals roep n geweer nogal baie stampe en stote kry en het my Hornet so om gebou dat die kolf veselglas is en die loop gegun coat is.

Ek kan dit nie nou met die 222 doen nie en die geweer is nog baie mooi.

Toe loop ek die volgende raak...

http://www.helberdirect.co.za/index.php ... &Itemid=53

Het Helber by Huntex ook raak geloop en nogal gehou van die produkte...

Ek het bestel en sal teen die einde van die week die pakkie he.

Die 222 is nou by Truvelo en behoort teen Vrydag ook klaar te wees.

Sal dan die naweek die pakkie aantrek en fotos op sit.

Wat dink julle van die tipe manier om n geweer te beserm ?

Re: Hoe beskerm jy jou geweer

Posted: Wed Sep 07, 2011 12:20 pm
by FDJ
Hi Gerhard

Het ook so kit wat ek gebruik as ons bosvarke skiet.Werk goed.

Groete

Re: Hoe beskerm jy jou geweer

Posted: Wed Sep 07, 2011 12:22 pm
by Gerhard
FDJ wrote: Hi Gerhard

Het ook so kit wat ek gebruik as ons bosvarke skiet.Werk goed.

Groete
Dankie FDJ,

Is bly om te hoor dit werk goed.

Re: Hoe beskerm jy jou geweer

Posted: Wed Sep 07, 2011 1:51 pm
by Heinds
Gerhard, hou ons asb op hoogte van hoe die kit werk.

Sal ook noggal belangstel aan so iets.

Groete

Re: Hoe beskerm jy jou geweer

Posted: Wed Sep 07, 2011 2:07 pm
by Gerhard
Ludwig wrote: Gerhard, jy kan nie hierdie ook loer as jy weer soek.

http://www.thegadgetshop.co.za/products ... sec_id=712

Ek het nou die dag by Gadget Shop in Centurion Mall daarna staan en kyk. Vriend van my gebruik dit ook as hy jagveld toe gaan met sy geweer. Die tape kleef net aan homself vas, aan niks anders nie. Jy kan dit oor en oor gebruik en selfs was ook.
Dankie Ludwig,

Dit lyk na interesante produk.

Ek wil juis nie die roete volg nie omdat die tape vir my persoonlik altyd on netjies lyk.

Die ander ding met die neoprene is dat die loop en hou bietjie meer beskermd is as wat dit sal wees met tape.

Maar die my persoonlike voorkeur 

Re: Hoe beskerm jy jou geweer

Posted: Wed Sep 07, 2011 3:40 pm
by BLOK
Gerhard

Ek hou van daai oortreksel wat jy daar het laat weet hoe hy werk en of hy nie glad is en rond skuif nie, sal vir my ook dan moet kry. Tans het ek omdat ek elke naweek skiet die geweer duk toe gedraai met camo tape maar dis nie baie mooi nie en by die punte krul dit om en is taai. Die probleem is ook nou na die seisoen is dit baie werk om alles weer skoon te kry. Maar ten minste hou dit die krappe stampe en stote weg

Re: Hoe beskerm jy jou geweer

Posted: Thu Sep 08, 2011 7:10 am
by Vosman
Gerhard.
Sal daai neoprene besigheid nie kan smelt as jy 'n paar vinnige skote na mekaar skiet nie?
Ek glo dit sal 'n geweer mooi kan beskerm, jy sal dalk van die camoform moet gebruik om die middel van die geweer te beskerm?

Groetnis

Re: Hoe beskerm jy jou geweer

Posted: Thu Sep 08, 2011 7:15 am
by Gerhard
Vossie,

Nee ek dink darm nie die neoprene sal smelt nie. Ek maak darm nie oorlog met die 222 nie.

Die middel van die geweer sal ek net so los soos op die foto.

Die plekke wat meeste houe vat is darm oor getrek. 

Re: Hoe beskerm jy jou geweer

Posted: Thu Sep 08, 2011 7:27 am
by Vosman
Bakgat.
Jy moet maar laat weet of die wetsuit pajamas die ding kan doen.
As jy dit net gebruik as jy die jakkies skiet glo ek ook nie die goed sal smelt nie, op die baan sal dit dalk ontaard in ander akkies!

