Page 1 of 1

270 wsm

Posted: Sun Aug 06, 2017 9:12 pm
by Wouter Hugo2
Hallo manne ek kort bietjie raad
Ek wil 270 wsm aanskaf maar lees baie min oor die kaliber .In my hart het ek hom kla gekoop maar my kop vrae vrae
1.is doppe n probleem
2.loop lewe
3.hoe is recoil
4.algemene gevoel oor kaliber sal waardeer word
Dankie

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 270 wsm

Posted: Sun Aug 06, 2017 10:19 pm
by LoopSoosStroop
Wat wil jy met hom maak?

Die gewildheid en bekombaarheid van .277 koele is seker op 'n "all time low".

Maar as jy bokke wil aanvat sal hy 'n 130 gr Swift Scirroco of een van die monos baie hard druk.

Vir 'n allrounder of baan geweer kyk eerder na 'n 7 mm met die regte twist.

Re: 270 wsm

Posted: Mon Aug 07, 2017 5:11 am
by Wouter Hugo2
Goeie more wil jag vat met hom

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 270 wsm

Posted: Mon Aug 07, 2017 9:01 am
by Dawie Malan
Hallo Wouter,

Ek het een. Wonderlike geweer. Ek laai 65,5 gr 385, 130gr Barnes TSX@ 3250f/s. Lekker vlaktegeweer met min recoil, en maklik vir vrouens en kinders om te skiet. Ek het nog nie ondervind dat beskikbaarheid van doppe en punte vir my 'n probleem was nie. My loop wys nog geen tekens van verweer nie, maar as dit gebeur bou ek 'n 300-270WSM.

Nadeel is natuurlik dat hy op kort afstand vleis mors oor die spoed en sy magasyn net 4 rondtes kan vat as gevolg van die dikte van die doppe.

Groete

Dawie

Re: 270 wsm

Posted: Mon Aug 07, 2017 8:15 pm
by Wouter Hugo2
Baie dankie Dawie geseende aand groete

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 270 wsm

Posted: Mon Oct 08, 2018 8:37 pm
by Scrappies
Dawie Malan wrote:Hallo Wouter,

Ek het een. Wonderlike geweer. Ek laai 65,5 gr 385, 130gr Barnes TSX@ 3250f/s. Lekker vlaktegeweer met min recoil, en maklik vir vrouens en kinders om te skiet. Ek het nog nie ondervind dat beskikbaarheid van doppe en punte vir my 'n probleem was nie. My loop wys nog geen tekens van verweer nie, maar as dit gebeur bou ek 'n 300-270WSM.

Nadeel is natuurlik dat hy op kort afstand vleis mors oor die spoed en sy magasyn net 4 rondtes kan vat as gevolg van die dikte van die doppe.

Groete

Dawie
Hi Dawie,

Het jy nog die roer van jou?

Re: 270 wsm

Posted: Tue Oct 09, 2018 8:27 am
by Dawie Malan
Hallo Freddie,

Ja. Maar hy is nie te koop nie. ;)

Groete

Dawie

Re: 270 wsm

Posted: Wed Oct 10, 2018 3:35 pm
by Antondup
Dawie Malan wrote:Hallo Wouter,

Ek het een. Wonderlike geweer. Ek laai 65,5 gr 385, 130gr Barnes TSX@ 3250f/s. Lekker vlaktegeweer met min recoil, en maklik vir vrouens en kinders om te skiet. Ek het nog nie ondervind dat beskikbaarheid van doppe en punte vir my 'n probleem was nie. My loop wys nog geen tekens van verweer nie, maar as dit gebeur bou ek 'n 300-270WSM.

Nadeel is natuurlik dat hy op kort afstand vleis mors oor die spoed en sy magasyn net 4 rondtes kan vat as gevolg van die dikte van die doppe.

Groete

Dawie
Hi Dawie

Die 270wsm se parent case is n 300wsm, wat is n 300-270wsm?

Groete

Sent from my iPhone using Tapatalk