Page 1 of 1

243 Lelik maak? AI

Posted: Tue Sep 06, 2011 10:03 am
by Vosman
Dagse kerels.
Die 243 AI is iets wat my interesseer.
Kan ek 'n Remington 243 VLS, of enige ander maak verander in 'n Ackley? Of sal dit beter wees om die hele storie te laat bou van die begin af?
Julle insig sal waardeer word!

Groetnis

Vossie

Re: 243 Lelik maak? AI

Posted: Tue Sep 06, 2011 10:04 am
by Geno
Vossie,
Jy vat enige 243 na 'n geweersmid toe en hy steek net 'n 243 AI reamer deur.

Groete,
Eugene

Re: 243 Lelik maak? AI

Posted: Tue Sep 06, 2011 10:24 am
by Vosman
Sommer net so. lag lag klaar gelag!!
Dankie Eugene!

As daar nog advies is moet die res van die manne laat weet!

Re: 243 Lelik maak? AI

Posted: Tue Sep 06, 2011 10:30 am
by 300Winmag
Waar gaan mens dies vir AI kalibers kry? 

Re: 243 Lelik maak? AI

Posted: Tue Sep 06, 2011 10:44 am
by Geno

Re: 243 Lelik maak? AI

Posted: Tue Sep 06, 2011 10:46 am
by 300Winmag
;) Dankie

Re: 243 Lelik maak? AI

Posted: Tue Sep 06, 2011 5:40 pm
by Francois Marais
Geno

Jy kan dalk n kopseertjie of twee optel......

Ek sal n nuwe loop (sonder kamer) laat ackley van die begin af, maar nie n ackley kamer in n loop sny wat reeds n kamer het nie, anders moet die ou loop geneg spasie he om heel oor gekamer te word......

Mooi loop
Francois

Re: 243 Lelik maak? AI

Posted: Tue Sep 06, 2011 7:03 pm
by Geno
Hoe so FM? Watse moeilikheid kan 'n man so optel?

Groete,
Eugene

Re: 243 Lelik maak? AI

Posted: Tue Sep 06, 2011 7:57 pm
by BLOK
FM

Verduielik, jy het my ook nou omkant hier, ek het gehoop die nuwe 243 wat ek gekoop het kan ek vat dat hulle hom ackley as ek die liksens kry.

Re: 243 Lelik maak? AI

Posted: Tue Sep 06, 2011 8:35 pm
by Francois Marais
Geno/Blok

Gestel jou 243, van die rak af gun, se kamer is van die grootste wat die specs toelaat, jou ackley reamer is n custom joppie, gewoonlik competition specs, nou sny jy die kamer selle lengte, net lyfie reguit en skouer skerper, gaan jy nie dan nie nou met n kamer sit wat half van die een en half van die ander reamer is nie?? Miskien is ek maar net te vol nonsens, maar as ek vir daar competition reamer betaal het, wil ek dam n kamer he wat wat getuig daarvan.....

Ander ding, as jy nie jou kamer dieper sny as die standaard kamer nie, kan jy ook nou nie eers gebruik maak van jou lekker kort leed wat jy spesiaal op jou ackl reamer laat sit het nie, is seker nie heel ondoenbaar nie, maar ek reken ook ie die beste opsie nie.....

Mooi loop
Francois 

Re: 243 Lelik maak? AI

Posted: Tue Sep 06, 2011 8:55 pm
by BLOK
Dankie FM dit maak sin

Re: 243 Lelik maak? AI

Posted: Wed Sep 07, 2011 7:08 am
by Vosman
So leer ek alweer.
Francois, wat jy se maak sin. Sal dalk eerder die geweer standaard hou of maar 'n 300WSM laat bou.
Groetnis.

Re: 243 Lelik maak? AI

Posted: Wed Sep 07, 2011 7:28 am
by Wouter Roets
Hallo Manne

Francois is heeltemal reg deur te se die kamer moet dieper gesny word en nie net uit geream word nie. Vat maar die geweer na n smit toe met BAIE ondervinding en laat hy dan besluit. Oor die algemeen is dit nie n probleem nie maar maak maar net seker.

