Page 1 of 1
Advies benodig asb!
Posted: Tue Sep 06, 2011 7:58 pm
by Blackie Swart
Clarence het my vandag gekontak en meegedeel dat my k/d vir my 243 oppad is.Ek is uit my nate toe bly daaroor.Wil graag weet ongeveer hoeveel klieks ek sal moet opstel as ek weer my geweer op 200m wil zero met die k/d op.Het n Leopold 6x40 long range duplex scope op.Lees graag na enige advies.
Dankie
Blackie
Re: Advies benodig asb!
Posted: Tue Sep 06, 2011 9:06 pm
by Monrique (SJ)
Blackie
Jy sal maar die KD moet opsit en ky waar hy gaan gooi en dan daarvolgens stel.
Groetnis
Re: Advies benodig asb!
Posted: Tue Sep 06, 2011 9:11 pm
by BLOK
Soos SJ se,
Nie een geweer gaan dit die selfde wees nie, loop dukte, lengte ens gaan alles maak dat die loop wip verskil so ook die demper se gewig een is altyd swarder of ligter as n ander. Skiet maar en kyk dit sal nie veel skote vat om dit te bepaal nie.
En geluk jy gaan nie spyt wees jyt n Terminator aangeskaf nie
Blok
Re: Advies benodig asb!
Posted: Tue Sep 06, 2011 9:17 pm
by Blackie Swart
Dankie SJ en Blok.Ek sien al uit daarna om die k/d te toets.Net wag dat die gunsmit dit fit,dan sal die rooihonde moet wyd kyk.
Groete
Blackie
Re: Advies benodig asb!
Posted: Wed Sep 07, 2011 8:14 pm
by wlm
Terwyl ons nou op die onderwerp van KD's is. veroorsaak die afskroef en weer opskroef van 'n knaldemper dat die geweer sy "zero" verloor of het dit geen effek. Met 'n knaldemper op pas gewere moeilik in sakke en tasse.
Re: Advies benodig asb!
Posted: Wed Sep 07, 2011 8:40 pm
by Monrique (SJ)
wlm
Ek kan jou nognie n def. ant. gee nie met die opskroef en zero nie, maar dit behoort nie n verskil te gee nie. Jy moet maar net jou KD lekker styf vasdraai.
M.b.t of dit in n sak of tas pas, dit hang af hoe lank jou tas of sak is.
Groetnis
Re: Advies benodig asb!
Posted: Wed Sep 07, 2011 8:49 pm
by wlm
Lyk vir my ek het net kort sakke en tasse! Bly egter 'n interessante vraag, kyk maar wat die ander manne dink.
Re: Advies benodig asb!
Posted: Wed Sep 07, 2011 8:57 pm
by Monrique (SJ)
Daar is iemand in die Kaap wat sakke maak, so jy kan dit laat maak vir die grote wat jy soek vir jou geweer.
Groetnis
Re: Advies benodig asb!
Posted: Wed Sep 07, 2011 9:20 pm
by Pvdw
Ek skroef die een op my 303 gereeld op en af, vervoer en b?re hom altyd sonder KD en sit hom op sodra ek op die plaas uitklim en gou zero bevestig voor ek veld toe gaan. Draai hom net altyd so styf vas as prakties moontlik en hy gaan sy zero behou.
blackie om terug te kom na jou vraag toe, ek kom agter (geen bewyse nie) dat hoe swaarder jou geweer is of hoe ligter die koe?l is wat jy skiet, hoe kleiner is die invloed van die KD as jy met of sonder hom skiet.
My ligte 303 met 174gr koe?l het baie meer verskil as vriend van my se effe swaarder 243 met 100gr(dink dis 100gr) koe?l.
Jy sal maar moet skiet en sien wat gebeur
Peet
Re: Advies benodig asb!
Posted: Wed Sep 07, 2011 9:31 pm
by saimportsuplies
naand, vir 150 meter skote niks nie maar daar na 300 ja, maak maar so klein verskil. hang af hoe fyn jy wil skiet. tyd sal leer. geniet dit....
Re: Advies benodig asb!
Posted: Wed Sep 07, 2011 10:24 pm
by Flip Nel
Op my 270 sien ek geen verskil as ek hom afhaal en weer opsit nie, vandag weer 'n skoot geskiet en kon geen verskil agter kom nie. Ek het wel twee en die swaarder een skiet baie laer as die een wat uit alluminium gemaak is.
Re: Advies benodig asb!
Posted: Thu Sep 08, 2011 7:47 am
by BLOK
Wat die zero met en somder die demper betref. Dit hang alles af weereens van hoe swaar die demper is die dukte van die loop en die gewig van die koel. As ek dit so kan verduidelik hoe dukker en sterker jou loop en ligter die demper hoe minder is die wip, teenoor hoe dunner jou loop en swaarder jou demper hoe meer is jou wip. Dit hang ook af van hoe mild jy laai. Ek het agter gekom dat op 200m is die verskil wat ek op of af moet stel so 28mm.
n Demper sal slegs jou wertikale skiet lyn verander en is nie veronderstel om na links of regs uit te wees nie
Re: Advies benodig asb!
Posted: Thu Sep 08, 2011 7:59 am
by Vosman
Blok,
Gaan die wip regtig meer raak as jou loop dunner is met 'n swaar KD? Ek was onder die indruk die swaarder kd sal dalk die wip verminder omdat die gewig die loop sal laat "hang" en af hou?
Ek vra maar net en sal graag meer terugvoer wil he by die manne?
Re: Advies benodig asb!
Posted: Thu Sep 08, 2011 5:03 pm
by BLOK
Vosman
Wat ek bedoel is nie dat hy meer gaan wip met die demper as daarsonder nie nie maar in vergelyking teenoor die swaarder loop meer
Maw n duk loop wip met n ligte demper baie minder as daarsonder
n dun loop wip baie minder met n demper as daarsonder maar meer as die duk loop
Dit bring dit by sy vraag van (1)of hy sy zero verloor en (2)hoeveel die antwoord (1) ja (2)moeilik om te se dit hang af van baie faktore