Page 1 of 1

'n Seun en sy roer

Posted: Sun Aug 20, 2017 7:49 am
by ruaanb
my goeie vriend Marco kuier hier by my vir die naweek en ek reel toe vir ons n skiet sessie op n vriend van Jason se plaas.

ons speel al te lekker en die jong man oefen dat dit klap met die .22

ons het op 400m gelĂȘ en skiet want ek wou die Krieke se drop toets vir n jag wat in die pyplyn is.

Na ons klaar was het ek die 222 opgesit vir my klong vir n probeer slag op die 400m gong. Hy het 2 naweke gelede 300m gonge geskiet asof dit uit die mode gaan so ek weet as hy sy kant bring is dit moontlik.

3de skoot toe lui daai gong en die man was in ekstase. Een van die dae sal ek maar net agter oorsit en die stokke oorhandig aan hom.

Die beste is dat dit gedoen is met 1956 Sako fabriek ammunisie!
15031657804590.jpg
Sent from my SM-G900F using Tapatalk

Re: 'n Seun en sy roer

Posted: Sun Aug 20, 2017 7:51 am
by ruaanb
n video van die poging. jy hoor nogal die gong klap.

https://youtu.be/2peSrWeDai8

Sent from my SM-G900F using Tapatalk

Re: 'n Seun en sy roer

Posted: Sun Aug 20, 2017 8:27 am
by joe rocket
Lekkerte, jou klong skiet al beter as jy. ++>:

Re: 'n Seun en sy roer

Posted: Sun Aug 20, 2017 9:09 am
by Springkudu
Baie netjies. Smaak my ek sal moet kom vir lesse by hom.

Re: 'n Seun en sy roer

Posted: Sun Aug 20, 2017 10:49 am
by ruaanb
joe rocket wrote:Lekkerte, jou klong skiet al beter as jy. ++>:
feite

Sent from my SM-G900F using Tapatalk