Re: Hoe beskerm jy jou geweer

Posted: Thu Sep 08, 2011 7:29 am
by Gerhard
As die mooi werk gaan die 303, 30 06 en 375 ook sulke baadjies kry

Re: Hoe beskerm jy jou geweer

Posted: Thu Sep 08, 2011 7:36 am
by BLOK
En my 300 ;D  ;D

Re: Hoe beskerm jy jou geweer

Posted: Wed Sep 14, 2011 3:13 pm
by Vosman
Gerhard,
het jy al die pakkie gekry?

Re: Hoe beskerm jy jou geweer

Posted: Thu Sep 15, 2011 6:54 am
by Gerhard
Vosman wrote: Gerhard,
het jy al die pakkie gekry?
Ja,

lyk bakgat

sal die naweek die pakkie vir die trip 2 aan trek en fotos neem.

Re: Hoe beskerm jy jou geweer

Posted: Sat Sep 17, 2011 7:08 pm
by Gerhard
Nou soos belowe hier is die foto...

[img width=560 height=282]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 60608a.jpg[/img]

Ek is baie beindruk en dink dit gaan mooi werk...

Re: Hoe beskerm jy jou geweer

Posted: Sat Sep 17, 2011 7:13 pm
by Hein M.
Mooi geweer Gerhard!

Haar bikini is regtig oulik!

Geniet - ek is seker jy doen dit reeds!

Mooiloop!

Hein

Re: Hoe beskerm jy jou geweer

Posted: Mon Oct 03, 2011 5:57 pm
by Kallie404
Hello Gerhard
Ek het toevallig op die Huntex Skou vir my 30-06 so n "bikini" gekoop.Dit werk goed,behalwe ek het ook die "cover ' vir my teleskoop gekoop,my teleskoop is n "variable" so as die "cover" op is  is dit hel moeilik om verstellings te doen.Groete

Re: Hoe beskerm jy jou geweer

Posted: Mon Oct 03, 2011 8:46 pm
by Gerhard
Kallie,

Ja ek het die bikini die naweek getoets.

Ek is baie bly ek het die belegging gemaak.

Re: Hoe beskerm jy jou geweer

Posted: Mon Oct 03, 2011 9:01 pm
by spekieries
Naand Gerhard

Ek kan nie mooi sien op die foto nie, maar dit lyk of die bikini op die voorste handgreep om die loop gaan. Nou my vraag: Beinvloed dit nie akkuraatheid met die natuurlike beweging van jou loop nie?

Mooi loop

Re: Hoe beskerm jy jou geweer

Posted: Mon Oct 03, 2011 9:03 pm
by Gerhard
Spekieries,

Glad nie.

Hier is een van die groepe wat ek geskiet het met toets van die KD en bikini

[img width=560 height=312]http://i3.photobucket.com/albums/y62/Ja ... 60615a.jpg[/img]

Ek moet nog finale lading ontwikkeling doen.

Groete

Re: Hoe beskerm jy jou geweer

Posted: Mon Oct 03, 2011 9:47 pm
by wynboer
gaan dai materiaal nie maak dat jou loop roes nie, of sit jy dit net op as jy hom gebruik? Want ek sal dink dit sal vog hou.

Re: Hoe beskerm jy jou geweer

Posted: Tue Oct 04, 2011 4:33 am
by Gerhard
Wynboer,

Die materiaal is dun neoprene.

Ek hou die loop fyn dop vir enige tekens van roes.

Ek vee die metaal gedeeltes af met n olie lap voor ek die bikini aan trek en sal laat weet of ek enige probleme met roes kry.

So ver geen probleem nie.

Dit is ook baie maklik om die gedeelte van op die loop af te haal. As  jy bang is vir roes kan jy die neoprene af haal en terug sit voor die volgende jag. 

Re: Hoe beskerm jy jou geweer

Posted: Tue Oct 04, 2011 8:29 am
by G-force
Ek het ook twee kits gekoop.Een vir jaggeweer en een vir my semi-auto Beretta haelgeweer.Nog nie getoets maar sal wel.