Groetnis
Wouter

Re: 243 Lelik maak? AI

Posted: Wed Sep 07, 2011 7:31 am
by Geno
Baas Wout,
Hoeveel dieper moet die kamer gesny word?

Re: 243 Lelik maak? AI

Posted: Wed Sep 07, 2011 11:21 pm
by Francois Marais
Geno

Totdat jou ackley reamer die hele kamer gesny het, nou moet jy in ag neem, jy moet dieper draad sny, en die ou kamer agter afsny om nuwe headspace te kry, onthou egter die "under cut", die stukkie wat dieper geny word waar die draad stop, dit is nodig om te doen sodat jy die draaibank beitel kan uithaal. Op die nuwe stukkie draad moet ook n under cut kom, so nou gaan jy draad, n skoon stuk, n stukkie draad en weer n skoon stuk he, nie die beste manier om daai super akurate gun wat jy wil he se loop mee aan die aksie vas te skroef nie......

Soos Wouter se, laat iemand wat weet dit doen, iets anders wat dalk nie alle gunsmiths weet oor ackleys nie, die kamer moet so 3-4 duisendstes vlakker gesny word as wat die mates se, kamers wat nie daai bietjie vlakker gesny word nie, as hulle met fabrieks ammo geskiet word gee 95% headspace probleme, wat case head separation tot gevolg het, het op my 25 Ackley daarmee gesukkel, en ek dink Ja3 het dit op sy 243 Ackl ook gehad, as ek dit nie mis het nie was syne n std 243 wat gesny is, myne was ook eers std en het die ou kamer net laat skoonsny......

Mooi loop
Francois

Re: 243 Lelik maak? AI

Posted: Tue Oct 04, 2011 3:53 pm
by Danie01
Manne met ackley

Ek stel ook belang om dalk my .243 te ackley. Ek het standaard loop, weet nie hoeveel skote nie en weet ook nie of ek dit kan laat ackley nie.

Watter geweersmid sal julle voostel rondom Kimberley of Bloemfontein? Ek soek graag iemand wat sal weet wat hy doen en dit ook baie goed sal kan doen.

Asb so paar name en nommers??

Groete

Danie

Re: 243 Lelik maak? AI

Posted: Tue Oct 04, 2011 4:06 pm
by BLOK
Danie

In Bloem is Keven Healy en Gerrie Coetzee search maar net hul name op die forum of kyk op geelbladsy hulle doen altwee uitstekende werk soos ek al afgely het

Re: 243 Lelik maak? AI

Posted: Tue Oct 04, 2011 5:39 pm
by Jagtersdok
Oom louw in potch doen al Wout se Ackley werk

Re: 243 Lelik maak? AI

Posted: Wed Oct 05, 2011 9:22 am
by FE
Danie,

Hier is Bloemfontein Custom Rifles se nommer (Kevin) 051 447 7549. Dink as jy reel kan jy dit in Kby aflaai by hulle gunshop dan kan hulle dit vir jou op en af ry. Hoor net by Elize. Moenie skrif vir die manier wat sy oor die foon klink nie, sy praat maar so. Hier is Gerrie se nommer 051 447 5302. Ek hoop dit help jou.

Re: 243 Lelik maak? AI

Posted: Wed Oct 05, 2011 12:15 pm
by Danie01
Dankie julle, ek het al van altwee gehoor en gaan hulle definitief skakel. Ek ken vir Pieter wat by Kevin se shop in Kimberley werk, so ek sal seker dan sommer deur hulle werkN hoef dan nie spesiaal Bloem toe te ry nie.

Groete

Re: 243 Lelik maak? AI

Posted: Thu Oct 06, 2011 8:45 am
by James Wilson
FE wrote: Danie,

Hier is Bloemfontein Custom Rifles se nommer (Kevin) 051 447 7549. Dink as jy reel kan jy dit in Kby aflaai by hulle gunshop dan kan hulle dit vir jou op en af ry. Hoor net by Elize. Moenie skrif vir die manier wat sy oor die foon klink nie,
;D ja nee ietsie om gewoond te raak, maar haar hart is in die regte plek.