Page 1 of 1

Koedoe jag in die noord-kaap

Posted: Tue Sep 06, 2011 1:50 pm
by Hoender
ek was die afgelope twee jaar by die ou se plaas. Hy vra om koedoes by hm te skiet die volgende. R3000 'n koedoebul en R2500 'n koedoe koei of vers. dit is 'n lekker biltong jagplek. Dit is nie die normale ry stop en skiet op 100 of 150m nie. dit is 'n groot uitdaging. die koedoes is vet gevreet aan skaaplek  en het 'n redelike ligaams gewig. die laaste 2jaar het was ek by gewees waar die ou drie mooi bulle gekap het. 132kg 128kg en 188kg. die fotos sal ek aanheg indien moontlik.

Re: Koedoe jag in die noord-kaap

Posted: Tue Sep 06, 2011 1:59 pm
by BLOK
Hoender

Lekker as mens plek het wat so lekker skiet en nog goeie pryse ook vra maak nie saak hoe groot is die bul nie. Meeste van ons skiet maar net vir die vleis, en dit is altyd n demper as groot bulle n ekstra prys op het. Bewaar daai plek en moet nie die boer kwaad maak nie jy gaan sukkel om weer so een te kry

Re: Koedoe jag in die noord-kaap

Posted: Tue Sep 06, 2011 2:03 pm
by Hoender
blok

Nee wat, dis Familie. kyk die dag toe ons oor een van sy plase vlieg, toe skat hulle daar is tussen 200 en 280 koedoes wat op 4500 ha loop. die bulle is maar skaars soms. maar die koeie is self stewig. sy koeie en kalwers is mak. hulle hardloop nie as jy skemer met die motorfiets verby hul ry nie. solank as wat hy die grond het sal daar nog koedoes gegooi word.

Re: Koedoe jag in die noord-kaap

Posted: Tue Sep 06, 2011 2:15 pm
by Hoender
die is daardie groot bul

Re: Koedoe jag in die noord-kaap

Posted: Tue Sep 06, 2011 2:24 pm
by Hoender
die bul 132kg

Re: Koedoe jag in die noord-kaap

Posted: Tue Sep 06, 2011 2:36 pm
by Hugo
Hi Hoener,

Jy nog nie gedink om daai dier wat so mooi is die vooregte gee om van hom 'n mooier foto te neem nie?

Re: Koedoe jag in die noord-kaap

Posted: Tue Sep 06, 2011 2:42 pm
by Wouter Roets
Hoender

Aangesien jy dink 128 en 132kg is groot bulle wil ek net weet of jy van die Oos-Kaap af kom? ;D

Grap sommer, pas daai plek soos goud op!

Groetnis
Wouter

Re: Koedoe jag in die noord-kaap

Posted: Tue Sep 06, 2011 3:11 pm
by Hoender
kyk die noordkaap koedoes is maar nie 'n patch teen die ooskaap koedoes nie. weet nie wat voer julle die goed nie. daar was nie eers tyd om af te neem nie. dit was 'n onbeplande jag. half ses die aand.