Page 1 of 1

Picatinny rail

Posted: Thu Aug 17, 2017 11:40 am
by Langeraat
Ek wil graag bietjie insig kry van die manne wat weet asb. Ek het vir my 'n 20 MOA picatinny rail vir Howa SA laat maak en die een ontvang wat op die foto is. Ek wil graag julle opinie kry of julle dink dat die rail volgens die standaard is? ::)

Re: Picatinny rail

Posted: Thu Aug 17, 2017 11:49 am
by vriell
Lyk reg...van watter materiaal het jy laat maak ? Weet nie wat jy betaal het nie ...As dit aluminium is....Nikko Stirling verkoop een vir rondom R200...

Re: Picatinny rail

Posted: Thu Aug 17, 2017 11:55 am
by ruaanb
wat is fout?

Re: Picatinny rail

Posted: Thu Aug 17, 2017 12:05 pm
by Langeraat
ruaanb wrote:wat is fout?
Ek is nie seker of dit 'n fout is nie en daarom dat ek 'n opinie soek, maar kyk na die derde "stud" (by gebrek aan 'n beter beskrywing) van links waarin die gat geboor is en ook tweede "stud" van regs wat tussen die twee gate gelee is. Hulle is nie dieselfde wydte as al die ander studs nie. Dit beteken dat die "center to center" mates van die groewe tussen die studs nie dielfde konstante afstand oor die rail is nie. Sover my beperkte kennis strek behoort dit konstant te wees, nie so nie?

Re: Picatinny rail

Posted: Thu Aug 17, 2017 12:09 pm
by Langeraat
vriell wrote:Lyk reg...van watter materiaal het jy laat maak ? Weet nie wat jy betaal het nie ...As dit aluminium is....Nikko Stirling verkoop een vir rondom R200...
Dankie Vriell, hierdie een is van staal gemaak. Ek is bewus van daai Nikko Stirling rail en om die waarheid te se het ek alreeds so een op een van my kleiner kaliber gewere. Ek wou maar graag staal die keer gaan op die groter kaliber en het daarom hierdie een laat maak.

Re: Picatinny rail

Posted: Thu Aug 17, 2017 12:20 pm
by ruaanb
Langeraat wrote:
ruaanb wrote:wat is fout?
Ek is nie seker of dit 'n fout is nie en daarom dat ek 'n opinie soek, maar kyk na die derde "stud" (by gebrek aan 'n beter beskrywing) van links waarin die gat geboor is en ook tweede "stud" van regs wat tussen die twee gate gelee is. Hulle is nie dieselfde wydte as al die ander studs nie. Dit beteken dat die "center to center" mates van die groewe tussen die studs nie dielfde konstante afstand oor die rail is nie. Sover my beperkte kennis strek behoort dit konstant te wees, nie so nie?
Dit hang af hoe die gate op die aksie is. As gate nie oplyn met die op aksie nie stuur dit terug want dit is dit nie reg nie.

Re: Picatinny rail

Posted: Thu Aug 17, 2017 12:55 pm
by Gian_dP
Solank die gate oplyn behoort jy nie n problem te he nie, behalwe met n " one piece mount" wat twee "recoil keys" het. Met enige ander "mount" kan jy hulle so ver/naby uit mekaar sit soos wat nodig is op die "rail"

Re: Picatinny rail

Posted: Thu Aug 17, 2017 4:03 pm
by Gawie(13mm)
Manne, ek verstaan Langeraat se besorgdheid.
Indien hy in die knyp is en hy vinnig teleskope wil omruil tussen sy gewere, gaan die wydte van daai riwwe hom erg kniehalter. Hy sal dan ten minste een van die ringe moet losmaak en sodoende die teleskoop skuif. ???
Tensy jy hom verniet gekry het sou ek ernstige navraag doen tov die man wat hom vervaardig het, se bevoegdheid om wapen verwante bykomstighede te maak. ???

