Page 1 of 1
rooihuide
Posted: Wed Aug 30, 2017 12:56 pm
by Cruiserboy
Piet en Jan is cowboys in die wilde weste en stap een aand in die kroeg in met niks geld in hulle sakke
Hulle hoop op 'n gelukkie of so iets. Later stap 'n cowboy in met 'n rooihuid se kop en gee dit vir die kroegman. Die kroegman gee vir hom 'n bottel whisky en die cowboy stap uit
Dis wat ons kort Piet 'n indiaan se kop Hulle spring op hul perde en kry 'n indiaan wat alleen rondloop Hulle oorrompel hom en terwyl Piet sy keel afsny kyk Jan so om hulle en sien ten minste 2000 indiane "Piet" sê hy Piet kyk op en sien al die indiane en sê. Jan, vanaand gaan ons dronk word...
Re: rooihuide
Posted: Thu Aug 31, 2017 8:05 am
by EtienneA
Re: rooihuide
Posted: Thu Aug 31, 2017 6:21 pm
by henning
Cruiserboy wrote:Piet en Jan is cowboys in die wilde weste en stap een aand in die kroeg in met niks geld in hulle sakke
Hulle hoop op 'n gelukkie of so iets. Later stap 'n cowboy in met 'n rooihuid se kop en gee dit vir die kroegman. Die kroegman gee vir hom 'n bottel whisky en die cowboy stap uit
Dis wat ons kort Piet 'n indiaan se kop Hulle spring op hul perde en kry 'n indiaan wat alleen rondloop Hulle oorrompel hom en terwyl Piet sy keel afsny kyk Jan so om hulle en sien ten minste 2000 indiane "Piet" sê hy Piet kyk op en sien al die indiane en sê. Jan, vanaand gaan ons dronk word...
Dit is onsensetief en nie snaaks nie.
Groete
Henning
Re: rooihuide
Posted: Sat Sep 02, 2017 1:05 pm
by Chevvy SS
Ekskuus, mis ek iets?
Re: rooihuide
Posted: Sat Sep 02, 2017 2:02 pm
by Ashley

ek wonder ook...
Re: rooihuide
Posted: Sat Sep 02, 2017 2:38 pm
by Bravo1
Ekt gedink dis mo*r snaaks...
//cloud.tapatalk.com/s/59aaa63e2b0 ... WA0019.mp4
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Re: rooihuide
Posted: Wed Sep 06, 2017 4:11 pm
by henning
Ek verstaan maar, ek ken die geskiedenis van die rooi huide en hoe swaar hulle gekry het om hulle bestaan reg te behou.
Hoe sou jy gevoel het in hulle plek?
Groete
Henning
Re: rooihuide
Posted: Thu Sep 07, 2017 10:51 am
by Chevvy SS
Geen Gatiep en Meraai grappies meer nie manne!
Re: rooihuide
Posted: Thu Sep 07, 2017 11:15 am
by Gawie(13mm)
Chevvy SS wrote:Geen Gatiep en Meraai grappies meer nie manne!
...geld dit nou vir Sipho en Van der Merwe ook?
Henning, ek hoor jou maat. Die bewoording is nie juis bevorderlik vir multi nasionale betrekkinge nie. Verskoon asb. my volgende woord keuse, maar swart, of dan galge humor is nie iets wat die meeste mense op 'n nugter maag kan verteer nie.
Re: rooihuide
Posted: Thu Sep 07, 2017 11:19 am
by Harambe
Laat my dink aan die een:
Q: Why do asians have those squinty eyes?
A: They are blinded by the stupidity of the white man.
Re: rooihuide
Posted: Thu Sep 07, 2017 11:25 am
by Eugene
henning wrote:Ek verstaan maar, ek ken die geskiedenis van die rooi huide en hoe swaar hulle gekry het om hulle bestaan reg te behou.
Hoe sou jy gevoel het in hulle plek?
Groete
Henning
Hierdie is natuurlik waar, maar ek is van mening dat mens ook nie so sensitief en/of polities korrek moet wees, dat die humor in 'n grappie by mens verby gaan nie. Die idee en konteks van die grap, is glad nie gemik op die rooihuide/indiane nie, maar meer op die dranklus van die boere. Tog het niemand gekla daaroor nie, want ons sien die humor daarvan.
Ek kyk so nou en dan op Comedy Central na die komediante se programme. Ek het my al vrek gelag vir van die swart komediante wat oor amerikaanse swartes grappe maak. As 'n wit ou dieselfde grappe sou maak, sou dit net so snaaks wees, maar skielik ook rassisties op dieselfde tyd. Hoe verklaar mens dit? Ek dink ons raak te oorsensitief oor woorde en te afgestomp oor dade...
Re: rooihuide
Posted: Thu Sep 07, 2017 1:24 pm
by Jake1
As jy gesê het union members en of shopstewards ipv rooihuide in my situasie sou dit snaaks gewees het want ek stap nou net uit by ccma. Dit hang ook maar af in watter bui iemand is op die tyd wat hy dit hoor....
Re: rooihuide
Posted: Thu Sep 07, 2017 7:43 pm
by Cruiserboy
Hi Henning ek dink nie hulle het regtig die rooihuid se keel afgesny nie