Page 1 of 1
Hoe belangrik is reuk as lokaas in vanghokke
Posted: Wed Sep 07, 2011 9:59 am
by Flip Nel
Ek het nounet met iemald gepraat en hy het my herinner aan toe ek by my swaer in die klein Karoo vanghokke vir ystervarke gestel het. Die ystervarke lol maar in die lusern en ek het 'n vanghok opgestel en gooi altyd artappels of vrot uie etc. daarin. Het al 'n paar so gevang maar die oggend loop ek soentoe (Dis naby die huis) en kry 'n haas in die hok, oor ek nie rerig gepla is oor hase nie los ek hom en stel die hok met die doel om later weer artappels te bring, soos dinge werk kon ek eers die volgende dag afstap en kan jy glo daar sit 'n rooikat in die hok. Al wat ek kan dink is dat hy agter die haas ruik aan was, ek weet my swaer het altyd hokke gestel met vismeel in, maar die hok het niks in nie. Wat snaaks is 'n paar maande later stop ek met 'n wors hond af om die hok te gaan kyk, weer sit daar 'n haas in, ek tel die hond op en laat die haas gaan, natuurlik gaan die hond soos 'n mal ding aan oor die haas, ek stel weer die hok met kos en gaan huis toe. Later in die dag kom ek agter die hond is net weg, neem my verkyker en kyk na die hok, wragtig daar sit die hond in die hok, my Pa het uitgegaan en die hond het ook saamgedraf en toe vanghok toe gehol. Ek het haar oopgemaak en daai aand 'n ystervark gevang. Ek dink beide gevalle was dit die haas reuk wat dit gedoen het. Iets anders wat ek opgelet het is dat ek nie 'n jakkals gevang kry in 'n hok nie, selfs hier in Namibia wat die jakkalse mak is wil hulle net nie in 'n hok nie, is daar 'n truuk daaraan.
Re: Hoe belangrik is reuk as lokaas in vanghokke
Posted: Wed Sep 07, 2011 10:27 am
by Vosman
Flip
Waar in Nam is jy, my ervaring het geleer in die suide het die jakkies dotorsgrade!
Re: Hoe belangrik is reuk as lokaas in vanghokke
Posted: Wed Sep 07, 2011 10:54 am
by Flip Nel
vosman
Die plaas is in die noorde tussen Otavi en Otjiwarongo, hier skiet niemand jakkalse nie, so hier is bitter baie van hulle, as ek by 'n grondam sit en tell kom daar maklik 5 of 6 partymaal meer
Re: Hoe belangrik is reuk as lokaas in vanghokke
Posted: Wed Sep 07, 2011 12:07 pm
by ArnoldM
Flip nel wrote:
vosman
Die plaas is in die noorde tussen Otavi en Otjiwarongo, hier skiet niemand jakkalse nie, so hier is bitter baie van hulle, as ek by 'n grondam sit en tell kom daar maklik 5 of 6 partymaal meer
Flip, jy moet hulle nie tel nie, jy moet hulle skiet....
Groete,
AM.
Re: Hoe belangrik is reuk as lokaas in vanghokke
Posted: Thu Sep 15, 2011 11:46 am
by HUNTER
Flip
Dit kan die reuk wees maar oor die algemeen is katte maar van nature nuuskierig en word hul redelik maklik in 'n hok gevang maar jakkals is net te versigtig en ek het nog nooit van iemand gehoor wat een in 'n hok gevang het nie. Miskien iemand wat die' onmoontlike al reg gekry het dit hier post.
groete
Hunter
Re: Hoe belangrik is reuk as lokaas in vanghokke
Posted: Thu Sep 15, 2011 2:34 pm
by Lamtjop
Hunter.
Daar word tog so nou en dan n jakkals in n hok gevang, gebeur baie min maar tog. Ek self het nog net van 3 gehoor waarvan 2 by my oom was en altwee met die selfde hok. Ek het ook gehoor dat n deurloop hok n jakkals makliker vang as n enkel deur hok. Ongelukkig kon ek nog nie een so vang nie.
Groete
Re: Hoe belangrik is reuk as lokaas in vanghokke
Posted: Thu Sep 15, 2011 6:57 pm
by Freddie101
Ek haal aan wat Heinrich gese het( tong in die kies glo ek) . N jakkals wat in n hok gaan moet ons weer loslaat, want daai dom gene moet ons nie uit die natuur haal nie. Ek stem nogal saam.
Re: Hoe belangrik is reuk as lokaas in vanghokke
Posted: Sun Sep 18, 2011 8:41 pm
by wlm
Dit is mos maklik om iets te se wat nie verifieerbaar is nie. 'n Man kan as 'n spekskieter aangesien word. Ek het al 'n jong jakkals in 'n kathok gevang. het hom in die hok gelos en die nag loop luister met die doel om ma en pa te skiet. Ma het net so een maal op kleintjie se gekerm ge-antwwoord en toe spore gemaak.
Wat lokaas in kathokke aangaan, glo ek in 'n skoon hok sonder aas of reuke. BEHALWE 'n rooikat se urine. Aas en reukmiddels lok bakoorjakkalse en ystervarke.
Ek wil selfs nie eers die rooikat se bloed in die hok mors nie. Wurg hom met 'n staaldraadlus en verwyder uit die hok en maak hom dan "dooier" op 'n ander plek.
Groete Willem