Re: Picatinny rail

Posted: Thu Aug 17, 2017 4:26 pm
by Gian_dP
Gawie(13mm) wrote:Manne, ek verstaan Langeraat se besorgdheid.
Indien hy in die knyp is en hy vinnig teleskope wil omruil tussen sy gewere, gaan die wydte van daai riwwe hom erg kniehalter. Hy sal dan ten minste een van die ringe moet losmaak en sodoende die teleskoop skuif. ???
Tensy jy hom verniet gekry het sou ek ernstige navraag doen tov die man wat hom vervaardig het, se bevoegdheid om wapen verwante bykomstighede te maak. ???
Ja, ek het nie daaraan gedink nie.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Picatinny rail

Posted: Fri Aug 18, 2017 6:23 am
by Apie
Volgens my moet al die slots en dele tussen die slots ewe wyd wees, dis seker die hele idee.

Dan kan jy teleskope ruil, maklik jou teleskoop afhaal en vorentoe, agtertoe skuif sonder om weer jou ringe te moet losmaak/skuif

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: Picatinny rail

Posted: Fri Aug 18, 2017 9:45 am
by Langeraat
Dankie vir julle insette menere.

Gawie en Apie, dis hoe ek ook maar daaroor gedink het. ::) Ek het gisteraand toe gou die rail op my geweer se aksie gepas en alhoewel die gate mooi oplyn met die van die aksie, ry hy erger wipplank tussen die voorste en agterste gedeeltes van die aksie as 'n kleuter op 'n kleuterskool speelgrond. Ek glo nie enige bedding gaan dit kan regmaak nie. Ai, lyk my dis weer "back to the drawing board" vir die 4'de keer nou. :o

Re: Picatinny rail

Posted: Fri Aug 18, 2017 3:09 pm
by emdebeer
Op watse geweer gebruik jy die picatinny rail?

Re: Picatinny rail

Posted: Fri Aug 18, 2017 3:36 pm
by Langeraat
emdebeer wrote:Op watse geweer gebruik jy die picatinny rail?
Hy is veronderstel om op my Howa 6.5 Creedmoor te gaan.

Re: Lapua Scenar 300 gr 338 R1150 per 100

Posted: Fri Aug 18, 2017 4:16 pm
by emdebeer
Langeraat wrote:
emdebeer wrote:Op watse geweer gebruik jy die picatinny rail?
Hy is veronderstel om op my Howa 6.5 Creedmoor te gaan.
Ek het vir jou een as jy een soek. Gaan jou courier koste kos.

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: Picatinny rail

Posted: Fri Aug 18, 2017 6:26 pm
by Langeraat
Emdebeer, wow dankie, dis 'n baie mooi gebaar van jou kant af!! Ek moet se dit was glad nie my idee om te kom aas vir 'n rail nie maar ek sal hom wel kan gebruik as hy sal pas en ek hom by jou kan oorneem. Ek praat op die privaat kanaal verder met jou oor die details as dit reg is.

Re: Lapua Scenar 300 gr 338 R1150 per 100

Posted: Fri Aug 18, 2017 6:49 pm
by Pvdw
emdebeer wrote:
Langeraat wrote:
emdebeer wrote:Op watse geweer gebruik jy die picatinny rail?
Hy is veronderstel om op my Howa 6.5 Creedmoor te gaan.
Ek het vir jou een as jy een soek. Gaan jou courier koste kos.

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Jaracal never stops to amaze me O0

Re: Picatinny rail

Posted: Fri Aug 18, 2017 6:59 pm
by emdebeer
Langeraat wrote:Emdebeer, wow dankie, dis 'n baie mooi gebaar van jou kant af!! Ek moet se dit was glad nie my idee om te kom aas vir 'n rail nie maar ek sal hom wel kan gebruik as hy sal pas en ek hom by jou kan oorneem. Ek praat op die privaat kanaal verder met jou oor die details as dit reg is.
Geen probleem nie.

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Re: Picatinny rail

Posted: Fri Aug 18, 2017 8:23 pm
by Dezman
Baie cool.

Re: Lapua Scenar 300 gr 338 R1150 per 100

Posted: Fri Aug 18, 2017 9:48 pm
by Langeraat
Pvdw wrote:...Jaracal never stops to amaze me O0
Ja, nee Peet. Daar is nog baie manne van edele imbors op hierdie forum... 8) 8)